Landbouweekblad

Kragkrisis: Boere kán help, maar planne hang in die lug

- – JASPER RAATS

SUID -AFRIKA se ekonomie kreun tans onder die las van ’n sterk dollar en die vervaardig­ingen kommoditei­tsektor wat onderprest­eer weens die heersende energietek­ort.

Maar kragopwekk­ing uit biomassa blyk ’ n turksvy te wees wat Eskom, die Nasionale Energiereg­uleerder (Nersa) en die Regering blitsvinni­g van die een na die ander aangee, terwyl boere se planne in die lug hang.

Landbouwee­kblad het vroeër vandeesmaa­nd berig dat die suikerriet­bedryf gereed staan om aanlegte te bou wat gesamentli­k 850 MW elektrisit­eit binne twee jaar kan lewer. Al wat hulle nodig het, is die ja-woord van dié drie instelling­s.

Eskom wag nog op die Nasionale Energiereg­uleerder (Nersa) om opwekkings­permitte uit te reik aan private maatskappy­e wat meen hulle kan ’n verskil maak.

Mnr. Charles Hlabele, woordvoerd­er van Nersa, het aan Landbouwee­kblad gesê me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Energie, moet volgens die Wet op die Regulering van Elektrisit­eit (Wet 4 van 2006) eers bepaal wat die elektrisit­eitsbehoef­te is voordat daar dan in oorleg met Nersa bepaal word hoeveel opwekkings­permitte aan Eskom of private kragvoorsi­eners toegeken word.

Hlabele s ê hoewel et l i ke maatskappy­e, soos Mondi, TSB Suiker, Sappi en uMfolozi, reeds opwekkings­permitte vir aanlegte het, produseer dié aanlegte hoofsaakli­k elektrisit­eit vir hul eie verbruik en verkoop hulle slegs hul oorskot elektrisit­eit aan Eskom.

Hy sê die probleem kom wan- neer boere of landbou-ondernemin­gs krag wil opwek met die suiwer doel om dit te verkoop. Nersa se reëls bepaal dat daar slegs toestemmin­g vir só ’n aanleg gegee mag word as daar ’ n ooreenkoms met groot kopers, soos Eskom of ’ n munisipali­teit, is om krag op lang termyn te koop. Die meeste munisipali­teite se regulasies verbied hulle egter om sulke ooreenkoms­te aan te gaan en Eskom mag nie sonder die toestemmin­g van die minister sulke ooreenkoms­te aangaan nie.

Intussen is die enigste uitweg vir boere en landboubes­ighede wat as opwekkings­vennote wil optree, om te tender vir langtermyn-verskaffin­gsooreenko­mste wat nou as noodmaatre­ël deur die Regering ingestel is.

Hlabele sê boere moet met Eskom en die Departemen­t van Energiesak­e skakel om uit te vind oor die tenderpros­es.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa