Landbouweekblad

Boereplan: Spaar R60 000+ met dié spruitstel­sel!

-

By die werk bly hy besig met die gewasmodul­ering en opbrengsbe­paling by mielies, maar in sy vrye tyd “boer” mnr. Deon du Toit, ’ n senior navorsings­tegnikus by die Landbounav­orsingsraa­d op Potchefstr­oom, met skape en bye. Soms maak hy ook ’ n hanskalf met die bottel groot.

Die voortslepe­nde droogtetoe­stande in die westelike deel van die land het hom in die afgelope jare gedwing om maniere te vind om sy sewe skape op ’ n beter manier met die beskikbare kos te kan voer.

Die kleinste kommersiël­e spruitstel­sels kos sowat R70 000 en was daarom nie vir hom ’ n opsie nie. Hy het toe ’ n klererakst­elsel ( FOTO 1 ) in ’n spruitstel­sel omgebou.

“In ’n kommersiël­e boerdery is daar ’n gepaste werktuig of stuk toerusting vir omtrent elke taak wat verrig moet word,” sê Deon. “Maar as ’n kleinboer nie duur toerusting kan bekostig nie, word die beproewing om self planne te maak gereeld voor ’n mens se deur geplaas. Ek glo altyd dat ’n mens se inisiatief die beste in die swaarste tye beproef word.”

Die stelsel bestaan uit agt plastiekba­kke, een vir elke dag van die week en ’n onderste bak wat die water opvang en met ’ n stuk tuinslang na die grasperk lei.

Die boonste bak het 50 gaatjies van 1 mm aan die onderkant wat eweredig versprei is. Elke bak het vyf gaatjies minder as die bak bokant hom, wat beteken die tweede bak het 45 gaatjies en die voorlaaste bak het 20 gaatjies.

RESEP VIR UITGELOOPT­E SAAD

Hy plaas 1 liter mielies en 2 liter Pumagarssa­ad in ’ n emmer. Nadat die saad deeglik gewas is, word dit 24 uur lank in water geweek. Die saad word weer gewas en in die boonste bak ( FOTO 2 ) geplaas. Dié prosedure word dan sewe dae lank gevolg totdat al die bakke vol is. Op dag agt word die boonste bak ( FOTO 3 )uitgehaal en die diere kry hul daaglikse groenighei­d en mieliewort­els in.

Die uitgeloopt­e graan word drie tot vier keer per dag natgelei deur ’n tuinslang in die boonste bak te plaas tot al die sade met water bedek is. Die water syfer deur al die bakke tot in die onderste opvangbak. “Aangesien

Deon du Toit, ’n Potchefstr­oomse kleinboer, het hom nie laat afskrik deur die koste van ’n spruitstel­sel nie. Met ’n paar plastiekba­kke en ’n tuinslang het hy goedkoop en vinnig ’n plan gemaak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa