Erosie: ‘Dié gras beter as kontoerwalle’
Kuskus (Vetiveria zizanioides) is ’ n meerjarige polgras wat inheems in Indië en China in vleie voorkom, maar dit is ook betreklik droogtebestand.
Dit het stewige halms en ’n digte wortelstelsel wat horisontaal eweredig oor die volle worteldiepte versprei is. Die wortels groei hoofsaaklik afwaarts en worteldieptes van 1,5 m tot 3 m word aangetref waar die diepte en voginhoud van die grond dit toelaat. Die gras spoel gevolglik nie maklik uit nie en beskerm die grond in die ry suksesvol teen erosie, selfs tydens buitengewoon groot oorstromings.
Die wortels van kuskusgras versprei baie stadiger horisontaal as vertikaal en die aantal halms per pol vermeerder ook namate die wortels horisontaal uitbrei. Op dié wyse kan die polle binne sowat nege maande uitbrei om ’n digte ry stewige halms te vorm. Sodanige ry kuskusgras kan die spoed van groot strome water voldoende vertraag om erosie binne aanvaarbare perke te hou. Deur die jaar bly die gras groen, maar dit groei stadiger in die winter. Dit hoef gewoonlik nie hernu te word nie mits dit ten minste een of meer keer per jaar kort afgesny en die snysels van die rye af verwyder word. Dit voorkom dat die halms in die middel van die polle agteruitgaan en afsterf.
EROSIE
Die maniere waarop die gebruik van kontoerwalle en rye kuskusgras gronderosie in ’n land teëwerk, verskil.
Erosie deur reënvalafloop vind plaas wanneer die reënvalintensiteit groter is as die infiltrasievermoë van die grond en sodra die volume en spoed van die afloopwater groot genoeg is om grond in suspensie in die water op te neem en uit die land weg te voer.
In ’ n land waar geen versperrings, soos digte plantegroei of dwarswalle of kanale, die afloopspoed van die water vertraag nie, vloei dit afwaarts met toenemende volume en snelheid. Hoe groter die afstand waaroor
Rye kuskusgras maak reënval doeltreffender op jou landerye. Dié grasrye keer gronderosie selfs beter as tradisionele kontoerwalle. Die wortels van kuskusgras versprei baie stadiger horisontaal as vertikaal en die aantal halms per pol vermeerder ook namate die wortels horisontaal uitbrei.
die volume en snelheid van die afloopwater ongehinderd kan toeneem, hoe meer erosie vind daar plaas.
’ n Stelsel van kontoerwalle en ’ n stelsel van kuskusgrasrye verminder erosie op ’ n land deur dié afstand te verminder.
KONTOERWALSTELSEL
’ n Kontoerwalstelsel bestaan uit ’ n aantal walle, elk met ’ n kanaal aan die bokant, wat dwars op die maksimum grondhelling in die land gemaak is. Elke kanaal vang die afloopwater afkomstig van die strook grond tussen twee opeenvolgende kontoerwalle op en lei dit uit die land uit na ’ n afloopbaan ( SIEN FIGUUR 1). Gevolglik stroom daar minder water afwaarts op elkeen van die stroke waarin die land deur die kontoerwalle verdeel is, as wat die geval sonder kontoerwalle sou wees. As gevolg van die verminderde afloop en die beperkte afstand wat op elke strook beskikbaar is om die afloop te versnel, word die erosie op elkeen van die stroke grond op die land beperk.
Die afloop vanaf elke strook bevat altyd ’n hoeveelheid grond in suspensie, na gelang van die intensiteit van die reënbui wat dit veroorsaak. Tydens reënbuie met ’n laer as gemiddelde intensiteit, word die meeste van die grond as sediment gedeponeer in die kanale waardeur die afloopwater uit die land uit weggelei word. Die sediment hoop mettertyd in die kanale op tot dit veroorsaak dat een of meer van die kontoerwalle tydens ’n reenbui met buitengewoon hoë intensiteit oorstroom word. Sodanige oorstroming van ’n wal veroorsaak ’n afwaartse stroom wat een na die ander kontoerwal laer af wegspoel. Die erosie wat daarop volg, is gewoonlik veel groter as die erosie wat jare lank deur die kontoerwalstelsel op die land voorkom is.
Erosie van hierdie aard word voorkom tydens die kundige beplanning en ontwerp van ’n kontoerwalstelsel. Kies die kombinasie van die helling, die breedte en die diepte van die kanale só dat die spoed van die water groot genoeg sal wees om die opgehoopte grond in die kanale weg te spoel tydens reënbuie met hoër as gemiddelde intensiteit. Nieteenstaande hierdie onvermydelike grondverlies deur erosie vind daar met goed beplande kontoerwalle nogtans minder erosie plaas op ’n land as daarsonder.
GRAS IN DWARSRYE
Rye kuskusgras kan as ’ n alternatief vir kontoerwalle gebruik word om gronderosie teen te werk. Die gras word vir dié doel in horisontale rye geplant, met min of meer dieselfde spasiëring as kontoerwalle. Die plantspasiëring in ’n ry moet sodanig wees dat ’n digte ry gras met ’n breedte van minstens 500 mm uiteindelik verkry word. Met ’n spasiëring van nie meer as 150 mm nie, sal die polle binne ongeveer nege maande ná die plantdatum gewoonlik groot genoeg wees om dié doel te bereik. In teenstelling met kontoerwalle, wat met ’n helling in die rigting van die walle uitgelê word, moet hierdie rye kuskusgras presies op die kontoer geplant word ( FIGUUR 2 op bl. 54).
Omdat die grond langs elke ry geen helling in die rigting van die ry het nie, word geen water met die rye gras langs uit die land uit gelei nie. Die afloopwater van die hele land vloei dus reghoekig afwaarts deur die rye waar die dig gespasieerde, sterk halms van die kuskusgras die vloeispoed vertraag. Die afstand wat die water ongehinderd afwaarts kan vloei, word, soos in die geval van kontoerwalle, beperk tot die breedte van die stroke grond tussen die rye gras. Die kuskusgrasstelsel beperk op dié wyse erosie op elke strook in die land, net soos in die geval van ’n kontoerwalstelsel.
Die afloop wat op die land ontstaan, verlaat die land oor die onderste grens. Daar is dus anders as in die geval van ’n kontoerwalstelsel geen afloopbaan nodig nie.
Die afloopwater afkomstig van elke strook grond tussen twee opeenvolgende rye gras veroorsaak onvermydelik erosie op die strook grond tussen die betrokke twee rye. Die spoed van dié afloopwater word kort
Die afstand wat die water ongehinderd afwaarts vloei, word beperk tot die breedte van die stroke grond tussen die rye gras. Die kuskusgrasstelsel beperk só erosie op elke strook.
bokant die onderste ry vertraag deur die opdammingseffek van die digte halms van die gras in die ry. Dit bring mee dat ’n groot deel van die grond wat daar teenwoordig is, in die afloopwater bokant die ry op die land uitsak. Dié grond word nie permanent uit die land weggevoer, soos wat sou gebeur met ’n kanaal bokant ’n kontoerwal op dieselfde plek nie, maar dit word uiteindelik deel van ’n dwars terras wat daar ontstaan. Dié terras word deur die digte halms en diep wortelstelsel van die kuskusgras in die ry permanent teen erosie beskerm ( FIGUUR 3 op bl. 54).
Aangesien geen afloopwater deur die grasrye dwars uit die land uit weggelei word nie, vloei daar meer water afwaarts oor die stroke grond tussen die rye gras as wat tussen kontoerwalle op dieselfde land sou vloei. Die opdammingseffek van die dwars terras en
’n Groter persentasie van die reën wat op ’n land val, word behou vir gewasproduksie as wanneer kontoerwalle vir erosiebestryding gebruik sou word.
LINKS: Die appelkoosbedryf is besig om effens te verbeter. Turkye het vanjaar ’n misoes met sy gedroogde appelkose gehad. Dit het ’n gunstige invloed op die vraag na Suid-Afrikaanse appelkose. LINKS ONDER: Van links is mnre. Wiehahn Victor, hoofbestuurder van die Inmaakvrugte-produsentevereniging, Anthony Dicey, voorsitter van die IPV, dr. Koos Coetzee, hoof-ekonoom van die Melkprodusente-organisasie, en mnr. Rihan Saayman van OABS in die Paarl tydens die inligtingsvergadering op Worcester.