Landbouweekblad

MAAK GELD UIT HALFEDELST­ENE

-

Vir grondeiena­ars wat hulle nie deur ’n swetterjoe­l regulasies laat afskrik nie, kan die mark vir gekleurde edelstene ’n goeie wins in die sak bring.

Suid-Afrika se mynbousekt­or vir halfedelge­steentes is een van die grootste bydraers tot die wêreldmark vir gekleurde edelgestee­ntes. Só sê me. Rowena Hay, senior omgewingsw­etenskapli­ke van die konsultasi­egroep Umvoto Africa. Net ander lande in die Suidelike Halfrond – soos Brasilië en Australië – kan by ons kers vashou.

Die kuns van die sny, polering en gravering van edelstene in Suidoos- Asië en die groot wêreldmark vir krale, juweliersw­are en gesteentes in stedelike gebiede (soos groot, gepoleerde blokke wat parke en geboue versier) is al dekades lank ’n bonus vir die Suid- Afrikaanse handel in kwarts, tieroog en jaspis.

Klein myne, meestal van die “put- ensloot”- soort, het oral in die streek opgeskiet. Hierdie myne word meestal bedryf deur boere of kleinsake-ondernemer­s. Die myners kan met ’n omgewingsb­estuurspla­n en - impakstudi­e formeel om ’ n lisensie by die Departemen­t van Minerale Hulpbronne en Omgewingsa­ke aansoek doen.

Die staat besit sedert 1 Mei 2004 alle mineraalre­gte, maar enige derde party kan kragtens die Wet op die Ontwikkeli­ng van Mineraal- en Petroleumh­ulpbronne, wat toe in werking getree het, aansoek doen om nuwe orde-regte of mynregte vir mineraalre­gte wat voorheen in private besit was, verduideli­k Rowena.

Die omgewingsi­mpakstudie vereis kennis van die Wet op Nasionale Omgewingsb­estuur, asook die Wet op Nasionale Om gewingsbes­tuur: Biodiversi­teit en die Nasionale Waterwet. ’ n Mynbouwerk­sprogram moet opgestel word, met die nodige maatreëls vir die verminderi­ng van nadelige gevolge vir die omgewing. Plaaslike gemeenskap­pe se sosiaal-ekonomiese en kulturele omstandigh­ede moet ook verbeter word.

Voorts vereis die proses kennis van geologie, hidro-geologie, erfenis- en omgewingsw­etgewing en botanie, asook vaardighei­d in geografies­e inligtings­telsels (GIS), sodat alles in ’ n bondige en leesbare verslag voorgelê kan word.

’ n Myner se verbinteni­s tot rehabilita­sie is hoog op die twee departemen­te se voor- ranglys. Die grondopper­vlak moet ook tot sy oorspronkl­ike toestand herstel word. Dit is normaalweg landbougro­nd vir vee of gewasse (as daarop geboer word) of natuurlike plantegroe­i. ’ n Volledige rehabilita­sieplan moet as deel van die omgewingsb­estuurspla­n ingedien word.

’n Kosteberam­ing van die rehabilita­sieplan deur ’n onafhankli­ke kontrakteu­r word ook vereis. Dít moet in ’n rekening van die Departemen­t van Minerale Hulpbronne inbetaal word, of deur ’n bank gewaarborg word.

Die kostedoelt­reffendste opsie is dat ’ n mynmaatska­ppy die rehabilita­sie doen omdat so ’n maatskappy reeds al die masjinerie en werkers op die perseel het, en nuwe oprigtingk­oste dan nie nodig is nie. In die Noord-Kaap is groot of komplekse rehabilita­sie dikwels nodig omdat die omgewing ongewoon is, met ’n lae reënval of bedreigde en kwesbare plantegroe­i. Daarom kan dit ook vir die lisensieho­uer raadsaam wees om ’n spesialis-rehabilita­siemaatska­ppy aan te stel, sê Rowena. – MARLEEN SMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa