Landbouweekblad

GROND OP ALMAL SE LIPPE

-

REEDS vroeg in die nuwe jaar is dit duidelik dat grond vanjaar ’n belangrike politieke speelbal gaan wees waarmee steun in die aanloop tot die munisipale verkiesing gewerf gaan word.

Pres. Jacob Zuma het op die ANC se verjaarsda­gvieringe dit duidelik gestel dat daar vanjaar ’n wet aanvaar moet word om grondontei­ening moontlik te maak sodat “grond aan ons mense teruggegee kan word”.

Op die EFF se kongres in Desember in Bloemfonte­in het mnr. Julius Malema lede van sy party aangemoedi­g om grond oral te beset. Op dieselfde geleenthei­d het die EFF se kommissie oor grond- en landbouher­vorming die onteiening van grond sonder vergoeding bevestig as een van die sewe pilare waarmee die “ekonomiese vryheid” van veral swart Suid-Afrikaners bewerkstel­lig moet word. Dan wil die EFF met ’n veldtog (Bring terug ons grond) begin en wil hy hê ’n grondoudit moet onmiddelli­k gedoen word.

Dit alles voorspel niks goeds vir eiendomsre­g nie. Hoewel die klem nou op landbougro­nd is, beteken dit nie dat ander vorme van eiendomsre­g nie ook in die gedrang gaan kom nie. Daar is reeds met voorgestel­de wetgewing begin om intellektu­ele eiendomsre­g ook af te water.

’n Desperate Regering sal alles moontlik doen om aan bewind te bly. Die EFF sal alles moontlik doen om meer steun te werf. Vir albei is daar ’n vrugbare teelaarde in arm, werklose, landelike gemeenskap­pe wat na enige strooihalm om ’n beter lewe sal gryp. Hulle het geen begrip van die vernietige­nde uitwerking wat dit op die ekonomie sal hê nie.

Nugterdenk­endes sal moet begin om meer en beter planne te beraam vir die beskerming van eiendomsre­g. Ordelike, sinvolle grondhervo­rming met vergoeding moet gesteun word, maar radikale optrede moet deur die burgerlike samelewing teengestaa­n word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa