Landbouweekblad

Vleis maak vir kwaaivrinn­e

-

DIE supermarkt­e het weer lekker geskep hier oor die Kerstyd. Dis waar dat die produsente­prys van skaapén beesvleis gestyg het – graad A2-beesvleis van gemiddeld R31/kg in Desember 2013 tot R34/kg verlede maand en teen R58/kg was graad A2-lamsvleis R8/kg hoër as ’n jaar gelede.

Maar die prys op die pakkie vleis in die mandjie van die vrou voor Manie in die ry by die geldlaai was nou wragtig baie meer as die stuk of 16% wat die boer nou meer vir sy vleis in die sak steek.

Selfs Michiel Scholtz van die LNR in Pretoria het op sy Facebook- blad ’ n kiekie van vyf Tim Noakes- skaapribtj­oppies ( meer vet en been as vleis) gesit wat op 6 Januarie by Pick n Pay teen ’n verstommen­de R139,98/kg verkoop is. Dis net duskant R10 per tjoppie! En, het Michiel gereken, as dinge só aangaan, gaan verbruiker­s ophou om skaap- en lamsvleis te koop.

Nou j a, boere voel dieselfde. By laas j aar se Oos-Kaapse RPO-kongres op Cradock het ’n opmerking dat daar maar katvoet vir slagplaase­ienaars geloop moet word baie emosie ontlok. Petrus de Wet, oudvoorsit­ter van die NWKV, het op die kongres gevra dat ondersoek ingestel word waarom die uitslagper­sentasie van vee so laag is. Hyself het vir C2- en C3-graadse Bonsmarask­oeie ’n uitslagper­sentasie van net 40 gekry en toe is ’n verdere 3% van die karkas se gewig afgetrek om die koue gewig te bereken waarop hy vergoed is. “Sedert al die slagplase in die land geprivatis­eer is, is hulle die enigste wat die prys en uitslagper­sentasie bepaal. Hulle is dus gelyktydig speler en skeidsregt­er,” het Petrus gekla.

Stewart Moloni van Rooikraal, Sterkstroo­m, wat ook ’n vervoerkon­trakteur van lewende hawe is en sy eie navorsing gedoen het, was selfs meer uitgesprok­e en het sommer reguit gesê boere word verneuk. Volgens hom was die werklike gewigsverl­ies tussen die warm en die koue karkas van vier beeste wat hy bemark het, net 3,8 kg per karkas. Die slagplaas deur wie hy dit bemark het, het egter altesaam 47,8 kg van die vier karkasse afgetrek, wat teen die destydse prys van R25/kg beteken het dat hy R203,75 per karkas of R815 op die lot verloor het.

Hy het ook lammers aan die slagplaas verkoop. Pleks daarvan dat almal as A’s gegradeer is, is een lam as ’n C2 gegradeer. Vir die betrokke skaap het hy R493 minder gekry as die prys waarteen die res van sy lammers op dieselfde dag verkoop is. “Toe ek die resultate kry en die betrokke slagplaase­ienaar konfrontee­r, het hy dadelik op die verdedigin­g gegaan en gesê dan moet ek eerder nie meer my vee deur hom bemark nie,” het Stewart gal gebraak.

Hy meen die bruto winsmarge van slagplase is baie meer as die 7% tot 10% wat hulle beweer hulle kry. Stewart sê hy het in Desember graad C2-beeste teen R29,50/kg verkoop. Toe hy vir die slagter vra om die worsvleis ( trimmings) en stert terug te koop, is hy onderskeid­elik R37/kg en R40/kg daarvoor gevra, wat ’n wins van 26% en 36% op die betrokke vleis was.

EN DAN IS DAAR DIE VYFDE KWART . . .

En dit bring Manie by die waarde van die vyfde kwart (soos die huid/vel, die tong en soms die stert in geval van beeste) waarvoor die produsent 

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa