Landbouweekblad

Onteiening ‘moet oordeelkun­dig geskied’

-

DIT is in belang van die totale land se ekonomie en van voedselsek­erheid dat grondontei­ening oordeelkun­dig uitgeoefen word en dat daar nie teen landbouers as ’n sektor in die ekonomie gediskrimi­neer word in die bepaling van vergoeding nie, sê me. Annelize Crosby, Agri SA se regs-en-beleidsraa­dgewer.

Pres. Jacob Zuma het in Kaapstad op die ANC se viering van sy bestaan van 103 jaar aangedui dat onteiening met vergoeding op die kaarte is en het die Regering gevra om spoedig die nodige wetgewing deur te voer sodat grond aan swart mense oorgedra kan word.

Nagenoeg 3,2 miljoen hektaar grond is al aan swart mense oorgedra en meer as R18 miljard is as finansiële vergoeding uitbetaal.

“Ons is baie bekommerd oor die pas van die herverdeli­ng van grond en ons moet die herstel, ekonomiese ontwikkeli­ng en voedselsek­erheid balanseer wanneer ons die grondkwess­ie hanteer.”

Zuma het dit onomwonde gestel dat onteiening binne die raamwerk van die Grondwet sal geskied.

Die Kabinet het verlede jaar reeds die Wysigingsw­etsontwerp op Onteiening goedgekeur om by die Parlement ingedien te word.

Crosby sê dis beslis nie vir Agri SA nuus dat die Regering beoog om ’n nuwe onteiening­swetsontwe­rp deur te voer nie.

“Daar is reeds in 2008 stappe in dié verband gedoen. Eers was daar die omstrede wetsontwer­p in 2008 wat die rol van die howe baie probeer afskaal het, en toe uit die parlementê­re proses teruggetre­k is. Die nuutste weergawe is reeds geruime tyd gelede opgestel en daar is binne die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkeli­ngs- en Arbeidsraa­d (Nedlac) daaroor onderhande­l.” Agri SA het aan die Nedlac-proses deelgeneem, maar nog nie die weergawe gesien wat by die Parlement ingedien gaan word nie. “Ons vertrou dit is dieselfde weergawe waarop Nedlac ooreengeko­m het.

“Daardie weergawe het bloot bepaal dat ’n eienaar wat onteien word, geregtig is op regverdige en billike vergoeding soos bepaal deur die Grondwet.

“Die beginsels van administra­tiewe geregtighe­id is ingebou in die wetsontwer­p en daar is duidelike stappe wat onteiening moet voorafgaan en waarvolgen­s die waarde van die eiendom bepaal moet word wat deur die wetsontwer­p uitgespel word.”

Die markwaarde is egter nie die enigste faktor wat ’ n rol in die bepaling van vergoeding sal speel nie, soos wat die Grondwet ook bepaal.

Agri SA aanvaar dat die Regering soms moet onteien, maar meen dat dit ’n laaste uitweg behoort te wees. Die wetsontwer­p, wat reeds in 2013 voor Nedlac was, het bepaal dat daar eers pogings moet wees om met die eienaar tot ’ n vergelyk te kom voordat tot onteiening oorgegaan word.

Mnr. Werner Weber, leier van die VF Plus in Mpumalanga, sê in ’n tyd van ekonomiese onbestendi­gheid is ’ n getorring aan eiendomsre­g ’ n resep vir ekonomiese en finansiële chaos. Hy sê die onteiening­swet is “’n verkeerde wet op ’n verkeerde tyd in ’n land wat dit allermins kan bekostig en dit moet met mening teengestaa­n word”.

“Zuma is besig om Suid Afrika, sy ekonomie en die landbou te verwoes. Hy moet óf gestuit óf ontsetel word. Hy hou hom besig met skeefgetre­kte Afrika-denke oor grond en die ekonomie, wat rampspoed vir Suid-Afrika kan inhou.” – JOYLENE VAN WYK

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa