Landbouweekblad

Kosmaak in Mosambiek (Boereblog)

- JURIE VAN DER WALT

kosmaak is ’ n groot deel van my lewe en dit is lekker om te sien as die ander mense my kos geniet. In Suid- Afrika is dit maklik om gou iets bymekaar te sit, of as dit nie in jou yskas is nie, gou winkel toe te ry en te kry wat nodig is.

Dit was ’ n aanpassing om in Mosambiek te kook. Ek is gewoond daaraan om vir vyf mense te kook. Hier is dit net ek.

Dit voel amper nie reg om ’ n handjievol rys in die pot te gooi en dit te kook nie. Twee skaaptjopp­ies op die vuur Saterdag saam met die rugby of TV is genoeg vir een mens.

Bestanddel­e is nie altyd beskikbaar nie. Ek mis Food Lover’s Market en Woolies en Checkers waar die vars vark, hoender, skaap, bees, wors, soms eend en konyn mooi in pakkies lê. Sakke aartappels en uie, groenboont­jies en honderde soorte kaas, botter, vars melk, spek, kouevleis, bokse en bokse wyn en vrugte van alle soorte. Dis nie in Bilene se winkels of in Macia se Shoprite te kry nie.

Hier moet ek maar gebruik wat op die mark te koop is: Bevrore of lewende hoenders, vis van die boot af langs die strandmeer, groente ( wortels, kool, tamaties, slaai en uie). En as jy vark, bees of skaap soek, moet jy hom heel en lewend koop.

Nou die dag het ek ’n Boerbok in ’n village gekoop, sy voete vasgebind, hom agter in die Condor gelaai en huis toe gery.

By die huis in Bilene het my guarda (tuinman en wag) Sagaria vir my gewag. Ons slag die bok met ’n mes en ystersaag. Sagaria is te bly oor die kop, pens en pote. Ek is bly oor al die ander vleis, ook die lewer en hart vir ’n pofadder. Nie mooi gesny en verpak nie, maar op die vuur of in die pot smaak hy net so lekker. Eet plaaslik. Ek probeer so ver moontlik die plaaslike produkte eet. Dis nou kassawewor­tels, gedroogde boontjies, aartappels, los koolblare en so ’ n bitter, groen vruggie waarvan ek nie die naam kan onthou nie. Kassawe is baie soos soetpatats. Skil hom af, kook hom in water en sout, sny hom dan in skywe en braai in olie saam met uie en tamaties. Dit is ook lekker in ’n bredie of soos slaptjips in olie gebraai. Knoffel saam met vleis. Knoffel is belangrik in alle vleisgereg­te. Fyn gekerf op ’ n oopgevlekt­e hoender met suurlemoen­sap, olyfolie en sout en peper. Braai dit op die kole en gooi kort-kort van die suurlemoen­sap en olyfolie oor. In die kombuis kook die droëbone, aartappels en uie reeds. Maak alles fyn en eet saam met die hoender en ’n tamatieen-blaarslaai. Gepekelde groente. Enige groente werk vir dié maklike plan. Sny die groente kleiner, gooi in gesoute kookwater en kook vir sowat vier minute. Die groente moet nog lekker kraak. Maak ’ n mengsel van witwynasyn, fyn, vars gemmer, mosterdpoe­ier, swart peperkorre­ls, vier lourierbla­re en fyngekapte knoffel. Pak die groente in ’ n glasbottel en gooi genoeg van die witwynasyn­mengsel oor om alles te bedek. Sit die deksel op en bêre vir twee weke in die yskas. Dié groente is lekker saam met vis of sommer net in ’n slaai. Vis is groot. Vis wil nie te veel speserye hê nie. Ek gebruik net sout en peper, botter en suurlemoen­sap as die vis op die vuur gebraai word. Hou dit klam met die suurlemoen­sap en botter.

Dis net so lekker as jy die vis in stukke sny en in olie braai. Gooi sout en peper by ’n bietjie meel. Sit die vis eers in die meel, dan in geklitste eier en dan weer in die meel. Braai in diep, warm olie. Koningskos. Ontbyt is ’n varsgebakt­e broodrolle­tjie met grondboont­jie-oliebollet­jies ( bageea). As ek plaas toe ry, hou ek by die bakkery in Macia stil en koop een rolletjie en vier bageeas. Dit kos net R2 vir die broodrolle­tjie en bageeas. Breek die broodjie oop en sit die bolletjies in die brood. Man, dis lekker en hou my tot middagete.

Net tamaties in blokkies gesny, blaarslaai met die hand gebreek, uie in ringe gesny. Dan olyfolie, witwynasyn en suurlemoen­sap, sout en peper. Die slaai is lekker saam met vis, vleis of vars brood.

As ek klaar ingeskep het, gaan sit ek onder die mangoboom voor die huis. Daar is altyd ’ n koel windjie en dan kom Nicki, die bure se hond, by my lê en wag vir ’n beentjie of iets.

Pleks van rye netjies verpakte vleispakki­es, soos in Woolworths en Checkers, moet jy in Mosambiek self die bok slag.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa