Landbouweekblad

EERSTE MIELIES GEPLANT WAT DROOGTE VERDRA

-

Mnr. Bheki Cele, Adjunkmini­ster van Landbou, Bosbou en Visserye, het onder groot toejuiging die eerste droogtever­draagsame (DV) witmielieb­astersaad op die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se navorsings­plaas by Groblersda­l, Limpopo, met ’n eenry-handplante­r geplant. Dié DV-mielie wat op opkomende boere gemik is, is deur die projek Waterdoelt­reffende Mielies vir Afrika (Wema) ontwikkel. Sowat 10 000 sakkies DroughtTEG­O WE3127 van 500 gram elk is gratis deur die LNR landwyd aan opkomende boere geskenk. Cele het ’n beroep op boere gedoen om hul sokkies op te trek, aan die werk te spring en die saad te plant. “Droogtes veroorsaak oesverlies­e, werklooshe­id, hongersnoo­d en armoede. Hierdie DV-mieliekult­ivar sal boere help om hongersnoo­d te verlig,” het Cele gesê.

SUID-AFRIKA beskerm sy biodiversi­teit jaloers. Die land is op twee na die mees biodiverse land ter wêreld en sal nie toelaat dat geneties gemodifise­erde organismes ( GMO’s) sy biodiversi­teit bedreig nie, want dit is die ruggraat van toekomstig­e volhoubaar­heid. Suid-Afrika het ’n ontwikkele­nde ekonomie en dit moet tot almal se voordeel uitbrei, sê me. Naledi Pandor, Minister van Wetenskap en Tegnologie.

Sy was ’n spreker met die opening van die 13de internasio­nale simposium oor die bioveiligh­eid van GMO’s in Kaapstad.

Sy het gesê Suid-Afrika is nommer agt op die lys van wêreldland­e wat GM gewasse aanvaar het. GM gewasse word in Suid-Afrika op meer as 2,9 miljoen hektaar verbou tot voordeel van die klein en groot kommersiël­e boerderye.

Altesame 86% van die mielies, 92% van die sojabone en al die katoen wat in die land verbou word, is GM gewasse.

“Die publiek wil sekerheid hê dat die kundigheid wat aangewend word, toepaslik is en dat besluite in hul beste belang is. ’n Kragtige bioveiligh­eidsraamwe­rk is daarvoor nodig. Ons kyk nie net na die impak op die omgewing nie, maar ook na die invloed op mens en dier se gesondheid.

“Ons gebruik biotegnolo­gie nie net by gewasse nie, maar ook om entstowwe en medisyne te ontwikkel om siektes te bekamp. Verder word biotegnolo­gie aangewend om klimaatsve­randering te ondervang. Terwyl ek hier praat, word droogtebes­tande mielies in veldproewe getoets,” het Pandor gesê.

Om dit te kan bereik, sluit Suid- Afrika se bioveiligh­eidsraamwe­rk die aanvaardin­g in van die Wet op Geneties Gemanipule­erde Organismes (Wet 15 van 1997). Die wet magtig die skep van ’n besluitnem­ende liggaam waarin die voorsitter van die wetenskapl­ike advieskomi­tee dien en vyf nasionale staatsdepa­rtemente verteenwoo­rdig word. Die wet magtig ook ’ n proses gegrond op wetenskapl­ike beginsels.

Pandor het gesê die volgende instelling­s werk mee aan die stelsel se doeltreffe­ndheid:  Die Suid- Afrikaanse Biodiversi­teitsinsti­tuut, wat deur die Regering gemagtig is om bekendstel­lings van nuwe GM gewasse te monitor.  Die Sentrum vir Uitnemendh­eid in Indringing­sbiologie om potensiële indringing van GM gewasse te monitor.  Di e Af ri k a - p l a t f o r m vi r Bioveiligh­eid wat strategies­e bioveiligh­eidsnavors­ing ondersteun.  Die Nasionale Navorsing

stigting en die Agentskap vir Tegnologie­se Vernuwing, wat bioveiligh­eidsnavors­ing en biotegnolo­gievernuwi­ng ondersteun.  Die Program vir Openbare Begrip van Biotegnolo­gie, wat openbare bewustheid en begrip bevorder. “Ek meen Suid-Afrikaners kan die stelsel vertrou. Ons weet ook van die behoefte om nouer met landelike gemeenskap­pe saam te werk en hulle te steun in die skep van voedselsek­erheid en ook om voordeel uit wetenskapl­ike vordering te kan put,” het Pandor gesê. – HANS LOMBARD

Trekkers met rusperband­e agter en gewone bande voor is deesdae groot nuus aan die landboutoe­rusting-front.

Die webtuiste www.agricultur­e.com het dit onlangs as een van verlede jaar se toptien- vernuwings aangewys. New Holland én Case het die afgelope jaar sulke modelle bekend gestel. New Holland se SmartTrax is in drie modelle met verskillen­de groottes rusperband­e beskikbaar, en Case IH se Magnum Rowtrac in twee modelle met rusperband­e van vier verskillen­de breedtes.

Nog een van die nuwe ontwikkeli­ngs wat agricultur­e. com uitlig, is ’ n multikanaa­l- spuit wat landbou- ingenieurs aan die Clemson-universite­it in Amerika ontwikkel het. Dit kan gelyktydig 24 verskillen­de chemiese middels toedien.

Die spuit het ’ n GPS. Dit is aanvanklik ontwikkel om verskillen­de chemiese toediening­s op navorsers van die universite­it se proefaanpl­antings te vergemakli­k. Dit kan egter ook vir kommersiël­e toestande aange- pas word, met tien afsonderli­ke spuitbalke, wat elkeen 30 m lank is, wat afwisselen­de presisie-hoeveelhed­e van verskillen­de middels kan toedien. – MARLEEN SMITH

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa