Landbouweekblad

Menslike figure in die rotskuns en Jou storie

- VICTOR BIGGS

oos die swart mense stadig in Suider-Afrika afbeweeg het, het hulle kennis gemaak met die Boesmans, wat erken is as uiters kragtige genesers. Die swart mense het met die Boesmans gemeng en met hulle getrou – en hul gelowe, rituele en medisinale kennis aangeleer. Die swart tradisione­le genesers erken hulle beoefen die presiese rituele en gelowe wat vandag op rotse oral om ons uitgebeeld word.

Dit is noodsaakli­k dat ’ n mens met dié tradisione­le genesers gesels en hul rituele en gelowe aanleer as jy die mensfigure in die rotskuns wil verstaan.

Alle rotskuns draai om genesingsr­ituele en -gelowe. Die tekeninge is deur die genesers gemaak, en dít is waarheen hulle gegaan het om te mediteer en sekere rituele uit te voer. Die tekeninge het hulle gehelp om met hul voorvaderg­eeste te kommunikee­r.

Die uitbeeldin­g van mense is van genesers en hul assistente en word op so ’ n manier geverf dat ’n mens die verskillen­de kategorieë kan herken. Daar is ’n algemene eendershei­d in die rotskuns regoor Suider-Afrika, dus kan ’ n mens dié kennis oral toepas waar daar rotskuns is. Alle figure wat naak geteken word, is die ingewyde genesers, maar hulle kan artefakte, soos boë, kokers en stokke, by hulle hê. Hulle kan ook volgens hul leerfase in verskillen­de kategorieë verdeel word. ’n Geneser kies nie om ’n geneser te word nie. Hy word gekies deur die voorvaderg­eeste wat hom deur middel van drome, nagmerries, aanhoudend­e siektes en hoofpyne nomineer.

Die nuweling deurloop dan ’n self-vakleerlin­gskap om ’n opgeleide geneser te word. Die leerproses kan jare duur. Die nuweling word in die rotskuns uitgebeeld met ’n wit gesig. Dié wit gesig is om aan te dui dat die nuweling hom nou uit die gemeenskap onttrek het en dat sekere dinge vir hom taboe is.

Die geïnisieer­de genesers kan alleen, in pare of in groepe uitgebeeld word. Hulle kan sit, staan, stap of hardloop. Soms word hulle gewys in ’n erg oordrewe hardlooppo­sisie. Ander posisies waarvoor ’n mens kan uitkyk, is mense wat na iets wys – met die hand na die gesig, die hande bo die kop of agter die rug. Hulle word uitgebeeld waar hulle in ’n optog stap en soms waar hulle met gekruisde bene sit of in tandem hardloop. ’n Mens kan sien hoe hulle danse doen – óf alleen óf in groepies óf in groot gemeenskap­srituele.

Binne dié groepe kan hul statussimb­ole gesien word. Ek het reeds die wit gesigte van die nuwelinge genoem. Ander simbole is die kappie met die drie punte, met die lyne wat uitgaan uit die liggaam. Hulle word uitgebeeld met of sonder ’n penis.

Menslike figure is die aspek van die rotskuns wat die minste verstaan word. ’n Mens moet die gelowe en rituele agter die uitbeeldin­gs verstaan en erken. s

LINKS BO: ’n Groep ingewyde genesers. Hulle is nakend geteken en het hul boë, kokers en pyle saam met hulle. Dié figuur is nie ’n mens nie, maar ’n geestelike figuur met ’n lang karos, dierekoppe en voete. Albei afbeelding­s kom naby die Drakensber­g voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa