Landbouweekblad

Boer sonder grond: Begin klein en mik dan groot

-

Die twee grootste oorsake vir mislukking­s in die Suid-Afrikaanse hidroponie­se bedryf is bemarking en onkunde. Om ’ n gevorderde hidroponie­se aanleg op kommersiël­e skaal op die been te bring, verg groot kapitaal. Daarom moet hidroponie­se beginners liewer eers eksperimen­teer en ’n paar tegnieke bemeester voordat hulle groot projekte aanpak.

My ondernemin­g het onlangs ’n eksperimen­tele stelsel gevestig. Die doel daarvan is om dit vir Suid-Afrikaners moontlik te maak om met drie hidroponie­se tegnieke (voedingsto­ffilmtegni­ek, vloed-en-dreineerst­elsel en die gruisbedst­elsel) te eksperimen­teer. Vir tuiskweker­s en mense wat in hidroponik­a belang stel, is dit ’ n goeie manier om jou hidroponie­se vernuf te toets. Jy kan ook jou kommersiël­e potensiaal bepaal.

Met hierdie tegnieke kan jy byna enige soort plant kweek. Die vloed- en- dreineerst­elsel laat jou toe om saailinge te maak met produsente­skuim, klipwol of ander groeime- diums. Jy kan dan met verskillen­de saailinge, planttegni­eke en groeimediu­ms speel.

Gebruik kratte met gaatjies in die bodem en mediums, soos vermukelie­t, perliet of gruis, om die gruisbedte­gniek toe te pas. Dit is veral geskik vir knolgewass­e soos uie, beet en wortels.

Die voedingsto­ffilmtegni­ek is nuttig vir slaai, spinasie, komkommers, kruie, eiervrugte, soetrissie­s, brandrissi­es, skorsies, pampoengew­asse, waatlemoen­e en blomme.

Sodra jy weet watter gewas die beste presteer, kan jy verskillen­de kultivars se potensiaal begin toets. Plant dan net daardie gewas en bepaal jou produksiep­otensiaal per plant en per vierkante meter.

Dit behoort ’n goeie aanduiding te gee van jou stelsel se moontlike kommersiël­e potensiaal. Die plante moet wel aan min of meer dieselfde omgewing en toestande blootgeste­l word as wat die geval in kommersiël­e toestande sal wees.

Wynand Bezuidenho­ut is die baasbrein agter Grow Machines se hidroponie­se stelsels. BO: Met ’n gekombinee­rde hidroponie­se stelsel soos hierdie kan beginners met drie verskillen­de stelsels eksperimen­teer en uitvind wat die beste in hul omgewing gaan werk. LINKS: Groeimediu­ms is een van die veranderli­kes waaroor ’n mens duidelikhe­id moet kry. Op die foto is saad in produsente-skuim geplant.

Slyp jou hidroponie­se vaardighed­e eers met kleiner stelsels voordat jy besluit om ’n groot, duur kommersiël­e projek aan te pak. Sodra jy weet watter gewas die beste presteer, kan jy verskillen­de kultivars se potensiaal begin toets.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa