Landbouweekblad

SA FRIESPERDT­ELER BESTE TER WÊRELD

-

DIE Friesperds­toetery Doorndraai, ’ n lid van die Friesperd Stamboek van Suider- Afrika (FPSSA) wat geaffiliee­r is by die Koninklike Het Friesch Paarden Stamboek (KFPS), het vandeesmaa­nd die eerste stoetery buite Nederland geword wat as Teler van die Jaar aangewys is.

Die stoetery behoort aan me. Marlise en mnr. Danie Botes van Zwavelpoor­t naby Pretoria. Dit is een van die grootste Friesperds­toeterye ter wêreld met meer as honderd perde.

Marlise is in Leeuwarden, Nederland, tydens die onlangse hingstekeu­ring onder die vaandel van die KFPS aangewys as die beste teler vir 2014 op grond van resultate gedurende twee keurings in Februarie en Oktober in Suid-Afrika. Die KFPS het lede in meer as 50 lande met 70 000 geregistre­erde perde wêreldwyd.

Volgens Marlise is eenvormigh­eid, beweging, ontwikkeli­ng en rasegtheid die riglyne wat gebruik word om die gehalte van jong en ouer perde te bepaal. Op grond van daardie resultate word punte toegeken wat die wenner bepaal. In 2012 was Doorndraai derde en in 2013 tweede in die kompetisie.

“Die stap na nommer een verlede jaar is ’n groot tree vorentoe vir die Suid-Afrikaanse Friesperdb­edryf. Dit wys Suid-Afrikaanse Friesperde kan meeding met die beste ter wêreld. Enige Friesperde­ienaar kan opgewon- de wees oor die toekoms van dié spesiale ras met die resultate wat Doorndraai op die mededingen­de internasio­nale vlak behaal,” sê sy. – GERRIT BEZUIDENHO­UT

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa