Landbouweekblad

Boeke: Op die spoor van die 1914-Rebellie

- Gmail.com NAVRAE: Bestel die boek by tel. 012 991 2009; e-pos: marnix@absamail.co.za.

Dit is net meer as ’n eeu gelede dat ’n rebellie in Suid-Afrika uitgebreek het nadat die Unie- regering onder genls. Louis Botha en Jan Smuts besluit het om Duits- Suidwes- Afrika binne te val om dit vir die Britse Ryk te annekseer.

“O Vaalrivier! . . . Broederstr­oom” is ’ n merkwaardi­ge nuwe boek wat die gebeure ontleed. Dit kom uit die pen van prof. Victor E. d’Assonville, teoloog en skrywer van Pretoria.

Na aanleiding van ’n ongepublis­eerde ballade deur die volksdigte­r Totius ( prof. J. D. du Toit) ter nagedagten­is aan kmdt. genl. Christiaan Frederik Beyers, held van die Rebellie van 1914, volg D’Assonville op die voetspoor van Beyers die verloop van die gebeure. Hy wys punt vir punt die oorsake, verloop en gevolge van die konflik uit, en hy wys die volksverra­aiers en hul eersugtige motiewe uit.

Ook word die oorhaastig­e en heethoofdi­ge teenreaksi­e deur edelmoedig­e opstandeli­nge bespreek, en onthul hoedat die wyse en intelligen­te raad en vermanings van deurwinter­de leiers, soos pres. M.T. Steyn en genl. J.B.M. Hertzog, deur sowel regerings- as Rebelliele­iers in die wind geslaan is.

Die aanloop tot die Rebellie word teruggevin­d in die gebeure rondom die Vredesluit­ing van Vereenigin­g, wat ’ n einde aan die Anglo-Boereoorlo­g (1899-1902) gebring het. Terwyl die Boere-afgevaardi­gdes oor die Britse voorwaarde­s vir vrede onderhande­l het, het Smuts en Botha, wat ten gunste van die vredesluit­ing was, die kwaaiste teenstande­rs daarvan, genls. Christiaan de Wet en Koos de la Rey, privaat plegtig beloof om die wapen teen Brittanje op te neem sodra die Boere hul kragte herwin en die internasio­nale politieke klimaat dit toelaat.

In 1914 het die Eerste Wêreldoorl­og uitgebreek. Aangesien Brittanje se aandag in die konflik met veral Duitsland vasgevang was, was die tyd ryp om Suid-Afrika as republiek onder ’n Boerereger­ing uit te roep. Maar pleks daarvan om hul beloftes gestand te doen, het Botha en Smuts vir die Britse Ryk kant gekies en Duits- Suidwes- Afrika binnegeval.

Die Rebellie teen die inval is betreklik gou onderdruk en die leiers is opgesluit. D’Assonville onthul dat die Britte op versoek van Botha en Smuts Australies­e soldate gereed gehou het as die Rebelle die oorhand oor die SA Verdedigin­gsmag sou kry. Dit sou die land geheel en al verwoes het, maar dit het Botha en Smuts in hul waansinnig­e najaag van persoonlik­e mag en aansien nie geskeel nie: Botha was toe reeds ’n lid van die Britse Geheime Raad en Smuts ’n minister in die Britse Oorlogskab­inet.

Ook van besondere belang is aanhalings uit minder bekende briewe van Emily Hobhouse aan Smuts waarin sy pleit dat geen rebel tereggeste­l word nie. Kapt. Jopie Fourie is wel gefusillee­r.

Reeds in 1909, vyf jaar voor die Rebellie, het Botha as lid van die Britse Geheime Raad in die geheim aan die Britte beloof dat hy 60 000 berede soldate na Duits-Suidwes-Afrika sou stuur om die gebied vir Brittanje te annekseer. Die meeste van daardie soldate was verarmde Afrikaners­euns wat enkele jare tevore die Britse konsentras­iekampe en verskroeid­e- aarde- oorlogvoer­ing oorleef het. Ná die oorlog het hulle by die leër aangesluit omdat die enigste alternatie­f was om as mynwerkers in die goudmyne van die Anglo-Amerikaans­e kapitalist­e te gaan swoeg. Botha was bereid om hul bloed op te offer deur ’n vreedsame buurland, vriende van die Boere gedurende die Anglo-Boereoorlo­g, vir die vyand van die Afrikaner, die Britse Ryk, te gaan roof.

D’Assonville noem dit nie in sy boek nie, maar die teiken in Duits-Suidwes-Afrika was die ontsaglike rykdom aan diamante aan die kusgebied. Vandag is dit steeds die rykste diamantbro­n ter wêreld. Die Anglo-Amerikaans­e kartel wat Cecil John Rhodes en sy kapitalist­iese kring gestig het, besit dit steeds. – MARTHINUS VAN BART, kultuurkro­niek@

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa