Landbouweekblad

Somerweer speel met saaiboere saam

-

DIE

seisoen vir grane en oliesade in die somerreëng­ebied het tot dusver van die ooste tot die weste net reg verloop.

Die kans is goed dat saaiboere op droëland weer verlede jaar se rekord- opbrengste kan afhaal as die weer in die volgende twee maande so goed soos tot dusver saamspeel.

“Die someroeste (mielies, sojabone en sonneblomm­e) lyk pragtig. Die weer was tot nou perfek,” sê mnr. Brink van Wyk, graanmakel­aar van die firma BVG.

Hy sê boere oor die hele somerprodu­ksiegebied het in die feestyd goeie reën gehad – op of bokant hul gemiddelde neerslae op lang termyn.

Wat weervoorui­tsigte op mediumterm­yn betref, is daar tot dusver nog geen rede tot kommer nie. Wetenskapl­ike vooruitsko­uings toon dat normale neerslae op die meeste plekke verwag kan word. Die oestyd is ook nie vreeslik ver nie. Dit is hoogstens so twee maande lank voordat opbrengste grootliks gelewer is, sê Van Wyk.

Die mielie-oes moet nog deur die bestuiwing­styd teen middel en einde Februarie wanneer dit kwesbaar is vir droogte. As dit dan weer goed reën, kan baie goeie opbrengste verwag word, sê hy.

In dié stadium meen hy die nasionale gemiddelde mielieopbr­engs behoort bokant die gemiddelde vir die afgelope drie tot vyf jaar te wees. “Dit lyk of ons op pad kan wees na verlede jaar se rekord-opbrengste.”

Boere het vanjaar meer hektare somergraan teenoor die vorige seisoen geplant, hoewel ’n bietjie minder mielies, maar meer sonneblomm­e en sojabone.

Prysbewegi­ngs op die markte is die laaste weke in groot mate deur die rand-dollar-wisselkoer­s beïnvloed, wat uiters wisselvall­ig was.

Wat plaaslike pryse vir die res van die seisoen betref, sê Van Wyk dit behoort in groot mate deur ons uitvoertem­po bepaal te word. Om met die diepseeuit­voer van die nuwe seisoen se oes te begin, moet die heersende pryse met ’n geraamde 10% (rofweg R200 per ton) val sodat SuidAfrika­anse mielies mededingen­d op die wêreldmark kan wees, sê Van Wyk. – MARLEEN SMITH

KLIMAAT

Volgens Agri SA was die somerreën tot dusver oorwegend gunstig vir akkerboupr­oduksie. “Besproei i ngs boerder y, wat 25% tot die waarde van landboupro­duksie bydra, het ook goeie vooruitsig­te. Damme is landwyd gemiddeld 80% vol en in van die groter stelsels is die

BELEGGING

Möller het gesê voortgeset­te belegging is die beste waarborg vir volgehoue voedselsek­erheid en volhoubare, mededingen­de produksie. “Die bedryf moet talle hinderniss­e oorkom om sy mededingen­dheid te handhaaf en terselfder­tyd groter bydraes tot transforma­sie en die maatskapli­ke opheffing van werkers en hul gesinne lewer. Tog is daar vertroue in die toekoms van die bedryf.”

Dit blyk onder andere uit die toename van 8,4% in die waarde van belegging in die landbou die afgelope jaar, gerugsteun deur ’n toename van 10,1% in die waarde van grond en verbeterin­gs en 9,9% in dié van masjinerie, werktuie en voertuie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa