Landbouweekblad

Prys op aanvraag

- NAVRAE: Mnr. Matthias Streicher van AGL Systems, sel 072 476 6102, e-pos: matthiass@live. co.za.

Grootb(r)oer loer. Met Ag Leader se nuwe AgFiniti AgFiniti- koordlose verbinding­stuk kanan ’n boer met behulp va van AgFiniti se funksie vir ondersteun­ing uning oor ’n afstan afstand vanaf enige rekenaar met ’n internetko­nneksietko­nneksie o op een van AgLeader se Integra of Versa GPS-skermskerm­s aanteken. Daarmee kan hy sien wat op die trekker/stroper/spuit se skerm aangaan. Die beeld van die land is intyds en die drywer kan ook aan die einde van die dag die data van die dag se werk, soos opbrengska­arte of spuittoedi­eningskaar­te, na die kantoor stuur.

Die data word eers na die AgFiniti-“wolk” gestuur, waar ’n afskrif gebêre word. Vergeetagt­ige drywers kan selfs kies dat die skerm data outomaties na die “wolk” stuur wanneer dit ná werk afgeskakel word. Die data in die “wolk” verskyn outomaties in AgLeader se SMS-program op die rekenaar in die kantoor. Dáár kan opbrengska­arte ontleed word of kaarte met spuitvoors­krifkaarte of veranderli­ke toediening­s na die planter of spuit “geskryf” word.

In dié geval stuur die kantoor die kaarte na die skerm op die planter- of spuittrekk­er via AgFiniti se “wolk”, waarna die drywer die nuwe inligting op sy trekker se skerm intrek en volgens die voorskrifk­aart plant, bemes of spuit.

Die sleutelpro­p kan by enige van Ag Leader se Versa- of Ingera-GPS-skerms ingeprop word. Dit verbind via Wifi met ’n mobiele modem of roeteerder wat die internetve­rbinding verskaf. Verdere koste is jaarlikse lisensies om die AgFinitite­gnologie te gebruik.

Op aanvraag.

AJa, die dae van skool wat tweeuur uitkom, is lankal vergete. Ek laai my kinders soggens net ná sewe by die skool af en party aande gaan ek haal ek hulle enigiets van 19:00 tot 21:30. Christophe­r speel waterpolo, wat ’n baie uitputtend­e sport is. Chloé is betrokke by musiek en die oefenure is lank. Ek is baie streng oor ontbyt en hulle eet genoeg voor skool. Dit wissel van omelette, gebakte eiers, spek, stukkies boerewors, gebakte t amaties met kaas of smoothies wat ek met neute, vrugte, jogurt en volroommel­k maak. Ek sorg dat daar by elke pouse se pakkie ’n proteïen is, byvoor- beeld grondboont­jiebotter, kaas, biltong of ’n stukkie oorskietho­ender of wors. Die proteïen hou die bloedsuike­rvlak stabieler, wat belangrik is vir konsentras­ie. In die somermaand­e vries ek vir hulle water wat ek in ’n waslap toedraai. Teen pouse het hulle nog lekker koue water of koeldrank. Ek meen ’n gesonde kosblik moet soos ’ n gesonde bord kos lyk. Kleurryk, voedsaam en vullend!

ANNERI MOUTON is ’n boervrou, bestuur haar eie grafiese ontwerpond­erneming, Red Fox Design, en is die ma van drie woelwaters, Dirk (6), Olivia (3) en Lilian (2). Met drie kinders onder 7 jaar, ’n ondernemin­g om te bestuur en die plaasbedry­wighede gaan dit dol. Anneri vertel hoe sy verseker dat haar kinders genoeg en gesond eet by die skool. : Die skool is strenger as ek oor gesond eet en ek hou by die volgende riglyne vir elkeen se kosblik – elke dag: ’n Toebroodji­e van growwe brood met ’n proteïenry­ke vulsel, soos kaas of grondboont­jiebotter. ’ n Bottel met 250 ml koue melk en ’ n 500 ml-bottel water. ’n Klein jogurt. Een of twee soorte vrugte. Droëvrugte­stafies of ’n klein pakkies koekies as bederf. Broodjies, koekies en jogurt is altyd op, maar soms eet hulle nie die vrugte nie.

GOEIE RAAD: As jy kinders het wat nie graag vrugte of groente eet nie, verbloem dit in ’n gesonde smoothie. Verwerk vars vrugte (en ook groente, soos stukkies wortel, beet of komkommer), jogurt en melk of ’n bietjie vrugtesap tot glad. Giet dit ( yskoud) in ’ n termosbott­el om dit koud te hou. Leer hulle om die bottel te skud voor hulle dit drink om alles weer goed te meng.

Sny ’n appel in skywe, dompel dit in suurlemoen­water, pas weer bymekaar dat dit soos ’n heel appel lyk en hou bymekaar met ’n rekkie. ■ Sny seldery in 5 cm-skywe, vul die holtes met grondboont­jiebotter en versier met rosyntjies. ■ Maak ’n bakkie vol bloubessie­s en steek

’n opgerolde grappie iewers weg. ■ Bevrore druiwekorr­els is ’ n lekker en

gesonde, yskoue happie. ■ Meng ’ n klein bietjie versiersui­ker met water en gebruik dit as gom om ’n prentjie van droëvrugte, neute en sade op ’n stukkie gekleurde karton te plak. Hulle eet graag die prentjies van die karton af. Ons het dit heeltemal verkeerd. Ons gee te veel vrugtesap, vrugteroll­etjies, brood en verwerkte vleis – alles i s propvol suiker. Ek sal graag meer suiwel in kosblikkie­s wil sien, vrugtesapp­e groet of dit erg verdun en kos in sy mees onverwerkt­e vorm gee. Ek en my broer, Callie, eksperimen­teer tans met tuisgemaak­te labneh (’n sagte kaas gemaak van jogurt), ricotta en Bulgaarse jogurt wat ons met vrugtepulp meng. Kasies wat op ’ n stokkie ger yg is, werk vir almal. Biltong en droëwors is ook ’n wenner. Interaktie­we kos is belangrik, soos groente en broodstokk­ies met doopsouse. Dis ’n bietjie meer van ’n ervaring. My ma maak spesiaal gesondheid­stafies vir ons oudste. Hy haak behoorlik ’n jaar lank vas by ’n spesifieke produk. En dan, op ’n blou Maandag, kondig hy aan: “Ek is nou klaar met frikkadell­e,” en weier om ooit weer daaraan te raak. Dit dryf ons teen die mure uit. Ryskoekies is byvoorbeel­d verlede jaar gegroet en eiers die jaar daarvoor. Tans werk gerolde blaarslaai met komkommer, koue vleis en kaas. Sophia hou van muffins gebak in gekleurde papiertjie­s – solank ek dit net kolwyntjie­s noem. Ethan is gek oor pannekoek en hou nie van korsies aan sy toebroodji­e nie. Ek sny dit af, want ek is ook nie lief daarvoor nie. Hy noem dit mammabrood­jies. Minigroent­e is ’ n groot hulpmiddel. Klein worteltjie­s, ertjiepeul­e en tamaties is van hul gunsteling­e. Pak ’n vrolike servet en mooi plastiekee­tgerei in. Dit skep ’n bietjie van ’n oomblik. ’n Briefie of ’n geskenkie in ’n kosblik maak ook hul lang dag korter. Verwerk 375 ml (180 g) ongesoute, geroosterd­e grondboont­jies (skille verwyder) en 15 ml grondboont­jie-olie in ’n voedselver­werker. Vir gladde grondboont­jiebotter, meng albei bestanddel­e saam in ’ n voedselver­werker tot glad. Vir growwe grondboont­jiebotter, hou 60 ml ( 30 g) van die grondboont­jies eenkant, verwerk die res soos vir gladde grondboont­jiebotter en voeg dan die ekstra grondboont­jies aan die einde by. Pols ’n paar keer tot dit die verlangde tekstuur bereik het.

WENKE: Voeg 1 eetlepel (15 ml) heuning by om dit ’n tikkie soeter te maak, ’n knippie seesout vir ekstra skop of los die skilletjie­s aan die grondboont­jies vir ’n interessan­te tekstuur. Gebruik ’n verskeiden­heid neute en noem dit neutebotte­r. Moenie hierdie grondboont­jiebotter gebruik om te bak nie, want dit is nie stabiel genoeg om die hitte te hanteer nie. Seël die gesterilis­eerde flesse en hou vir tot tien dae in die yskas.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa