Landbouweekblad

Vlaamperde kry nuwe vastrapple­k

-

Meer as 30 jaar ná die SA Vlaamperd-telersgeno­otskap tot stand gekom het, is die Vlaamperd steeds ’n ontwikkele­nde ras met ’n klein genepoel. Maar danksy toenemende getalle en beter pryse is dié ras se toekoms blink.

Mnr. Hoffie van Blerk het grootgewor­d met perde, en die dag toe sy seuns plaas toe kom om te boer, het hy besluit dit is tyd om weer perde te koop vir ’n stokperdji­e. “Jy kan net perde aanhou as jy ’n broer of seuns op die plaas het, want dis verskrikli­k baie werk en jy gaan baie weg vir skoue,” vertel Hoffie in die sitkamer van sy huis op die plaas Welgegund naby Klipheuwel, buite Durbanvill­e.

“Ons het na ál die rasse gaan kyk, maar die Vlaamperd se temperamen­t het die grootste invloed op my besluit gehad. Die ras is ideaal, veral vir ’ n ouer mens wat die eerste keer met perde werk.”

Hoffie boer onder meer met melkbeeste en swart Angusse, maar dit is geen geheim waar sy hart lê nie. Oral op die kaste en teen mure is foto’s uitgestal van hom in volle mondering op ’ n bespanne wa met tot agt Vlaamperde voor, soos op die voorbladfo­to. Die gogga het selfs sy vrou, Marina, gebyt. Sy’s al tien jaar lank die telersgeno­otskap se sekretares­se. Hoffie is ’n raadslid.

Anderkant die venster lê die Swartland uitgestrek. Dit is waar Hoffie en Marina se 20 stuks Vlaamperde loop.

Hy het sy eerste perde in 2002 gekoop en die jaar daarna begin skou. Tydens hul dekade en ’n bietjie in die Vlaamperdb­edryf het dinge behoorlik op dreef gekom.

“Ons het goeie skoureëls opgestel, ons rasstandaa­rde is hersien en ons grondwet is verander om beter perde te teel en as ras vooruit te gaan,” sê Marina.

Die Vlaamperd het in die Wes-Kaap ontstaan en die provinsie is steeds die mekka van dié ras. Sowat 99% van die ongeveer 260 geregistre­erde perde is daar. “Veral in die Suid-Kaap was daar in die laaste vier jaar ’n klein ontploffin­g, met heelwat nuwe lede en perde,” sê Marina.

Mense koop Vlaamperde as plesier- en skouperde, maar hulle raak ook nou gewild as dresseerpe­rd.

“Ons is beslis in ’n groeifase. Ons kry meer lede, die skoue word goed bygewoon en pryse het die afgelope jaar gestyg.”

’n Vlaamperdh­ings sal jou sowat R40 000 tot R50 000 uit die sak jaag, wat eintlik nog bekostigba­ar is as jy dit met ander rasse vergelyk. ’n Speenvul (ses tot sewe maande oud) het ’n paar jaar gelede vir sowat R6 000 verkoop, maar nou kos dit al tot R10 000. Goeie merries is nogal duur en kos sowat R20 000 tot R30 000.

KLEIN GENEPOEL

Ten spyte van die vooruitgan­g, is die SA Vlaamperd steeds ’ n ontwikkele­nde ras. “Ná 30 jaar behoort ons seker al ’n geslote kudde te wees, maar ons genepoel is nog te klein om die kuddepoel te sluit.

“Ons sal oordeelkun­dig moet begin teel met die nuwe bloedlyne wat die afgelope jaar ingekom het om ’n groter genepoel te ontwikkel sodat ons die deure stadig kan begin toetrek,” sê Hoffie.

In ’ n stadium is net een of twee hingste gebruik wat verwant was aan mekaar. As jy dus Vlaamperde se voorgeslag­te naspeur, is

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa