Landbouweekblad

Boere kan kragkrisis help oplos — energieken­ner

-

ANTWOORDE vir die kragkrisis in Suid-Afrika lê in sonkrag en die landbou, meen mnr. Danie Coetzee, ’n boer van Upington en kenner van alternatie­we energie. Maar die krisis kan erger raak as besluitnem­ers aanhou om die hulp wat die boerderyge­meenskap aanbied, te ignoreer.

Hy sê pryse van sonpanele het in die jongste jare drasties gedaal. Al hoe meer onderne- mings en boere besef vandag die voordele van sonkrag en het groot stelsels geïnstalle­er om hul kragrekeni­ngs af te bring.

Met die huidige rentekoers en sonpaneel-en elektrisit­eitspr yse kan ’ n s onkragstel­sel homself binne drie tot vyf j aar terugbetaa­l.

“Die kans is goed dat sonpaneelp­ryse verder gaan daal, terwyl die kans 100% is dat elektrisit­eitspryse verder gaan styg.

“Ons sit met ernstige elektrisit­eitstekort­e en besluitnem­ers moet besluit watter tipe tegnologie die beste en ekonomiess­te gaan wees. Kernkrag en steenkool is die logiese opsies. Hoewel dit beproefde tegnologie is, is dit duur en dit duur lank om ’n kragsentra­le op te rig. Om ’n nuwe steenkoolk­ragsentral­e te bou, kos byvoorbeel­d meer as R30 per watt, terwyl ’n kernkragse­ntrale R70 per watt kos.”

Daarteenoo­r het die prys van sonpanele tot minder as R10 per watt gedaal.

“Ons voorland i s dus duur krag, beurtkrag of selfs geen krag nie. Of ons kan ons eie sonkrag opwek.”

Coetzee sê moderne tegnologie maak dit moontlik om krag Oes die son – sáám met gewasse. ’n Boer van Upington meen moderne tegnologie maak dit moontlik om krag vanaf sonpanele op te wek en dit met die elektrisit­eitsnetwer­k te sinchronis­eer, soos hier in Noord-Carolina, Amerika. FOTO:

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa