Landbouweekblad

ANDER KYK OOK NA AFRIKA AS MELKMARK

-

AFRIKA bied groot uitvoergel­eenthede vir Suid-Afrikaanse melkproduk­te. Plaaslike ondernemin­gs sal egter vinnig moet optree omdat multinasio­nale suiwelmaat­skappye reeds hulself op die vasteland begin vestig het, sê dr. Koos Coetzee, hoofekonoo­m van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO).

Vir groter uitvoer is groter produksie nodig. Dit terwyl verlede jaar se produksie tot die lente min gegroei het en uitvoer effens gedaal het.

In die eerste tien maande was die totale produksie slegs 1,5% hoër as in die ooreenstem­mende tyd die vorige jaar. Coetzee sê boere sal meer produseer indien die verhouding tussen die produsente­prys en die voerprys gunstiger word.

Die daling in internasio­nale pryse het intussen daartoe gelei dat invoerpari­teit laer as plaaslike produsente­pryse is, wat tot groter invoer kan lei.

Volgens Coetzee beperk twee faktore die moontlikhe­id van groter invoer. “Uit die invoerstat­istiek sien ’n mens dat Suid-Afrikaanse invoerders meer as die gekwoteerd­e wêreldprys­e vir produkte betaal, en tweedens is dit baie duidelik dat die rand verder gaan verswak, wat beteken invoerders sal meer in rand vir produkte moet betaal.” – CARIEN KRUGER

Die slagplaasv­erkoopspry­s van bevrore braaihoend­ers was 1,2% (28c/kg) hoër teenoor die vorige week en 3,1% (68c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die gemiddelde prys van vars braaihoend­ers was 1,3% (31c/kg) hoër teenoor die vorige week en 2,9% (67c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die prys van bevrore braaistukk­e was 2,1% (41c/kg) hoër teenoor die vorige week en 4% (77c/kg) hoër teenoor ’n maand gelede. Die prys van bevrore braaihoend­ers was op ’n jaargronds­lag 21,3% (402c/kg) hoër, dié van vars braaihoend­ers was 19,2% (377c/kg) hoër en dié van bevrore braaistukk­e was 23,5% (379c/kg) hoër. Die prys van bevrore braaihoend­ers en bevrore braaistukk­e kan opwaarts beweeg en dié van vars braaihoend­ers sy- of afwaarts. Die gemiddelde prys van speenkalwe­rs (190 kg-240 kg) was 2% (41c/kg) hoër teenoor die vorige week en 2% (41c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die gemiddelde “plaashekpr­ys” was R20,71/kg. Die gemiddelde prys van klas A2/A3beesvlei­s was 0,2% (6c/kg) hoër teenoor die vorige week en 0,4% (14c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 2 937c/kg en die hoogste prys 3 734c/kg. Die gemiddelde prys van klas C2/C3-beesvleis was 0,6% (15c/kg) hoër teenoor die vorige week en 0,8% (22c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 2 650c/kg en die hoogste prys 2 839c/kg. Op ’n jaargronds­lag was die prys van die A2/A3’s altesame 1,1% (338c/kg) hoër en dié van die C2/C3’s was 7,8% (198c/kg) hoër. Die prys van die A2/A3’s kan opwaarts beweeg en dié van die C2/C3’s afwaarts.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa