Só kan SA meer koring produseer, sê koringboer
DIT
is maklik om redes aan te voer vir die afname in binnelandse koringproduksie. Dit kan verduidelik word deur vryemarkbeginsels, naamlik dat die vraag na ’n produk, die hoeveelheid wat aangebied word, en die markprys met mekaar verband hou.
“As ko r i ng pr o d u k s i e in Suid-Afrika aanhou daal terwyl die vraag daarna toeneem, is die probleem die prys wat daarvoor aangebied word,” sê mnr. Hennie Visser van die plaas Serviteurskraal, Piketberg, in reaksie op die artikel “Hoe kan SA meer koring produseer?” ( LBW, 9 Januarie).
Hy sê probleme met die prys kan ontstaan omdat plaaslike koringboere nie met die prys en gehalte van ingevoerde koring kan meeding nie. Dit is omdat hulle nie doeltreffend genoeg produseer nie of dat kopers koringboere nie ’n billike, markverwante prys betaal nie. Dit is faktore wat ver- oorsaak dat produksie nie meer winsgewend is nie.
Visser sê ten spyte van weinig staatshulp, ’n moeilike klimaat en hoë produksiekoste as gevolg van ’n swak geldeenheid is die produksiedoeltreffendheid (kilogram graan per millimeter reën) van plaaslike boerderye van die hoogste ter wêreld. Daarom meen hy dat kopers nie ’n billike prys vir plaaslike koring betaal nie, wat koringproduksie laat daal.
Die vraag na en die aanbod van koring op ’n gegewe tydstip in ’n spesifieke markomgewing sal bepaal of die land ’n in- of uitvoerder is en watter van die invoer- of uitvoerpariteitsprys as grondslag vir prysbedinging gebruik word. In ’n vryemarkekonomie verteenwoordig produkpryse die basisverwysingsprys plus tariewe, heffings en vervoerkoste na die verbruikspunt én die waarde wat die gehalte van die produk vir die koper inhou.
“Mnr. Tertius Carstens van Sasko verduidelik die noemenswaardige voordele wat koring van ’n hoë gehalte vir die maal- en bakbedryf inhou, wat natuurlik sy aandrang op die ‘behoud van gehalte’ verduidelik. Dit maak dit natuurlik vir meulenaars moontlik om goedkoper, swakker koring in te voer, dit te meng met koring wat plaaslik geproduseer is, en steeds ’n bevredigende brood te bak. Ek kan my indink wat die kostevoordele van hoër meelekstraksie, laer mengtye en beter rekbaarheid vir meulenaars en bakkers moet wees.”
Visser sê eweneens noem dr. Francois Koekemoer van Sensako dat “opbrengs en gehalte ongunstig gekorreleer is”, wat beteken dat hoër produksie deur teling behaal kan word as die gehaltevereistes laer is. “Boere is nie van plan om, soos Carstens dit stel, ‘voergraadkoring’ te produseer nie. Ons wil wel koring produseer wat in gehalte vergelyk met dié wat van Rusland en die Oekraïne ingevoer word. Sy redenasie dat Graan SA se doelwit om 85% (nie 100% nie) selfvoorsienend te wees pryse na uitvoerpariteit sal laat neig, maak ook nie sin nie.”
Carstens sê dit is “makliker om binnelandse koring te koop” en dat daar “logistieke voordele” vir sy bedryf is. As boere egter nie die vervoerkostekomponent in hul produkprys kan beding nie, kan dit nie ’n regverdige prys beteken nie.
Hy sê sy standpunt is nié dat die JSE nie liggingsdifferensia- Plaaslike koringboere, wat van die beste koring ter wêreld produseer, is bereid om mee te ding met ingevoerde koring – ás dit dieselfde bak- en maalgehalte is, sê ’n boer van Piketberg. FOTO: LBWARGIEF
’n Koringboer sê as plaaslike koringproduksie daal terwyl die vraag na koring styg, is dit onder meer omdat boere nie behoorlik vir hul produk vergoed word nie.
PROF. JOHAN VAN ROOYEN, direkteur van die Standard Bank-sentrum vir die ontwikkeling van sakeleiers en mentors in die landbou aan die Universiteit Stellenbosch, is verkies tot voorsitter van die Internasionale Vereniging vir Voedsel- en Landboubesigheidsbestuur (Ifama).
vanaf sonpanele met die elektrisiteitsnetwerk te sinchroniseer. Die toerusting word aan die netwerk gekoppel en funksioneer só dat krag eers van die sonpanele af gebruik en dan net aangevul word met krag vanaf die netwerk. As ’n oormaat krag opgewek word, word die ekstra krag in die netwerk ingepomp.
As kragverspreiders s ulke krag vanaf boere teen ’ n minimale bedrag van 70 sent per watt sou koop, sal boere vinnig hul eie kapitaalstelsels installeer. “Dan sal dit bykans onnodig wees om nóg ’n klomp duur, nuwe kragsentrales t e bou,” meen Coetzee.
Die landbou word swaar getref deur beurtkrag – veral nou in die somer in die vrugte- en groente- oestyd, asook vir gewasse waarvoor die koueketting belangrik is.
Dit is belangrik dat plante nie aan vogstremming blootgestel word nie en die meeste pompstelsels is ontwerp om 24 uur per dag te pomp.
“Met krag wat vir tot sewe uur per dag af kan wees, kan dit besproeiingskedules drasties nadelig beïnvloed.”