R350 miljoen vir groot grondeis by Lutzville
DIE
staat en die gemeenskap van Ebenhaeser het verlede maand ’ n ooreenkoms onderteken waarvolgens die staat R350 miljoen bewillig om die eis te skik: R200 miljoen om grond te koop en R150 miljoen om dit te ontwikkel.
’n Ontwikkelingsplan bepaal dat die geld vir die verkryging en ontwikkeling van die grond in drie fases oor ’n tydperk van ses jaar beskikbaar gestel word. Die grootste deel sal vir ’n maatskappyboerdery gebruik word en sowat 20% vir kleinboere. Die eis is daarop gemik om ál die grond wat die gemeenskap voorheen besit het, terug te kry, aldus die Regshulpsentrum (LRC) in Kaapstad.
Mnr. Peter Love, ’ n gemeenskapsleier van Ebenhaeser, sê hulle is in hul skik met die proses sover. “Ons het gekry wat ons wou hê. Nou is daar nie meer omdraaikans nie.”
Die volgende stap is om die skikkingsooreenkoms teen 12 Februarie met ’ n hofbevel te bekragtig, waarna hulle ’n trust moet stig en ’n agent aanstel om die bevel uit te voer.
Mnr. Bertie Conradie van die plaas Toekoms is een van ses boere wat onderneem het om sy grond in die eerste fase te verkoop.
Hy sê daar moet nog baie gebeur, maar hulle is verlig dat daar tekens is dat die proses rigting kry.
“Die eise op ons grond is al in 1997 geregistreer en ons trek nou by 2015. Daar is groot frustrasie by grondeienaars. Van die ouer mense wat van die begin af wou verkoop en die grond as hul pensioen beskou het, kry swaar.
“Omdat daar eise op ons grond was, kon ons dit nie aan iemand anders verkoop nie. Dit was moeilik om vooruit te dink met die swaard wat oor ons koppe hang. Emosioneel het dit ’n groot impak op ons.”
Die voortsetting van l andbouproduksie op plase wat oorgedra gaan word, is van groot belang vir die gebied se ekonomie en welvaart, sê Conradie.
Hy is ’n direkteur van Lutzville Wingerde, ’n wynkelder wat ’ n groot deel van sy produksie uitvoer.
Die 53 plase verskaf 12 000 ton wyndruiwe – ’ n kwart van die 48 000 ton wat die kelder jaarliks verwerk. Talle van die boere op wie se plase eise is, produseer ook t amaties vir Tiger Brands se verwerkingsaanleg by Koekenaap.
Daarbenewens is die gebied se si ektevr ye klimaat gesog by plaaslike en internasionale saadmaatskappye vir saadvermeerdering.
Conradie s al behulps aam wees met die ontwikkeling van die oorgedraagde grond en ook in ’n raadgewende hoedanigheid betrokke bly. Volgens hom was die Ebenhaesereisproses een van “bitter min” in die land waar die grondeienaars kon deelneem aan die stuurkomitee se bedrywighede.
Nie ál die grondeienaars op die 53 plase is egter bereid om hul grond te verkoop nie.
Een van die groep boere wat nie sy grond wil verkoop nie, sê die skikkingsooreenkoms wat op 12 Desember onderteken is, is tussen eisers en die staat, nie met grondeienaars nie.
Hulle het ’n regsaksie aan die
Een van die grootste grondeise in die WesKaap, dié van 53 wingerdplase by Lutzville deur die gemeenskap van Ebenhaeser, is deur die staat erken.
DIE
maatskappy Graansilobedryf (Edms.) Bpk. (GSI) word ontbind om deur Agbiz Grain, ’n afdeling van die landbousakekamer Agbiz, vervang te word.
Mnr. Pi e t er Esterhuysen, voormalige voorsitter van die GSI- raad en voorsitter van die tussentydse komitee vir die vestiging van Agbiz Grain, het op ’n Agbiz-mediadag gesê die bedryf kyk al sedert 2012 na herstrukturering.
Dit was in die lig van makroneigings, soos konsolidering, integrasie, die strewe na doeltreffendheid, ’n verhoogde klem op invloed en produktiwiteit, en die strewe na laerkoste- oplossings.
Die GSI- raad het onlangs ’ n ooreenkoms met Agbiz oor die nuwe afdeling gesluit.
Esterhuysen sê die meeste landboumaatskappye wat kommersiële graanhanteringsondernemings het, is reeds lede van Agbiz.
As afdeling van Agbiz sal Agbiz Grain die bedryf beter kan verteenwoordig deur voordeel te trek uit die sakekamer se goed gevestigde netwerk en sal hy deur skaalvoordele beter waarde kan bied.
Agbiz Grain sal aanvanklik die belange van 12 kommersiële graanhanteringsmaatskappye met ’n totale opbergingsvermoë van 15 miljoen metrieke ton verteenwoordig, wat sowat 85% van die land se kommersiële graanopbergingsvermoë is.
Die afdeling wil sy lidmaatskap uitbrei om kleiner belanghebbendes in te sluit, insluitend diegene wat ’n alternatiewe infrastruktuur gebruik.
Me. Mariana Purnell, hoofbestuurder van Agbiz Grain, sê die afdeling bied sy lede ’n omvattende nuwe webblad met belangrike inligting. – CARIEN KRUGER
le op termynkontraklewerings moet toepas nie, maar dat boere daaroor moet kan beding. “Wanneer termynkontrakte hul leweringdatum bereik en die eienaarskap van graan aan die JSE in Randfontein oorgedra moet word, is die liggingsdifferensiale ’n geldige manier om die proses te standaardiseer. Tog bereik 95% van die binnelandse graanaankope waarvoor die JSE-prys as verwysingsprys gebruik word, nooit die leweringdatums nie. Gevolglik is liggingsdifferensiale nooit ter sprake nie. Die verhaling van die JSE-liggingsdifferensiaal by boere tydens plaashek- of silo-aankope het standaardpraktyk geword. Dit is die grootste rede waarom die graanbedryf nie die vervoerkoste vanaf die plaashek of silo na verbruikers kan beding nie.”
DÍT IS NODIG OM KORING TE ‘RED’
Visser sê boere kan winsgewender boer met hoër opbrengste. As bedryfsleiers egter besluit die gehalte mag nie verlaag word nie en kopers is nie bereid om premies bo die prysvlakke van ingevoerde koring vir plaaslike koring te betaal nie, moet die verskil in gehalte reggestel word deur ’n hoër tariefbeskerming of ’n aanpassing aan die gradering-glyskale.
“Die bedinging van vervoerkoste moet ook vrygemaak word deur die praktyk te verbied waarvolgens eienaarskap by die plaashek of silo aan kopers oorgedra, maar gestandaardiseerde JSE-liggingsdifferensiale steeds van boere verhaal word.
“Dit skep ook probleme dat vier groot kopers 85% van die plaaslike koringmark beheer. Dié ongelyke markmag sal nie sommer reggestel word nie. Dit is daarom van uiterste belang dat boere verkieslik in die res van Afrika alternatiewe markte vind waar hulle ’n internasionaal gewaardeerde prys vir hul koring kan beding.”
Mnr. Rossouw Cillié ( regs) van die Laastedrif-boerdery by Ceres, een van Suid-Afrika se mees gevierde boere, het nóg ’n eerbewys by sy versameling boerderypryse gevoeg. Sy boerdery is verlede jaar op ’n glansgeselligheid in Stellenbosch as Shoprite/Checkers se topverskaffer van groente en vrugte aangewys. Cillié is onder meer in 2013 as Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar aangewys. Laastedrif het in 2007 begin om vars vrugte en groente aan Freshmark, varsprodukafdeling van Shoprite Checkers, te verskaf. Dr. Johan van Deventer, hoofbestuurder van Freshmark, het die prys aan hom oorhandig. “Ons is baie bly om hierdie prys te kon ontvang en beskou dit as ’n uitsonderlike prestasie vir ons boerdery-onderneming,” sê Cillié. “Wanneer ’n mens erkenning van dié aard ontvang, beteken dit jy doen iets reg en vir my en my personeel is dit ’n groot aansporing,” sê hy. Laastedrif verskaf vars en verpakte groente aan Freshmark en ander Suid-Afrikaanse kleinhandelaars. Cillié is ’n direkteur en produsent van Tru-Cape Vrugtebemarking en al die appels en pere wat Laastedrif produseer, word deur Tru-Cape bemark. Mnr. Roelf Pienaar, hoofbestuurder, sê dit was waardevol om ’n produsent van Cillié se kaliber in Tru-Cape se direksie te hê omdat hy sy kennis oor moderne ondernemingsbestuur en die jongste boerderypraktyke ruimhartig oordra. Streekwenners is uit byna 450 verskaffers landwyd aangewys. Hulle is op grond van hul leweringsvermoë, groeiprestasie, voldoening aan gehaltestandaarde en vereistes ten opsigte van voedselveiligheid beoordeel. Laastedrif verskaf sedert 2007 onder meer wortels, beet, uie, spinasie, blomkool, broccoli, perskes, nektariens en appelkose aan Freshmark, varsprodukte-afdeling van Shoprite/ Checkers. Die boerdery lewer jaarliks sowat 7 000 ton vars produkte aan Freshmark. Prof. Bongani Ndimba (
het oorgeneem as die nuwe bestuurder van Infruitec-Nietvoorbij, die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn op Stellenbosch. Hy het oorgeneem by dr. Hennie du Plessis wat afgetree het. Ndimba het die graad B.Sc. in biochemie en mikrobiologie aan die Universiteit van WesKaapland (UWK) behaal, waarna hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Durham in Brittanje in 2001 behaal het. In 2011 is hy by die LNR aangestel as ’n spesialisnavorser. Hy het die nasionale proteomika navorsings- en dienseenheid (NAPRSU) begin wat gesamentlik deur die LNR en die UWK besit en bestuur word. Hy dien in die Wes-Kaapse landbounavorsingsforum en in verskeie institusionele komitees van die UWK en die LNR. FOTO: VERSKAF
foto)
op