Landbouweekblad

BEDRYF HET GOEIE PRESTASIES­TELSEL NODIG

- GIELIE DE KOCK Witsand

Met die hele petalje oor die Landbounav­orsingsraa­d en SA Stamboek se dreigende hofsaak wil ek as melkboer darem net die volgende sê: Ons registrasi­e-en- prestasies­telsel gaan agteruit wat deelname betref. Dit is uiters noodsaakli­k dat iets daadwerkli­ks gedoen word.

Ek stel voor ons kyk dringend na ’ n paar dinge. Net die deelname van die hele bedryf sal die uiteindeli­ke sukses van die stelsel bepaal. Daar moet geluister word na elkeen wat melk en die bedryf dien om sodoende doelwitte aan te pas.

Wat is die doelwitte? Is die vernaamste een nie om meerderwaa­rdige diere te identifise­er ten einde die boer in staat te stel om meer winsgewend te boer nie?

Om by die telers uit te kom, moet met ál die klubs geskakel word om vernootska­ppe met bereidwill­iges aan te gaan. Soek mense wat wíl. Daar behoort erkenning gegee te word aan mense wat byvoorbeel­d handel dryf met diere, semenagent­e en voermaatsk­appye – almal wat by die boer op die plaas kom. Dit moet jou kontak wees met nuwe, potensiële deelnemers.

Om suksesvol te wees, het ons die volgende nodig: Goeie infrastruk­tuur. Bemarking. (Hoe bemark ons

die doel van ons organisasi­es?) Opleiding en ontwikkeli­ng

van mense om voor te vat. Ekonomiese ontwikkeli­ng (die produktiwi­teit van werknemers). Dit is ook noodsaakli­k dat ons die Wet op Diereverbe­tering ( Wet 62 van 1998) op alle gebiede toepas om sodoende orde te skep. Die nageslag van ingevoerde semen sal registreer moet word om sodoende die fenotipe te klassifise­er. Dit sal ook prestasieg­etoets moet word om die genotipe te bepaal.

Die Intergis is daar om as datastelse­l te dien en sodoende regeringsh­ulp te gebruik.

Kom ons werk saam en bou die bedryf uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa