Landbouweekblad

IN ’N BLIK BREË GLIMLAGTE OOR GRONDPLAN

-

Dit is nie aldag dat kommersiël­e boere mnr. Senzeni Zokwana (middel), Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, en Gugile Nkwinti (regs), Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, so gelukkig sien wanneer daar grondsake gepraat word nie. Maar dit is juis wat ’n groep boere van die Witzenberg (Ceres, die Koue-Bokkeveld, Wolseley, Tulbagh, Breërivier-Noord en die Ceres-Karoo) reggekry het toe hulle op 6 Januarie hul grondhervo­rmingsplan aan die Regering voorgelê het. Boere, die munisipali­teit Witzenberg en die gemeenskap het die Witzenberg-vennootska­p begin. Dié vennootska­p wil bykans 50 bemagtigin­gsprojekte op 4 200 ha se vrugte- en groentegro­nd begin. Dit sal volgens die PALS-raamwerk, waarmee mnr. Gerrit van Vuuren (links), ’n plaaslike prokureur, vorendag gekom het, geïmplemen­teer word. PALS staan vir Partnershi­ps in Agri Land Solutions. Dit neem al die probleme en mislukking­s van vorige grondhervo­rmingsmode­lle in ag en bied ’n genuanseer­de oplossing vir grondhervo­rming. Die projekte word boonop ondersteun deur bemagtigin­gsplanne vir die landbouwaa­rdeketting en maatskapli­kekonomies­e opheffings­projekte vir die gemeenskap (soos opleidings­geriewe, behuisings­projekte en jeugprojek­te). Dié plan is deur Nkwinti as “briljant” beskryf. Twee loodsproje­kte is reeds suksesvol aan die gang. Die Witzenberg produseer byna ’n derde van Suid-Afrika se appels en pere (veral vir die uitvoermar­k) en meer as die helfte van die land se nektariens. Die gebied se jaarlikse bruto produksiew­aarde is meer as R2 miljard, met buitelands­e valuta-verdienste­s van sowat R1,5 miljard. Groentepro­duksie is net so belangrik in die streek en bykans 22% van Suid-Afrika se uie word daar geprodusee­r. Vir ’n eksklusiew­e artikel oor dié grondoplos­sing, moenie Landbouwee­kblad van 30 Januarie misloop nie. FOTO: VERSKAF.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa