Landbouweekblad

Navorsers, tegnici en agente hier opgelei

-

LANDBOUVOO­RLIGTING bestaan byna nie meer in Suid-Afrika nie, veral nie vir kommersiël­e boere nie. Daarom is gewasboere toenemend afhanklik van private raadgewers om inligting te bekom.

“Daar is meer as 800 van hulle in die bedryf en ’n groot persentasi­e het die ervaring, maar nie die regte kwalifikas­ies nie,” het dr. Charlie Reinhardt, dekaan van Villa Academy, gesê op die bekendstel­ling van dié opleidings­instansie se kort kursusse vir vanjaar. Dit is gemik op tegnici, veldwetens­kaplikes en verkoopsag­ente.

“Die landbou-omgewing verander. Boere raak minder, maar groter en moet doeltref- fender wees. Plaaslik vind ons daar is groter druk op die tradisione­le opleidings­instelling­s om internasio­naal relevant te raak, maar is ons nog relevant met plaaslike kundigheid?”

Die Villa Academy het in die plaaslike chemiese bedryf ontstaan. “Daar is ’n probleem om plaaslike mense op te lei, maar niemand doen iets daaraan nie.”

Die instelling, met 28 dosente, bied sowat 29 kort kursusse per jaar aan. Dit word in Kempton Park en Somerset-Wes aangebied.

Villa Academy het ook onlangs Chenin blanc-, Sauvignon blanc-, Cabernet Sauvignon- en Merlot-wingerd by die Hoogeind-opleidings­entrum in Somerset-Wes aangeplant. Die wingerd is bedoel vir proewe in die wingerdbou­kursus wat dr. Eben Archer aanbied, maar sal ook vir die bereiding van wyn gebruik word. Die opbrengs uit wynverkope sal in die Pneumatix-program teruggeplo­eg word. – LUCILLE BOTHA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa