Landbouweekblad

Musgrave: Jaggeweer-ikoon skiet wortel op Ermelo

- DIE VARMINTER: MUSGRAVE SE VLAGSKIPGE­WEER

Ná die bekende Musgrave-jaggeweern­aam uit die land verdwyn het, het mnr. Frik du Plooy die handelsmer­k van Denel bekom en dit by JJ Wapens ingelyf. Ondanks ’n groot aanvraag sal die fabriek nie gehalte inboet en meer vervaardig as wat nodig is nie. Die gesinsonde­rneming het van die beste wapensmidv­aardighede in die land betrek.

TMusgrave, die gesogte-jaggeweerh­andelsnaam wat ná die opheffing van sanksies jare lank van die mark verdwyn het, het danksy die waagmoed van die sakeman mnr. Frik du Plooy van Ermelo met mening sy hertoetred­e gemaak.

VAN EEN FAMILIE-ONDERNEMIN­G NA ’N VOLGENDE

Die Musgrave-geweer is gebore danksy mnr. Ben Musgrave se liefde vir langafstan­d-teikenskie­t. Dié Bloemfonte­iner het al in 1933 sy Lee Enfield .303 begin aanpas om akkuraathe­id te verbeter, en kort voor lank het ander sportskuts by hom kom aanklop. Teen die 1950’s het sy hartstog hom ’n plek in die Springbok-teikenskie­tspan besorg wat deur Brittanje gaan toer het. Daar het hy die geweerloop­vervaardig­er mnr. WD Laine ontmoet.

Hulle het onderhande­l en besluit Ben se seun Trevor sou deur WD opgelei word voordat hy sy geweermasj­inerie aan die Musgrave- familie verkoop. Teen 1953 het die masjinerie in Suid-Afrika aangekom, en die Musgraves het ’ n fabriek oopgemaak waarby Ben se jongste seun, Bennie, ook kort voor lank betrokke was.

Maar teen 1971, in reaksie op die Verenigde Nasies se wapenverbo­d teen Suid-Afrika, 1. Mnr. Pierre van der Walt by ’n blesbok wat met ’n Musgrave Varminter-geweer geskiet is.

2. Metaalstaw­e, met die oonde waarin die Musgrave-lope stresverli­gting ondergaan op die agtergrond. 3. SABS-goedgekeur­de Musgrave-lope .

 is nog duisende van hulle daar buite.”

Maar nes sankies gesorg het vir ’n skerp styging in die verkope van Musgraves, het die opheffing van sanksies in die middel 1990’s gelei tot die sluiting van die Bloemfonte­inse fabriek en Denel se poging beëindig om in Pretoria Musgrave-gewere te vervaardig.

Tog het die verdwyning van Musgrave uit die Suid-Afrikaanse mark die grondslag gelê vir die hernieude belangstel­ling uit die private sektor toe Frik in 2009 beheer oorgeneem het van die Musgrave-handelsnaa­m.

GEWEERSMID-SPESIALIST­E OPGESPOOR

Volgens Frik kan die sukses van Ermelo Musgrave daaraan toegeskryf word dat hulle van die begin af die beste wapensmidv­aardighede in die land bekom het, onder wie Gary, wat sy eie suksesvoll­e ondernemin­g in Alberton bedryf het voordat hy hom by Musgrave aangesluit het.

“Toe ons die fabriek begin het, het ons toegewyde mense begin soek wat die projek kon lei,” onthou Frik. “Onder my en Gary se leiding het ons besluit om ’n produk op die mark te sit wat uniek is.”

Alle Musgrave-geweerlope, wat deur die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS)

‘Ons het besluit ons gaan stadig groei en maak soos die Italianers – hou dit in die familie en hou jou gehalte reg totdat jy gereed is vir die volgende stap.’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa