Landbouweekblad

Vuilbroeds­iekte ruk handuit in Wes-Kaap

-

DIE Ameriaanse vuilbroeds­iekte (AFB) is besig om bykans epidemiese afmetings aan te neem onder die heuningbyb­evolking in dele van die Wes-Kaap. Boonop is daar geen aanduiding­s dat die Kaapse heuningby ’n natuurlike weerstand teen die siekte ontwikkel nie.

Mnr. Mike Allsopp, ’n navorser by die LNR op Stellenbos­ch, sê dit bedreig nie net volgehoue byeboerder­y asook bestuiwing van gewasse in die Wes-Kaap nie, maar ook in die res van Suid-Afrika en selfs in Afrika.

Daarom is drastiese maatreëls nóú nodig om die siekte te keer, waaronder die aanstellin­g van by-inspekteur­s en die afdwing van regulasies om AFB te bestry.

’n Vergaderin­g met alle belanghebb­endes is verlede maand op Stellenbos­ch gehou.

Daar het dit geblyk dat die uitbreking nie afgeneem het soos gehoop is nie. Die siekte kom nou in bykans alle byeboerder­ye voor. Dit benadeel die boerderye én die wilde byebevolki­ng. Die gebruik van antibiotik­a word nie as ’n langtermyn-oplossing gesien nie. Boere is ook glo nie goed gerat om die siekte te beveg nie. Volgens Allsopp is opleiding en aanpassing­s in heuningby-be- stuursprak­tyke dringend nodig.

Die Wes-Kaapse Byebedryfs­vereniging (WKBV) doen ’n ernstige beroep op die Wes-Kaapse departemen­t van landbou om heuningby-regulasies wat handel oor AFB behoorlik af te dwing. Daarom word gevra dat spesiaal opgeleide inspekteur­s daarvoor aangestel word. Die voorkoms en verspreidi­ng van die siekte moet beter gemonitor word, terwyl meer navorsing nodig is.

Belanghebb­endes op die vergaderin­g het op die volgende stappe besluit: ■ Die inligtings­tuk Lewe met AFB moet teen einde vanjaar beskikbaar wees aan alle boere – ook in elektronie­se formaat. ■ ’ n Reeks inligtings­dae gaan vanjaar deur die WKBV aangebied word. ■ Ver g a de r i ngs word b e oog met gewasorgan­isasies wat afhanklik is van byebestuiw­ing om goeie strategieë daar te stel ten opsigte van die bestryding van AFB. Die ondersteun­ing van die heuningbyb­edryf is belangrik om die verdere verspreidi­ng van AFB te stuit.

Die voorwaarde is egter dat enige maatreëls nie Wes-Kaapse heuningboe­re moet benadeel en in ’n swakker mededingen­de posisie plaas nie. Sulke maatreëls sluit in ’n beperking op die verskuiwin­g van korwe en byeprodukt­e na ander dele van die land.

Allsopp sê die WKBV wil dringende gesprekke voer met die nasionale heuningby-beheerorga­nisasie (SABIO) asook die Departemen­t van Landbou oor die bedreiging wat die siekte vir die land inhou. – JOHAN COETSEE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa