TERMINOLOGIE VERDUIDELIK
Heterose (basterkrag): Heterose word nie van een generasie na die volgende oorgeërf nie, maar is die toename in groei, vrugbaarheid en opbrengs (of ander eienskappe) in kruisrasse (basterkrag) buiten die verwagting op grond van die gemiddelde van die ouerrasse, omdat een geen die ander domineer wanneer uiteenlopende rasse met mekaar gepaar word. Generasies F1, F2, F3, ens.: Onderskeidelik die eerste, tweede en derde nageslag uit die kruising van twee of meer rasse.
Die nageslag van ’n kruisteelparing wat almal geslag word (manlik én vroulik). Die nageslag word vir spesifieke mark- en groeikenmerke geteel. Terminale ras: Teelbulle wat spesifiek geteel word om hoë vlakke van groei en vleisproduksie te hê en wat spesifiek in kruisteelprogramme gebruik kan word. Maternale ras: Teelkoeie wat gewoonlik ’n kleiner raam het, meer vrugbaar is en ’n hoër melkvermoë het. Teelwaardes: Die beste genetiese maatstaf om ’n dier se genetiese vermoë vir ekonomies belangrike eienskappe te voorspel, soos in LBW 25 Julie 2014 verduidelik.
bereik word. Hierdie program vereis groter bestuur, maar is ’n baie winsgewende stelsel.
’n Rotasiekruising is wanneer manlike diere uit twee of meer rasse oor ’ n aantal jare in ’n sikliese patroon met kruisgeteelde vroulike diere gepaar word en elke ras sy goeie en swak eienskappe in gelyke mate oordra. ’n Reeks afwisselende terugkruisings word in die tweerasrotasie gebruik.
In byvoorbeeld ’n Hereford-Tuli-rotasie sal die nageslag van ’n aanvanklike Hereford-Tuli-kruising teruggekruis word na een van die ouerrasse, soos die Hereford. Die nageslag uit dié terugkruising (driekwart Hereford en ’n kwart Tuli) word dan met Tuli-bulle gepaar. Die nageslag uit hierdie derde generasie word met Hereford- bulle gepaar en só word die siklus voortgesit.
Ná drie generasies stabiliseer die rassamestelling op ongeveer twee derdes van die vaar se ras en een derde van die oorblywende ras. Die hoofvoordele van rotasiekruisings is dat die plaasvervangerverse in die stelsel verskaf word.
Die voorkoms van heterose in rotasiekruisings is uiteindelik groter as komposiete wat dieselfde aantal rasse gebruik. Hierdie verhoogde heterose in rotasiestelsels is die gevolg van bykans maksimum heterose wat in elke kruising met die rasegte dier behaal word. In ’ n tweerasstelsel word ongeveer 65% van die heterose behou, wat sal lei tot ’n toename van sowat 15% in speengewig per koei blootgestel. ’n Paar bekende beesboere in Suid-Afrika kruis byvoorbeeld Herefords en Tuli’s of Brahmane en Simmentalers in rotasiekruisingstelsels.
’n Paar van die voorste boere kombineer deesdae ’n rotasiekruistelingstelsel met ’n terminale stelsel. Hulle gebruik die jonger koeie (vyf jaar en jonger) om vervangingsdiere te teel, terwyl die ouer koeie met ’n terminale vaar gepaar word. Al die afstammelinge van dié koeie word verkoop. Hierdie stelsel lei tot ’n toename van ongeveer 25% in die gewig van speenkalwers per koei blootgestel.
PRAKTIESE IMPLIKASIES
’n Kruisteelprogram sal baie waarde tot jou beesonderneming toevoeg, maar boere moet verstaan dat dit gewoonlik ’ n langtermyndoelwit ten opsigte van markvereistes vervul en terselfdertyd die heersende toestande ten opsigte van bestuur, voeding en die omgewing in ag neem.
Dié stelsel vereis ’ n groter mate van bestuur. Dit kan lank duur ( soms meer as ’ n dekade) om die uiteindelike doelwitte te bereik. Dit is dus belangrik dat die program behoorlik beplan word én dat boere by dié plan hou.
Let wel: Daar is baie kombinasies vir kruisteelstelsels en net ’n paar voorbeelde word hier gegee. Ervare deskundiges in veeteelt behoort boere te kan bystaan om ’ n kruisteelprogram te beplan. Die deskundiges moet kennis neem van die bepaalde omgewing waarin jou bees grootgemaak, die rastipes wat jy nou gebruik asook die bemarkingsdoelwitte.