Nuwe reeks: ‘Net boere kan renoster red’
Om die probleem van renosterstropery op te los, is twee groot denkskuiwe nodig. Westerlinge moet leer om Oosterlinge se tradisies te respekteer, of hulle nou daarmee saamstem of nie. En Oosterlinge moet die Westerlinge se natuurerfenis respekteer.
Die media beskryf renosterhoring soms verkeerdelik as ’n seksstimulant, maar renosterprodukte word vir tradisionele medisyne in die Ooste gebruik. Plain Questions from The Yellow Emperor’s Canon of Internal Medicine is die oudste klassieke mediese geskrif. Daarin word daar reeds 475 jaar tot 221 jaar voor Christus se geboorte beskryf hoe om infeksies en siektes te behandel. Renosterhoring word saam met ’n mengsel plante deur ’n tradisionele geneser gebruik. Dit is bekend as zhong yi (tradisionele Chinese medisyne).
Navorsing het bewys dat renosterhoring wel anti-inflammatoriese eienskappe het. Die zhong yi- resep is die intellektuele eiendom van die tradisionele geneser en is ’n konsep wat Westerlinge moeilik verstaan. Die tradisionele geneser het nie ’ n saak of hy die horing wettig of onwettig bekom het nie, hy wil net graag sy pasiënte suksesvol behandel.
Dié mark het al in die Zoeloe-koning Shaka se tyd bestaan (sien INFOGRAFIKA op bl. 53).
Ornamente van renosterhoring het later ook ’n simbool van rykdom geword. Dit is ’n statussimbool wat vervang kan word met byvoorbeeld buffelhoring, maar dit sal baie langer duur om die tradisionele geneser te oortuig dat hy alternatiewe produkte, soos volstruistoonnaels, kan gebruik.
Oosterse en Westerse aptekers moet saamwerk om alternatiewe produkte te identifiseer en daaroor navorsing doen om te bewys dit kan werk.
VERANDERENDE TYE
Suid- Afrika se renosterbevolking het tot in 2006 teen sowat 6% per jaar gegroei ( GRAFIEK 1 ), toe Viëtnamese jagters die eerste keer witrenosters in Suid-Afrika professioneel begin jag het. Dit was net ’n dekmantel om renosterhorings vir ander doeleindes as trofeë te bekom. GRAFIEK 2 toon die jagstatistiek en onwettige skiet van diere. Dié model toon Suid-Afrika is tans by ’n vurk in die pad om die witrenoster van uitwissing te red. As dié doodslag nie dringend stopgesit word nie, sal daar teen 2021 niks van hulle oor wees nie.
Maar waarom het die onwettige jagtery so skielik toegeneem? Suid-Afrikaanse burgers kon tot in 2008 onder mekaar met renos-
Suid-Afrika is by ’n vurk in die pad: Begin met witrenosters boer, nóú terwyl die getalle nog groei, of daar is niks van hulle oor teen 2021 nie. Ironies genoeg is dit juis bewaringspogings, soos Cites, wat die skepping van ’n wettige mark kniehalter.
Danksy uitstekende bewaringsmaatreëls deur die destydse Natalse Parkeraad neem die renostergetalle in die Umfolozi-Hluhluwe-natuurreservaat toe. Die witrenoster kan selfs verwyder word van die internasionale natuurbewaringsliggaam IUCN se lys van hoogs bedreigde spesies.
Oorsese dieretuine, natuurreservate, Suid-Afrikaanse parke en reservate word met die witrenoster bevolk danksy die hervestigingsprogram Operasie Rhino. Die eerste twee witrenosters word op 13 Oktober 1961 weer in die Krugerwildtuin hervestig. Die sukses van die hervestigingsprogram word in TABEL 2 getoon. Die eerste witrenosterkalf word op 11 Augustus 1964 in die Loskomdam- provinsiale natuurreservaat gebore. Dit is merkwaardig, want dit is die eerste kalf wat sedert 1896 in die destydse Transvaal gebore word.
terhoring handel dryf. Toe is ’n moratorium op die plaaslike handel ingestel. Dit was egter nie net tot Suid-Afrikaners beperk nie, want horings wat van lewende diere geoes is, het op die internasionale mark beland. GRAFIEK 3 wys hoe die moratorium die horinghandel vervang het met ondergrondse stroopbedrywighede. Sedert 2008 is meer as 3 394 renosters onwettig vir hul horings gejag. Renosterhoring is tans in dieselfde smokkelmandjie as mensehandel, sigarette, diamante en verbode middels.
Die eerste stap om die renoster te bewaar, is om handel weer te wettig. As jy ’ n vrye mark stopsit, skep jy ’n swartmark. Suid-Afrikaners moet ’n kopskuif maak en renosterhoring uit die smokkelmandjie haal en wettige handel toelaat. Maar selfs as horings wettig verkoop mag word, sal onwettige jag steeds plaasvind. In die verlede was dit altyd 0,1% van die land se renosterbevolking.
VYFPUNTPLAN
Geen enkele maatreël sal op sigself help om die renoster van uitwissing te red nie. ’n Holistiese benadering is nodig om dié diere te bewaar. Die volgende vyf punte moet gesamentlik en gekoördineerd uitgevoer word om dit reg te kry: ■ Voed die publiek op sodat mense renos- terbewaring verstaan. Boeke, televisieprogramme en artikels in tydskrifte sal help. Dit moet ook internasionaal plaasvind. Gemeenskappe, nie noodwendig in Suid- Afrika nie, moet verantwoordelikheid vir renosters kry. Hulle moet toegelaat word om die horings kommersieel te oes. Die konvensie oor internasionale handel in bedreigde spesies (Cites) moet ’n wettige mark skep sodat daar met renosterhoring handel gedryf kan word. Drastiese stappe is nodig om internasionale sindikate aan die kaak te stel. Daar is reeds internasionale wetgewing om op sulke sindikate se bates beslag te lê. Renosters en hul produkte moet op sentrale databasisse naspeurbaar wees.