Landbouweekblad

ZEDER SE AANDEELPRY­S AAN’T STYG

-

ZEDER BELEGGINGS, ’ n genoteerde maatskappy wat in landbou-ondernemin­gs belê, se aandeelpry­s het die laaste paar maande skerp gestyg. In Januarie verlede jaar was die prys nog R4,40. Teen 12 Januarie vanjaar het dit in ’n stadium by R7,80 gaan draai. Op 13 Januarie was dit R7,57.

Dié maatskappy het verlede jaar sy strategie verander. Die aantal maatskappy­e in sy portefeulj­e is verminder, maar die aandeelhou­ding in die oorblywend­e maatskappy­e is verhoog. Hy wil op dié manier ook ’n aktiewer rol in die maatskappy­e speel.

Volgens die jongste inligting lyk Zeder se portefeulj­e só: Agri Voedsel (100%), Capespan Groep Bpk. (72,1%), Capevin Holdings (2,7%), Chayton Africa (76,7%), Kaap Agri (39,9%), Pioneer Foods (1,1%) en Zaad Holdings (92%). Die maatskappy het van sy aandele in Overberg Agri en Suidwes ontslae geraak en ’n groot deel van sy aandele in Capevin Holdings verkoop. Volgens die maatskappy se resultate vir die halfjaar wat op 31 Augustus 2014 geëindig het, was die waarde van sy belegging in die maatskappy­e net meer as R10,3 miljard.

Die openbare beleggings­korporasie PIC het in Desember sy belang in Zeder tot 5,484% opgeskuif. Die PIC is ’n finansiële diensversk­affer in die Regering se besit. Die PIC belê geld namens openbare sektor-entiteite, soos die pensioenfo­nds vir regeringsa­mptenare.

Mnr. Norman Celliers, uitvoerend­e hoof van Zeder, kon nie vir kommentaar bereik word nie. – AMELIA GENIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa