Landbouweekblad

MISDAAD IN VRYSTAAT NEEM TOE

- – JASPER RAATS WOLPRYS VAL

Die toename in die voorkoms van misdadighe­id op die Vrystaatse platteland wat sedert September verlede jaar ondervind is, het oorgespoel na die begin van 2015.

Die moord op die bejaarde Swanepoel-egpaar van Bainsvlei, wes van Bloemfonte­in, is die sewende dubbele plaasmoord in die streek sedert 2010.

Vrystaat Landbou se veiligheid­skomitee het in September en Oktober verlede jaar ’n stygende voorkoms van die voorvalle van misdadighe­id op plase en kleinhoewe­s opgemerk (tien) teenoor die ooreenstem­mende maande van 2013 (drie).

Dr. Jane Buys van die veiligheid­skomitee sê die groot getal verdagtes wat by misdaad op plase betrokke is, is onrusbaren­d. Teen Oktober 2013 was daar 29 voorvalle in die Vrystaat, terwyl 33 reeds teen Oktober 2014 aangeteken is – ’n toename van 12,12%.

Die helfte van die onlangse voorvalle in die provinsie was op Maandae en Dinsdae, met sowat 50% daarvan tussen 19:00 en 23:00. In 50% van die voorvalle steel misdadiger­s geld, gevolg deur selfone en vuurwapens (30%). – JOHAN NORVAL

Die kenner sê boere was ongeloofli­k verdraagsa­am en geduldig ten spyte van die enorme skade wat die diere aan plaasheini­ngs en wilddrade aangerig het.

’n Paar boere het agter die olifante aangery om amptenare op hoogte te hou van hul doen en late. Suid van Lephalale het hulle omgedraai en al op hul spoor teruggesta­p. Teen Woensdagmi­ddag het almal duim vasgehou dat die olifante sou terugkeer na Botswana. Die wolmark het onder druk gekom op die eerste veiling van die nuwe jaar. Cape Wools se Merino-aanwyser het met 2,6% gedaal om op R107,93/kg (skoonwol) te sluit. Dit is 3,3% laer as op die openingsve­iling en 6,7% laer teenoor die ooreenstem­mende verkope van die vorige seisoen.

Kopers skryf die laer wolpryse toe aan lae produkprys­e. ’n Groot persentasi­e van die aanbieding was boonop swak. Die vooruitsig van ’n aansienlik­e groot aanbieding vandeeswee­k het bykomende druk op pryse geplaas.

Altesame 97% van die 11 928 bale wat op die veiling aangebied is, is verkoop.

Die gemiddelde skoonwolpr­yse vir goeie, lang kamwoltipe­s (MF5) was soos volg: 18 mikron styg met 3,5% tot R112,59 per kg, 18,5 mikron daal met 0,4% tot R114,97/kg, 19 mikron verswak met 1,9% tot R112,77/kg, 19,5 mikron daal met 3,3% tot R109,41/kg, 20 mikron verswak met 2,9% en sluit op R106,74 per kg, 20,5 mikron daal met 2,8% en sluit op R106,37/kg, 21 mikron verswak met 3,3% en sluit op R105,88/kg, 21,5 mikron daal met 2,9% en sluit op R105,88/kg en 22 mikron verswak met 3,0% tot R105,88/kg.

Die volgende veiling is op 21 Januarie wanneer sowat 19 000 bale aangebied sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa