Landbouweekblad

DRAKRAG SPEEL ’N GROOT ROL IN HUURPRYS

-

Baie boere besit nie ál die grond waarop hulle boer nie en daarom word baie grond jaarliks gehuur of verhuur. Wanneer na die huur van weiding gekyk word, is daar belangrike aspekte wat die huurwaarde kan bepaal.

Weiding se drakrag (GVE/ha) het ’n regstreeks­e invloed op die huurwaarde. Weiding met ’n swak drakrag se grondwaard­e sal gewoonlik goedkoper per hektaar wees en die huur sal dus ook minder wees.

Die verskillen­de soorte gras en die veldtipe beïnvloed ook die huurwaarde. ’n Plaas waar die weiding, byvoorbeel­d, meestal uit indringerp­lante bestaan, of dele met giftige plante het, se huurwaarde sal laer wees. Dit is belangrik dat die huurder kennis neem van die verskillen­de soorte plante op die plaas.

Vir veral veeboere is die beskikbaar­heid en gehalte van water twee van die belangriks­te faktore wat huurwaarde kan bepaal. Die toestand van die infrastruk­tuur, soos damme, krale en drade, maak ook ’n groot deel van die huurwaarde uit. Indien die huurder die infrastruk­tuur moet verbeter, kan die huurwaarde laer wees. Dit sal voordelig wees om ’n kontrak op te stel waarin albei partye se koste rakende die verbeterin­ge van infrastruk­tuur uiteengesi­t word.

Indien ’n plaas gehuur word om met eksotiese wild te boer, sal die huur hoër wees aangesien wild se inkomste per hektaar meer is. Verder sal die bestuurswy­se van die grond deur die vorige eienaar ook ’n rol speel. Indien die veld oorbewei is, sal minder huur betaal word.

Verskeie ander faktore wat die huurwaarde kan beïnvloed is afstand na die mark, kommoditei­tspryse en huur aan familieled­e. Maar vir die huurder is dit veral belangrik om die fisieke eienskappe van die huurgrond, wat die huurwaarde bepaal, te bestudeer. — FRANCOIS HUMAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa