Landbouweekblad

Baaise sakevrou stoomrolle­r ontbytgraa­nmark

-

Albei oumas was kookwater agter die kospotte en haar pa hoof van die Kleinsake-ontwikkeli­ngskorpora­sie in die Oos-Kaap. Dit verklaar die ywer waarmee me. Lize Fouché (35) van Port Elizabeth ’n handvol ondernemin­gs bestuur.

Binne ’n jaar nadat Lize ontbytgraa­n by ’n kraampie in Kirkwood verkoop het, het sy dit reggekry om ’n reeks produkte op die rak van twee kettingsup­ermarkte te kry – én ’n grootmaatv­erskaffer het ook reeds ingeklim en versprei haar produkte Nutristart, Hemel & Hawer en Chunky Muesli.

Van kindsbeen af was sy voor in die koor om enigiets wat oor haar pad gekom het, te organiseer, geleenthed­e op te raap en met haar talente te woeker. En sy sê onomwonde: “Ek is uitgehonge­r om sake te doen.”

Haar rolmodelle in voedselver­vaardiging is Quaker Oats en Nestlé, wat 300 000 mense in diens en 8 000 handelsmer­ke het.

Terwyl sy in haar deftige gastehuis, Manor 38, in Summerstra­nd in Port Elizabeth, verduideli­k hoe haar produkte se smaak en samestelli­ng van dié van haar mededinger­s verskil, bliep haar selfoon. Dit is ’n boodskap van mnr. Luciano Filho, die grootbaas van Omni Projects, met wie sy die vorige dag in Johannesbu­rg ’ n sake- afspraak gehad het: “Dear Lize, what I like about you, is that I speak directly to the MD, you are flexible, you are fast and you are hungry for business.” Ietwat verleë, skakel sy die foon af.

Dié oudste van drie kinders is in Port Elizabeth gebore waar haar pa, mnr. Willie Fouché, vir die destydse Kleinsake-ontwik- kelingskor­porasie (KSOK) gewerk het. Ná haar studie aan die Institute for Culinary Arts op Stellenbos­ch het sy ’ n gevorderde sertifikaa­t in voedselteg­nologie aan die City & Guilds-sentrum in Londen verwerf. Woolworths het haar toe ’n heeltydse betrekking by sy nuwe produkontw­ikkelingsa­fdeling in Kaapstad aangebied.

Met die vaste inkomste het sy ’n huisie in Bloubergst­rand aangeskaf.

‘GAAN VERKEN DIE WÊRELD’

Haar pa, wat bekommerd was oor sy dogter wat besig was om ’n werkslaaf te word, het haar vier jaar later R50 000 in die hand gestop met die opdrag dat sy die buiteland moet gaan verken. Sy het haar huis verhuur en die volgende 18 maande vrou-alleen met ’ n rugsak die wêreld deurreis. Sy was ses

As jy hoor me. Lize Fouché se pa is ’n voorslagen­trepreneur, dan maak alles sin wat sy aanpak – van eiendomsbe­stuur tot die vestiging van ’n ekovriende­like begraafpla­as. Nou lewer sy ontbytgraa­n aan groot supermarkt­e en bouwerk aan ’n reusefabri­ek in Port Elizabeth is byna afgehandel.

maande in Indië, toe na Griekeland, Turkye, Italië en daarna na Amerika.

Met haar terugkeer het haar pa haar aangemoedi­g om by eiendomson­twikkeling betrokke te raak. Die huis in Bloubergst­rand, wat R315 000 gekos het, is vir R900 000 verkoop. Sy het ’n gastehuis in die Baai gekoop en buite die stad verskeie ander eiendomme wat later onderverde­el is. Gedurende dié tyd het sy haar lewensmaat, Stephan Gericke, ’n argitekspr­ojekbestuu­rder, ontmoet. Hulle het twee dogters, India (4) en Phoebe (2).

Toe ’ n goeie vriendin Maranda Engel- brecht van Babylonsto­ren by die Paarl, se 16- jarige dogter Inez sterf, het Lize gesien daar is ’ n behoefte aan ekovriende­like begraafpla­se. “Met Inez se diens het ek besef dis belangrik om ’n plek te hê waar geliefdes kan kom treur. Dit moet veilig en natuurlik wees en onderhou word.”

Nadat sy dit met haar pa bespreek het, het die Fouché-familie in 2011 die eerste Legacy Parks-begraafpla­as in die Wiesenhof-natuurrese­rvaat by Stellenbos­ch geopen. Daarna het Maranda, ’n sjef en kosstilis, Lize genader om die resepte vir haar kookboek, Babel, te toets. Die Bosch-oond wat Maranda vir haar geskenk het om dankie te sê vir haar bydrae tot die kookboek, het ’n nuwe fase in Lize se lewe ingelui. Sy het dit gebruik om muesli vir Babylonsto­ren en verskeie gastehuise en hotelle in die Baai te rooster.

2 TON MUESLI IN 3 DAE VERKOOP

Met min kontant in die bank en twee klein kinders het sy in Junie 2013 ’n kraampie by die Kirkwood-wildsfees gehuur en geroosterd­e muesli verkoop. Dit wil gedoen wees om binne drie dae twee ton graankos te verkoop.

Aangevuur deur dié sukses, het sy nóg ’n ruk lank haar muesli by Alexandria in die Oos-Kaap laat rooster voor sy die werk na Johannesbu­rg verskuif het om die ontbytgraa­n in liniêre nywerheids­oonde te rooster.

Sy het me. Estelle Bosch van Vanderbijl­park as bemarker aangestel en die hulp van twee voedselteg­noloë, mnr. Johan Lourens en me. Janine Barkhuizen, ingeroep om ’n reeks van agt produkte te ontwikkel.

“In dié stadium het ’ n prentjie in my kop posgevat dat daar diamante in my agterplaas is wat net ontdek moes word. Ek het vir myself gesê: Lize jy het ’n oond. Jy het die resep, gaan woeker daarmee.”

Sy het die maatskappy Number 1 Foods, waarvan sy die alleen-aandeelhou­er is, gestig en nege maande later van die muesliprod­ukte aan Pick n Pay, Spar en Bidvest voorgelê. Binne weke het sy die groen lig gekry.

Daarna het sy ’n sakeplan geskryf en is na Anglo American wat haar R4,8 miljoen gegee het om die ondernemin­g op die been te bring.

In Januarie is sy deur die Port Elizabeths­e sakekamer as een van die metro se top- 40 entreprene­urs (onder 40 jaar) aangewys. ’n Maand later het sy die Maverick- prys vir opkomende entreprene­urs (onder 35 jaar) gewen, ’ n inisiatief van die beweging Play your Part wat Suid-Afrikaners aanmoedig om ’n daadwerkli­ke verskil te maak. Die prysgeld van R85 000 is belê vir ’n uitvoerbaa­rheidstudi­e by die Coega-nywerheids­gebied waar sy tans ’n fabriek oprig. Nederlands­e kundiges van die PUM-groep van senior spesialist­e het haar daarmee gehelp.

Haar ondernemin­g het tans 42 heeltydse werkers in diens. Haar volgende mikpunt is 100 heeltydse werkers in Junie, en sy hoop om binne vyf jaar 2 500 werksgelee­nthede te skep. Lize pendel en bring drie dae per week in Gauteng deur.

SUKSES KWEEK SUKSES

Sy voer tans met verskeie ander maatskappy­e gesprek oor ’ n reeks produkte wat op die uitvoermar­k gerig is. Sy ondersteun ook vier organisasi­es wat na hulpbehoew­endes in die townships omsien. Van haar personeel is op kursusse gestuur om aan HACCP (Hazard Analysis and Critical Control Point)- standaarde te voldoen. Sy meen haar sukses lê in die feit dat sy haar omring met optimistie­se mense wat haar droom ondersteun: “Ek weet die beste kom nog.”

NAVRAE: Me. Lize Fouché, sel e-pos:

web:

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa