Landbouweekblad

 ONDERSOEK TEEPLASE BEHOORLIK

- GAWIE RICHTER Modimolle

Met die lees van die berig “Teeplase slurp groot geld op” ( LBW, 19 Des. 2014), was dit vir my duidelik dat die ware redes vir die mislukking­s weggesteek word.

Die “feeverhale” wat op die Tshivhase-teelandgoe­d in Venda en die Makgoba-teelandgoe­d by Tzaneen afspeel, is ’n voorbeeld van die tipe voedselsek­erheid wat op die land wag.

Om die Tshivhase- landgoed kunsmatig met staatsgeld aan die lewe te hou weens arbeid wat te duur is, is belaglik. Die hoofbeampt­e van Agri Limpopo se onwillighe­id om oor die winsgewend­heid van die projek kommentaar te lewer, is ook kommerwekk­end.

Iemand moes die R280 miljoen wat oor ses jaar aan die Tshivahase- landgoed betaal is, ontvang het. Om wat mee te maak, welwetende dat dit vanweë hoë arbeidskos­te byna onmoontlik is om winsgewend te produseer?

Dit is alombekend dat die Sapeko- teelandgoe­d ’ n uiters winsgewend­e teeboerder­y was wat deur die Makgoba-stam begeer, deur die staat met belastingb­etalersgel­d gekoop en aan die arme Makgoba geskenk is. Almal was toe skielik miljoenêrs, terwyl die staat nog R53 miljoen oor ’n tydperk van vier jaar aan hulle betaal het. Daar is nie ’ n teken van wat met die miljoene rande aangevang is nie. Daar is nie ’n sent aangewend om werktuie aan te skaf nie. Gevolglik het bosindring­ing plaasgevin­d en word die teeplantas­ie blykbaar nou vernietig om vir avokadobom­e plek te maak.

Nou word wolhaarsto­ries aan ons lesers opgedis, terwyl die waarheid verswyg word. Waarom erken die betrokkene­s nie dat die nuwe base nie kan boer nie en, soos hulle dit stel, die staatsgeld “geëet” het?

Ek stel voor dat ’ n behoorlike oudit uitgevoer en belastingb­etalers, soos in die geval van Nkandla, ingelig word oor waarheen al die miljoene is.

MNR. CHRISTO GROENEWALD van die plaas Alexanderk­loof by Riviersond­erend is die eienaar van die Dorwald-Dormerstoe­tery en is verlede jaar aangewys as Molatek se Kommersiël­e Skaapboer van die Jaar. Hy glo onder meer dat die boer met aangepaste diere moet boer en goed vir sy ooie moet sorg. Lees die artikel op bl. 42. Ek en my vrou, Beppie, het drie kinders. Die 22-jarige tweeling, Chris en Betro, werk albei en Herman (17) is nog op skool. Ek geniet veldfietsr­y en hou graag in die Kalahari en Namibië vakansie. Boerdery en om saam met my gesin te kamp. van die plaas Etna, naby Gobabis in Namibië, is ’n beesboer wat ’n slim en baie bekostigba­re plan bedink het om sy vleislemme te slyp. Lees die artikel op Ek is getroud met Beatrix. Ons het drie kinders. My oudste dogter is ’n radiografi­s op Gobabis en die ander dogter is ’n kliniese tegnoloog. My seun gaan vanjaar bedryfsing­enieurswes­e in Potchefstr­oom studeer. Alle Gobabis-boere hou op Henties vakansie! Ek het ingenieurs­wese aan die destydse Technikon Pretoria gestudeer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa