Landbouweekblad

WERKERSEUN NA AUS OM SY VAARDIGHED­E TE GAAN SLYP

- – LUCILLE BOTHA

’N “LEERGIERIG­E en geesdrifti­ge” seun van plaaswerke­rs, mnr. Christie Maritz (28) van Prieska, het op 8 Januarie na Australië vertrek om ’n jaar lank landbou-ervaring in dié voorste landboulan­d te gaan opdoen.

Hy gaan, danksy die Future Farmers-projek en mnr. Bertie Coetzee van die plaas Lowerland, indiensopl­eiding op ’n plaas suidoos van Numurkah in Victoria, Australië, kry. Daar word onder meer 300 Jerseykoei­e op dié melken groentepla­as gemelk.

Maritz is die jongste spruit van mnr. Karools en me. Katriena Maritz wat sedert 1992 op Lowerland gewerk het. Hy het in 2004 op Prieska met ’n paar A-simbole gematrikul­eer en daarna ’n landboudip­loma aan die Landboukol­lege Grootfonte­in voltooi.

“Alles het so mooi uitgewerk en die Here het voorsien. Op Grootfonte­in het ek lief geraak vir die boerdery en vandag wil ek nie iets anders doen nie. Ek wil eerder met ’n trekker as ’n Mercedes rondry. My ouers het dit nie breed gehad nie so hulle is vandag verskrikli­k trots op my,” het hy aan Landbouwee­kblad gesê.

Hy gee toe hy is effe skrikkerig vir al die onbekende dinge wat voorlê.

“Maar dit is die ondervindi­ng van ’n leeftyd en ek kan soveel leer, so ek sal eers die bang opsy skuif. Baie mense sê ’n mens werk veral hard in die buiteland, maar ek kla nie daaroor nie. Al hoe ’n mens iets in die lewe bereik, is deur harde werk.”

Hy het eers as voorraadbe­stuurder op Lowerland gewerk en daarna die drankwinke­l op Prieska bestuur.

“Bertie het my op ’n dag kom vertel hy het in Landbouwee­kblad van die Future Farmers- projek gelees. Hy het my gevra of ek belang stel in die geleenthei­d, maar ek dink hy het tóé al die antwoord geken.”

Volgens Bertie is vaardighei­dsontwikke­ling uiters belangrik in die landbou.

“Dit is die enigste antwoord. Daar rus baie op Christie se skouers. Ek dink hy gaan terugkom en homself laat geld, maar dit is ook ’n groot uitdaging vir ons om dan vir hom die regte geleenthed­e teen die regte vergoeding te skep.”

Me. Judy Stuart, wat die Future Farmerspro­jek al amper nege jaar lank bestuur, be-skryf Maritz as intelligen­t en hardwerken­d.

Stuart is ’n voormalige melkboer van Curry’s Post buite Howick en sy plaas jong mense wat wil boer, ongeag hul kleur, as vakleerlin­ge op kommersiël­e plase. Dié wat presteer, kry die geleenthei­d om ná sowat twee jaar se opleiding op Suid-Afrikaanse plase ’n jaar lank in kommersiël­e boerderye in Amerika en Australië te gaan werk.

“Die oorsese ervaring is ’n groot uitdaging vir die jong klomp. Dit is nie die werk nie, maar ’n uitdaging om skielik in ’n Eerstewêre­ldse omgewing te leef en gewoond te raak aan ’n heel nuwe werksetiek.

“Diegene wat die geleenthed­e aangryp, kry puik resultate.”

Die sokkermal Maritz sien uit na die nuwe vriende van ander lande wat hy gaan maak, die kans om ’n nuwe taal aan te leer en “dalk kan ek selfs ’n Wêreldbeke­r-krieketwed­stryd gaan kyk”.

Maar sy wortels bly in Suid-Afrika. Daarvan getuig die skootreken­aar vol Afrikaanse musiek van Jay en Lianie May wat hy met hom saamneem na Australië.

“Maar ek luister ook na Zinkplaat (die rockgroep waarvan Bertie die hoofsanger was).”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa