Landbouweekblad

Swakker rand kan uitvoer na EU stut

-

DIE i nvloed wat moontlike kwantitati­ewe verruiming deur die Europese Sentrale Bank op Suid-Afrika se landbou-uitvoer na die streek kan hê, hang af van met hoeveel sulke stappe die euro sal laat verswak.

Kwantitati­ewe verruiming behels dat ’n land se sentrale bank stappe doen wat meer geld in omloop bring en wat dan, soos in Amerika gebeur het waar dit as teenvoeter vir ’n resessie toegepas is, die land se geldeenhei­d laat verswak.

Dr. John Purchase, hoof- uitvoerend­e beampte van die landbousak­ekamer Agbiz, sê as die euro baie verswak, kan dit landbou-uitvoer benadeel, maar omdat die rand na verwagting self nog verder gaan verswak, verwag hy nie ’n groot invloed nie.

Purchase sê hoewel Europa as mark vir Suid-Afrikaanse landbou-uitvoer krimp, bly dit steeds ’n belangrike afsetgebie­d.

Bespiegeli­ngs dat die Europese Sentrale Bank ( ESB) kwantitati­ewe verruiming oorweeg, het die euro vroeg vanjaar skerp teen die Amerikaans­e dollar laat verswak.

Purchase sê die grootte van die moontlike kwantitati­ewe verruiming deur die ESB sal bepaal met hoeveel die euro teenoor die rand sal verswak.

Die rand se waarde word egter in ’ n groot mate deur twee ander faktore geraak. Dit is die feit dat ontluikend­e markte internasio­naal in ’n slegte lig beskou word, wat beleggers hul geld uit sulke lande laat onttrek, en die Suid-Afrikaanse ekonomie wat swak presteer.

Mnr. Donald MacKay, direkteur van XA Internatio­nal Trade Advisors, sê die gulde reël bly om uitvoer te diversifis­eer sodat gebeure in een land nie ’n oorweldige­nde invloed op ’n ondernemin­g se uitvoer het nie.

Hy i s be k o mmer d da t Suid-Afrika weens hoë arbeidsen elektrisit­eitskoste reeds nie mededingen­d genoeg is vir uitvoer nie en dat ’n swakker euro die land se uitvoer na die EU kan benadeel.

Produkte se pryse is egter nie die enigste faktor nie. MacKay sê hoewel die rand die afgelope paar jaar met 40% tot 50% teenoor die euro verswak het, het uitvoer na die EU nie in dieselfde mate toegeneem nie. Dít wat ander lande doen om hul uitvoer te bevorder, speel onder meer ’n rol.

Suid- Afrika het al 14 jaar ’ n vryehandel­sooreenkom­s met die EU, maar MacKay sê Europese ondernemin­gs het harder gewerk om voordeel hieruit te trek as wat Suid-Afrikaanse ondernemin­gs het. – CARIEN KRUGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa