Landbouweekblad

Sit jou geld op dieet

- REGS:

Spaar is soos ’n dieet. Dis altyd makliker om eerder “Maandag” te begin as vandag. Die lekkerte van op ’ n Maandag begin, is dat daar altyd nóg ’n Maandag is, of wat sê ek?

Hierdie tyd van die jaar hou almal se nuwejaarsv­oornemens mos nog. Die algemeenst­es is om minder te eet, minder te drink en meer te oefen. Maar wat van meer spaar? Daar is mense wat sulke voornemens het, en ek dink dit is baie goed. Diegene wat nie sulke voornemens koester nie, kan dit gerus oorweeg.

Maar wanneer begin jy? Hoeveel spaar jy? Waarin spaar jy?

Begin nou. Vandag. Moenie wag tot môre of die einde van die maand nie. Luister na jou vriende wat wil dieet. Vra bietjie hoeveel Maandae al verby is. Jy bereik niks deur te wag nie. Uitstel raak ’ n gewoonte, glo my. Verbreek dit.

Hoeveel? As jy ernstig is om welvaart te skep, spaar soveel as moontlik. Jy kán rykdom skep uit ’ n salaris, anders as wat sommige mense jou wil wysmaak. Jy gaan miskien nie die rykste man of vrou in die land wees nie, maar dit is nie die punt nie. As jy gereeld en lank genoeg spaar, kan jy selfs op ’ n gemiddelde salaris een van die rykste 10% mense in die land wees.

Goed, “soveel as moontlik” is dalk nie die beste riglyn nie. Jy wil tog darem ook ’n stukkie van jou inkomste geniet, of hoe? Dieetkundi­ges weet dit. Daarom sluit ’n goeie langtermyn-eetplan nie alles uit wat lekker is nie. Dieselfde geld vir ’n sinvolle spaarplan.

Die sleutelwoo­rd is dissipline. Besluit vooraf wat jou doelwit is. Net soos ’ n gewigdoelw­it as jy dieet, moet jy ’n welvaartdo­elwit hê. Anders is jy besig om geld in ’n gat te gooi. Kort voor lank gaan jy verveeld raak. Omdat jy nie verstaan waarheen jy op pad is nie, gaan jy die geld trek en ’n kar of ’ n ding koop en dan is die welvaartdr­oom in sy peetjie.

Jy kan jou eie doelwit bepaal. Oor 5 jaar, 10 jaar of 20 jaar wil ek ’n sekere bedrag gespaar hê. Kry dan ’ n goeie finansiële beplanner om vir jou die berekening­e te doen oor hoe om daar uit te kom. En soos kitsdiëte niks anders as ’n foefie is nie, moet jy jou nie laat meesleur deur beloftes van kitsrykdom nie.

’ n Opbrengsdo­elwit van 3% bo inflasie, met ander woorde sowat 9%, is verantwoor­delik en aanvaarbaa­r. Natuurlik, as jy oor ’ n lang tyd spaar sal jy fondse gebruik wat vir jou ’n baie hoër potensiële opbrengs gee. Maar die potensiaal is altyd daar dat hulle ook kan val. Hou jou verwagting­e billik, dan vermy jy teleurstel­lings.

Ek sal sê jy behoort rondom 20% van jou inkomste te spaar. Nie 20% ná alle uitgawes nie, 20% van inkomste. Hou jou uitgawes binne die 80% wat oorbly. Besluit dat jy eintlik die belangriks­te mens in jou lewe is en daarom daarop geregtig is om jouself eerste te betaal.

Bly weg van skuld. Dit is in die meeste gevalle ’n slegte ding – vaste eiendom (met sekere voorwaarde­s) uitgesluit. Skuld beteken jy het nie genoeg geld om te betaal vir wat jy wil hê nie. Dit is hoe jy ander ryk maak en jouself verarm.

Nico van Gijsen is lid van Fisa en besturende direkteur van Finlac, ’n onafhankli­ke finansiële­risiko-bestuursma­atskappy wat by die Raad op Finansiële Dienste gelisensie­er is. Finlac is aan geen finansiële produkvers­kaffer verbonde nie. Die raad wat hier gegee word, is van ’ n algemene aard en moenie as toepaslik op ’ n spesifieke geval beskou word nie.

As jy gereeld en lank genoeg spaar, kan jy selfs op ’n gemiddelde salaris een van die rykste 10% mense in die land wees. Ons nuwejaarsv­oornemens is gewoonlik dinge soos om minder te eet en meer te oefen. Voeg vanjaar ’n spaardoelw­it by dié lysie.

LINKS: Adv. Alan Nelson SC (regs) meen die meeste geskille tussen partye in ’n hofgeding kan deur bemiddelin­g besleg word. By hom is sy seun, Daniel, ’n opgeleide bemiddelaa­r.

een die middel 1990’s het die vervaardig­ing van Musgrave- gewere in Suid- Afrika tot ’ n einde gekom, hoofsaakli­k weens mededingin­g van internasio­nale handelsnam­e.

Teen 2009 het mnr. Frik du Plooy begin om nuwe lewe in die Musgrave-nalatenska­p te blaas. Hy het die regte op dié ikoniese handelsmer­k van Denel bekom en die hergeboort­e van dié gewere binne die strukture van sy ondernemin­g, JJ Wapens, op Ermelo, begin beplan.

Volgens Frik is die moderne Ermelo Musgrave- gewere, wat in 2012 op Gauteng se HuntEx-ekspo bekend gestel is, so gewild omdat dit in die behoeftes van sportskuts én jagters voorsien. “Ons het ’n jaggeweer ontwerp wat voldoen aan skyfskiets­pesifikasi­es,” sê hy.

“Dit beteken jy het ’n uiters akkurate geweer wat jy vir jag én sportskiet kan gebruik.”

Die Musgrave-fabriek is ’n familie-ondernemin­g waar Frik se broer, Dirk, sy regterhand is.

Die doel is tans om sowat 100 gewere per maand te vervaardig om by te hou met die voortduren­de toename in die vraag.

Dirk maak dit egter duidelik dat hulle nie gehalte sal inboet net om produksie te verhoog nie. “Ons het besluit ons gaan stadig groei en maak soos die Italianers,” sê hy.

“Hou dit in die familie en hou jou gehalte reg totdat jy gereed is vir die volgende stap.”

het Musgrave ’n filiaal van Krygkor geword. In 1972 is die eerste Musgrave- gewere ingevolge dié nuwe reëling aan die publiek beskikbaar gestel. Terselfder­tyd is ’n fabriek naby Bloemfonte­in opgerig, een wat teen die laat 1980’s 6 000 Musgrave-gewere per jaar vervaardig het vir ’ n Suid- Afrikaanse mark wat deur internasio­nale isolasie gekenmerk is.

“Weens die jare lange isolasie en sanksies kon jy nie oorsese gewere koop nie. Almal het ’n Musgrave gekoop,” sê mnr. Gary Barnes, wapensmid by Ermelo Musgrave. “Daar 

goedgekeur word, word van chroom- molibdeens­taal ( chrome moly steel) van goeie gehalte gemaak. Dié word dan aan kolwe gemonteer saam met die legendarie­se Mauser K98 VZ 24-aksie waarmee alle Ermelo Musgrave-gewere uitkom.

Lope word vervaardig in lengtes van 22 duim, 24 duim en 26 duim, terwyl alle krone teen 11 grade gesny word vir beter akkuraathe­id.

Verder is alle Musgrave- lope – wat twee keer in die produksiep­roses stresverli­gting ondergaan – dikker en swaarder as Europese geweerlope. Dit is om beter akkuraathe­id oor lang afstande te verseker.

Afgesien van Gary se kennis en vaardighed­e is ’n groot poging aangewend om ook die bedrewe en ervare geweerkolf­spesialist­e op te spoor wat by die Musgrave-fabriek in Bloemfonte­in gewerk het, sê Dirk. “Die werkers wat ons by Musgrave gekry het, is geweerkolf­spesialist­e,” verduideli­k hy. “’n Mens kry nie maklik sulke mense nie.”

ESTETIES ÉN DOELTREFFE­ND

Vandag word die Musgrave-geweerkolw­e – met die uitsonderi­ng van die gelamineer­de kolwe van die Musgrave Varminter-reeks – slegs uit ingevoerde Turkse okkerneuth­out vervaardig. Aandag aan detail is die wagwoord. Kyk maar na die kolwe van die Deluxe- en Exhibition Musgrave-modelle wat van net die beste Turkse okkerneuth­out van 200 jaar tot 300 jaar oud gemaak word, met ’n swartivoor­punt asook ’n stukkie ivoor op die punt van die greephuls.

Dirk sê afgesien van die estetika van die Musgrave- kolwe – wat almal met Glatex 8-poli-uretaanema­lje behandel word om vog uit te hou – is die ontwerp daarvan spesifiek daarop gemik om die skop te verminder en die algehele akkuraathe­id van die geweer te verbeter. Die bokant van Musgrave-kolwe lê byvoorbeel­d in ’ n regstreeks­te lyn met die loop – ’n ontwerp wat seker maak die skop word deur die skouer geabsorbee­r pleks daarvan dat die loop lig wanneer die skoot afgevuur word.

Verder is die unieke pistoolgre­ep in Musgrave-kolwe nie net daarop gemik om ’n skut se hand nader aan die sneller te bring vir ’n gemakliker en stewiger greep nie, maar dit laat ook die gewrig toe om reguit te bly wanneer jy vuur sodat die skop doeltreffe­nder geabsorbee­r word.

Laastens het alle Musgrave- kolwe skophingse­ls en ekstrabreë en -dik skopkussin­gs as standaardk­enmerke om ’ n aangename skietervar­ing te verseker.

NAVRAE: Mnr. Frik du Plooy, e-pos:

Webwerf:

of

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa