Landbouweekblad

SA IS VRY VAN BEK-EN-KLOU, MAAR DAAR’S NOG BAIE WERK

-

SUID-AFRIKA behou steeds sy status as vry van bek- en- klouseer, maar moet volgens die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE) aan verskeie kwessies aandag gee.

Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, sê die wetenskapl­ike komitee van die OIE het spesifieke kwessies uitgewys wat aandag moet kry.

Suid-Afrika het sy status as vry van bek-en-klouseer in Februarie 2011 verloor. Na raming het dit verliese van R4 miljard per j aar aan verlore landbou- uitvoergel­eenthede meegebring.

Die status is in Februarie verlede jaar herstel en volgens prof. Edith Vries, direkteur-generaal, word só ’n status jaarliks bevestig.

Volgens Zokwana was die OIE- komitee met sy besoek einde laas jaar bemoedig deur vordering wat sedert 2013 op sekere gebiede van die bestryding van bek-en-klouseer gemaak is, soos beesidenti­fikasie deur die gebruik van oorplaatji­es en die oprig van ’n rooilynhei­ning wat die beheersone in KwaZulu-Natal van die vrye sone skei.

Die OIE sê die volgende moet nou aandag kry:  ’n Beter grens met Zimbabwe.  Duidelike tekens wat die ingange tot beheersone­s en vrye sones aandui.  Vakante poste i n kritieke gebiede in provinsial­e veeartseny­kundige dienste moet gevul word en amptenare moet die nodige vervoer hê om bek- en- klouseer behoorlik te bestry.  Heinings moet die buffels in die Ndumo-wildreserv­aat van die beeste daarbuite skei.  Die algemene monitering van bek- en- kl ouseer i n die beheersone­s en vr ye sones moet verbeter word en voorrang moet gegee word aan die waarneming van buffels in die Ndumo- en Tembe-wildreserv­ate in KwaZulu-Natal.  Entstof teen bek-en-klouseer moet deurlopend beskikbaar wees.  Diere en diereprodu­kte uit beheersone­s moet by slagplase geskei word van diere en produkte uit vrye sones. Mnr. Gerhard Schutte, hoof uitvoerend­e beampte van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO), sê dit is goeie nuus dat die land se status bly geld.

“’n Groot poging van die departemen­t en die bedryf is nou nodig. Dit lyk of die politieke wil daar is.”

Mnr. Dave Ford, uitvoerend­e direkteur van die SA Voerkraalv­ereniging, het gesê ’n groot taak lê voor. Hy vra dat sekere kwessies voorrang geniet omdat alles nie in ’n kort tyd afgehandel kan word nie.

Volgens Zokwana is die veebedryf van meer as R50 miljard rand ’ n belangrike bydraer tot werkskeppi­ng en veral platteland­se mense se bestaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa