Landbouweekblad

Ronald King: Belê nóú in opvoeding

-

uwejaarsvo­ornemens is seker iets wat net hou tot die eerste Landbouwee­kblad gelees word. Dan is ons weer volwaardig terug in die tuig en vergeet ons van al ons planne om hierdie jaar gesonder te leef, meer te oefen, minder televisie te kyk en meer te spaar.

Dit is bitter selde dat nuwejaarsv­oornemens Februarie haal. Maar terwyl ons nog die smaak van ’n heerlike Kersete in ons mond het en die klink van vonkelwyng­lase onthou, is ons vol hoop en visie vir die toekoms.

Aan die begin van 2015 is dit dalk tyd om ook te dink aan die grootste tydbom in Suid-Afrika: Die 37% van die bevolking wat nie hoop het vir die toekoms nie.

Die amptelike werklooshe­idsyfer in Suid-Afrika staan op 25,4%, wat beteken dat een uit vier Suid-Afrikaners nie werk het nie. As ons egter dié byvoeg wat ophou werk soek het, staan hierdie syfer op ’n astronomie­se 37%, bykans 2 uit elke 5 mense het nie werk nie. En sonder ’n werk het jy nie ’n toekoms nie, en sonder ’n toekoms het jy niks om te verloor nie. En wanneer mense niks het om te verloor nie, is revolusie nie ver weg nie.

Die grootste werklooshe­id lê by jong mense onder die ouderdom van 30, mense wat meen die afgelope 20 jaar se demokrasie het niks vir hulle beteken nie. In die 20 jaar van die land se demokrasie het die aantal kinders wat die werkplek sonder matriek betree, in werklikhei­d toegeneem.

’n Groot deel van die skuld daarvoor kan voor die deur van die Regering en veral die onderwysva­kbond Sadou gelê word. Eersgenoem­de maak nie voldoende voorsienin­g vir toponderwy­sers nie en Sadou meen die opleiding van die land se kinders is ’n politieke speelbal.

In Singapoer is onderwyser­s se salarisse ’n paar jaar gelede drasties verhoog, wat daartoe gelei het dat topmense nou onderwyser­s is. Dit het feitlik onmiddelli­k ’n impak gehad op die vlak van die student wat uit die stelsel gekom het. En die ekonomiese groeikoers van Singapoer is die resultaat daarvan.

Dit is nie noodwendig die antwoord vir Suid-Afrika nie en ek twyfel of die Suid-Afrikaanse Regering dit sal kan bekostig, maar iets sal dringend gedoen moet word. Ongelukkig is hierdie tydbom nie net die Regering se probleem nie, dit is elke Suid-Afrikaner s’n. Want as hy afgaan en anargie oorneem, is daar bitter min van wat ons vandag het wat staande sal bly.

My kinders is te bang om in ons erf te speel, want ná twee inbrake in ons huis terwyl ons geslaap het, een waar hulle die ruit van my seun se slaapkamer oopgebreek en bo-oor hom ingeklim en uitgeklim het, lewe hulle as gevangenes in ons huis. Die alarm is altyd aan en alle veiligheid­shekke bly gesluit.

Misdaad is egter nie die probleem nie, dit is die simptoom van ’n onderligge­nde kanker. Daarom is dit ’n goeie tyd om aan die begin van vanjaar vir onsself te vra wat ons elkeen kan doen om hierdie probleem te pak. Daar is twee dinge wat elkeen van ons kan probeer doen om te help, een wat nou verligting bring en een wat ’n verskil in die toekoms sal maak.

Werkskeppi­ng is die belangriks­te aspek waaraan aandag gegee moet word. In Amerika is dit een van die belangriks­te ekonomiese faktore. In Suid-Afrika het ons vakbonde elitisties geraak en probeer meer beding vir net ’n uitgesoekt­e klompie mense sonder dat hulle omgee as ander mense hul werk verloor.

Maar ons as Suid-Afrikaners was nog altyd vindingryk; met bloudraad en ’n tang kan ons baie probleme oplos. Kom ons bestee derhalwe ’n bietjie tyd hierdie Januarie en dink aan maniere wat ons werk kan skep net daar waar ons is. Dalk is dit ’n klein ondernemin­g daar in die skuur wat meubels maak, leerproduk­te vervaardig, of dalk is dit een wat Afrika-juweliersw­are vervaardig en later selfs uitvoer. Statistiek wys dat die vinnigste en doeltreffe­ndste manier van werkskeppi­ng in die klein en informele sektor is.

Die grootste impak is egter om die opvoeding van ons jeug te verbeter. Neem dus verantwoor­delikheid vir al die kinders van jou personeel en gee hulle die opvoedings­geleenthei­d wat hul ouers nie gehad het nie. Die waarde van die belegging in jou personeel se kinders sal eendag deur jou eie kinders gevoel word.

Kom ons maak nou planne vir Suid-Afrika se toekoms en probeer daarmee volhou verder as net Februarie.

Werkskeppi­ng is ’n belangrike manier waarop ’n land sy jong mense se toekoms kan verbeter. ’n Klein ondernemin­g kan tot groot dinge lei. Wanneer mense niks het om te verloor nie, is revolusie nie ver weg nie.

Suid-Afrika is die eerste land wat meel van vlieglarwe­s as ’n natuurlike voer vir diere erken het. Die voedingswa­arde van die larwemeel so goed soos dié van vismeel en effens beter as dié van sojameel. In die proses om die larwemeel te vervaardig, word afvalstoww­e benut én kompos word vir bemesting verkoop.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa