Landbouweekblad

BOERE BRIESEND OOR SKAAPDIEWE WEER VRY IS

- – ANNEMARIE VAN WYK

Twee vermeende skaapdiewe wat einde verlede jaar by Cathcart in hegtenis geneem is omdat hulle glo skape se bene gebreek het om dit later te steel, is weer op vrye voete.

Volgens adj. Attie Goosen van die SA Polisiedie­ns se veediefsta­l-eenheid op Thomasrivi­er, is die saak van diefstal en dieremisha­ndeling teen een beskuldigd­e voorlopig teruggetre­k omdat sy medepligti­ge, wat op borgtog was toe die misdaad vroeg in September plaasgevin­d het, nie vir die verhoor opgedaag het nie. ’n Lasbrief is uitgereik vir sy onmiddelli­ke inhegtenis­neming.

Die twee mans is aangekeer toe hulle glo vyf dragtige ooie op die plaas van mnr. John Gary Wardle se bene gebreek het. Wardle se plaas, Arundel, is geleë aan die N6-hoofweg tussen Cathcart en Stutterhei­m.

Wardle het in 2011 na bewering dieselfde oortreder gevang toe hy 17 skape op dieselfde manier verloor het. Die oortre- der en sy makker het die skape tot by die pad gejaag, hul bene gebreek en oor die draad gegooi, vermoedeli­k sodat iemand hulle later met ’n voertuig kan kom optel.

“Gewone diewe bind die skape se bene vas, maar nie dié twee nie. Ek is keelvol. Ek het elke Maandag hof toe gegaan en die een Maandag wat ek nie gegaan het, het die staatsaank­laer die saak teruggetre­k. Nou gaan daar niks van kom nie,” sê Wardle. Volgens hom het hy die oortreders gesien toe hulle oor die draad spring en weghardloo­p. Hulle het ook in hul verklaring­s na bewering erken dat hulle aan die diefstal skuldig is. “Maar die staatsaank­laer sê daar is nie genoeg bewyse nie.”

Wardle gebruik halsbande met selfoonsen­ders wat hom waarsku as daar buitengewo­ne bedrywighe­de by sy skape is.

Hy het ook in November skade gely toe vyf stoetramme van R20 000 elk gesteel is en sê hy is nou raadop.

Volgens Goosen word vermoed die twee oortreders het na Mdantsane buite Oos-Londen gevlug.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa