LBW| RUBRIEK D Werk die 80-20-beginsel?
ie groep “mega-boere” wat die laaste tyd baie in die nuus was danksy hul gesprekke met die ANC- alliansie en ministers, laat Croucamp liries raak. Hy verwys onder meer daarna dat die mega-boere eintlik hul eie “probleme” buite die bestaande strukture oplos en dat die gewone boer se dae getel is. Hy sê dit is hoofsaaklik mega-boere wat vorentoe sal gaan.
In Suid-Afrika is nou heelwat woelinge aan die gang en gewone boere raak ergerlik. Afgesien daarvan dat die media die mega-boere ophemel, het die persepsie ontstaan dat die mega- boere ter wille van die landbou met die ANC onderhandel. Natuurlik is dit ’ n persepsie – of dit nou reg of verkeerd is.
Afgesien van die feitelike verdraaiings van die ekonomiese werklikheid, dink ek daar is ook ’n klomp moedswilligheid betrokke by die rubrieke en joernaliste.
’n Deel van die rubriek lui dat “net 20% van Suid-Afrika se kommersiële boere verantwoordelikehid aanvaar vir tot 80% van die land se voedselsekerheid”. Dit word dan verder gerek om te suggereer dat dit net dié 20% van die sowat 42 000 kommersiële boere is wat suksesvol vorentoe sal gaan. Ek dink dit sluit heelwat wanopvattinge in en daar is nie feite om dit te bevestig nie.
Die groot vraag is: Wie en wat is ’n “boer” of voedselprodusent? Die algemene idee is dat dit ’n individu, ’n gesin of ’n besigheid is wat meer produkte produseer as wat nodig is vir eie gebruik en sodoende ’n bydrae lewer om voedsel en landbouprodukte te voorsien. Dit skep ’n groot aantal moontlikhede – van mense met groentetuine tot deeltydse boere en heeltydse boere wat produkte bo ’n sekere jaarlikse verkoopsyfer verskaf.
Wêreldwyd word die gesinsboerdery as die kern van die landbou beskou. Verlede jaar was ook die Verenigde Nasies se jaar van familieboerderye, met familieboerderye wat wêreldwyd die grootste bydrae tot voedselproduksie en voeding lewer.
Ongeag die omvang van ’n mense se landbouproduksie, is jy en al die ander boere in Suid-Afrika blootgestel aan swak infrastruktuur, swak regeringsdienste, ’ n gebrek aan
Die kat het behoorlik in die hoenderhok rondgespring as gevolg van ’n rubriek, “Mega-boere is buite politiek” ( netwerk24.com, 6 Januarie), deur dr. Piet Croucamp, ’n dosent in politiek aan die Universiteit van Johannesburg. Daarin suggereer hy die meeste boere is eintlik bestaansboere en landbouverengings is ou oorlewingsmeganismes.
te, soos druiwe, mielies, koring, sojabone, hoendervleis en melk. Hier ding jy mee ten opsigte van prys en ’n standaardgehalte. Die goedkoopste produk van standaardgehalte verhandel eerste op die grootmaatmark. Graad 2-mielies is eenvoudig graad 2-mielies en die produk met die laagste prys is die een wat eerste verhandel.
Dit is ’n wêreldwye neiging. In Amerika, Brasilië en Argentinië is daar mega- boerderye wat op kommoditeitsgrondslag teen die laagste pryse meeding – ook in ons eie mark (met produkte, soos sojabone, koring en hoendervleis).
Rusland en die Oekraïne is die jongste voorbeeld van lande wat daarin spesialiseer om koring en sonneblomme so goedkoop moontlik met mega-boerderye te produseer en uit te voer, en die hele aanbodketting so doeltreffend en goedkoop moontlik te kry.
Dit is gewoonlik waar groot hoeveelhede van dieselfde tipe hulpbronne beskikbaar is, soos die Midde-Weste van Amerika vir graanproduksie, en Rusland en die Oekraïne se miljoene hektaar eenvormige, gelyk grond vir die produksie van koring en sonneblomme.
Dit geld ook wyn, met die grootmaatmark vir gewone wyn, wat in groot maat uitgevoer word en waar jy ten opsigte van prys en ’n sekere gehalte meeding.
NISMARK
Die tweede opsie is die nismarkproduk. Spesifieke produkte met bepaalde eienskappe word volgens die behoeftes van sekere teikenmarkte geproduseer en die laagste prys is nie die doelwit nie. Terloops, dié neiging groei wêreldwyd. Dit word gesien as ’n basiese vertrekpunt van hoe om mee te ding.
Jy kan die goedkoopste verskaffer van ’n produk met spesifieke eienskappe wees en jy het ’n grootmaatmark – met eenvormige eienskappe ( soos Chinese produkte) – in jou visier. Jy produseer dié produk teen die laagste moontlike prys.
Andersins soek jy na ’ n kleiner nismark waar jy wins maak deur in unieke behoeftes te voorsien. Dink aan landgoedwyn, veldvleis, sojabone met verskillende eienskappe vir spesifieke gebruike, durumkoring vir pasta, spesifieke soorte vrugte en groente en stoetboere.
Australië voer byvoorbeeld sowat 80% van sy landbouprodukte uit en is hoofsaaklik ingestel op nismarkte. Sy koring en beesvleis is duur, maar hy ding in spesifieke marksegmente met bepaalde produkeienskappe mee en nie juis ten opsigte van prys nie. Dit geld ook in Europa met heelwat van hul groente en vrugte.
In die plaaslike mark is daar ’n groot verskeidenheid verbruikers en met ’n ewe groot verskeidenheid behoeftes. Dit is gewoonlik waar kleiner eenhede meeding, want daar kan volgens spesifieke behoeftes en teen spesifieke pryse geproduseer word.
Daar is baie boerderye wêreldwyd wat ’n goeie bestaan maak daarmee en ’n goeie opbrengs op kapitaal verdien.
TEN SLOTTE
Wêreldwyd, ook in Suid-Afrika, is daar genoeg bewyse dat mega-boerderye se rendement op kapitaalbelegging nie noodwendig hoër is as kleiner boerderye s’n nie. Ja, die bedrae wins is baie groter, wat beteken jy kan 50 trekkers op ’n slag koop, of jou eie labaratoriums en verwerkingsaanlegte bou en selfs jou eie sekerheidswagte in diens neem. Dit is nie net beperk tot die landbou nie.
Dit sal ’ n groot dwaling wees om te wil argumenteer dat landboubeleid net op mega-boere gerig moet word. Die meeste mense wat ek ken wat by mega-boerderye betrokke is, sien dit beslis ook nie so nie. Almal in die landbou gee wél erkenning aan die multimiljardrand-boerderye wat oor geslagte heen opgebou is.
Die afgelope tyd is daar ál meer korporatiewe boerderye wat danksy kapitaal van buite ’n sekere omvang het. Die vraag bly: Wat is die lewensduur van sulke korporatiewe boerderye waar koue winssyfers die dryfveer is? Daar is in Suid-Afrika van dié boerdery- ondernemings wat die toets van die tyd deurstaan het.
Die dilemma is dat baie boerderye nie die spesifieke keuse maak oor waarop hulle wil fokus nie – op skaalekonomie of ’n nismark. Dinge in die middel raak egter ál moeiliker.
Natuurlik speel die Regering met sy beleid ’ n groot rol in die proses om die keuses te maak. Relatief lae rentekoerse en voordelige belastingtoegewings op kapitaalgoedere lei tot outomatisering en meganisasie. Hierteenoor staan ’ n arbeidsbeleid wat dit ál duurder maak om met ’ n ál swakker opgeleide arbeidsmag in markte mee te ding.
Die neiging in Suid-Afrika is onteenseglik dat laaggeskoolde arbeid ál duurder én swakker raak, terwyl meganisasie en skaalvoordele ál beter raak. Dit is ’n mega-neiging wat elke boerdery in Suid-Afrika in ag moet neem vir die volgende 10 jaar tot 20 jaar. Elkeen sal moet besluit hoe hy homself daarbinne gaan posisioneer vir die toekoms.
Dit sal ’n groot dwaling wees om te wil argumenteer dat landboubeleid net op mega-boere gerig moet word.