Landbouweekblad

GM AARTAPPEL MAAK NUUS

-

’n Nuwe GM aartappel maak opslae in Amerika nadat die wegneemete-reus McDonald’s onder verbruiker­sdruk geswig het en aangekondi­g het dat hy nie dié kultivar gaan gebruik nie.

Die Innate- aartappel is die afgelope dekade deur J.R. Simplot, een van die wêreld se grootste agribesigh­ede en McDonald’s se voorste aartappelv­erskaffer, ontwikkel.

Die Amerikaans­e landboudep­artement het onlangs goedkeurin­g gegee vir die kommersiël­e verbouing van die nuwe kultivar, wat die gene van ’n wilde aartappels­oort bevat. Volgens J.R. Simplot kneus en verbruin Innate- aartappels sowat 40% minder in die oes- en opbergings­proses, en bevat dit laer vlakke asparagien, ’n chemiese middel wat moontlik kanker veroorsaak as aartappels gebraai word en dit in die middel akrilamied omgeskakel word.

J.R. Simplot beraam dat die jaarlikse vermorsing van aartappels net die Amerikaans­e voedseldie­nsbedryf alleenlik danksy Innate met omtrent 400 miljoen pond ( meer as 180 ton) verminder sal kan word. Verbruiker­s sal ’ n beraamde 3 miljard pond ( oor die 1 360 ton) aartappels minder hoef weg te gooi omdat dit sleg geword het.

Die maatskappy is glo nie té bekommerd oor die McDonald’s-aankondigi­ng nie omdat hy in elk geval eerder met die nuwe kultivar na die varsproduk­temark mik, onder meer in pakkies vars gesnyde skyfies, soos vars appelskyfi­es ook deesdae verkoop word.

Die mikpunt is om vanjaar eers proeflopie­s in ’ n paar toetsmarkt­e te doen. – MARLEEN SMITH

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa