Landbouweekblad

Kruistelin­g is die natuur se geskenk aan boere

-

asellas kom dikwels teen ’ n prys. As dit nie reg bestuur word nie, kan dit in dié geval meer bestuur verg en minder eenvormige diere wees.

’n Boer wat ’n kruisteelp­rogram gebruik, moet deeglik beplan hoe om só ’n program op die lange duur toe te pas.

Die nadeel van ’n swak beplande kruisteelp­rogram is dat jy uiteindeli­k met ’ n groep minder eenvormige diere in jou kudde sit, nes ’n pakkie Liquorice Allsorts. Die voordeel is dat jy ’n 20-30% winsmarge bo jou normale verwagting kan hê terwyl jy in wese dieselfde hulpbronne gebruik.

Dit is dus geen verrassing nie dat veeboere in die meeste ontwikkeld­e lande kruisteelp­rogramme gebruik om hul wins te verhoog. Die kuns lê egter daarin om dit op die lange duur volhoubaar toe te pas.

Daar is ook ’n duidelike onderskeid tussen die gebruik van kruisteelp­rogramme om ’n komposiet- (sintetiese) ras te skep, soos die Bonsmara, Braford, Brangus, Beefmaster of Santa Gertrudis, en ’ n gestruktur­eerde program wat daarop gerig is om die rasegte moederkudd­e suiwer te hou, maar die voordeel van basterkrag (heterose) te benut.

In die ontwikkeli­ng van komposietr­asse gebruik boere die beste eienskappe van twee of meer uiteenlope­nde rasse wat mekaar aanvul. Hulle probeer om dié goeie eienskap-

Min dinge in die lewe is verniet; ook wat die voer en teel van vee betref, maar die natuur gee ons ’n merkwaardi­ge pasella in kruistelin­g – hoër produksie met beter groei, meer melk, groter vrugbaarhe­id en karkasgewi­g.

pe, soos vrugbaarhe­id, aanpasbaar­heid en groeipoten­siaal, te behou om ’ n “nuwe” veeras te skep.

Die alternatie­f, waarop dié artikel toegespits is, is om ’n gestruktur­eerde kruisteelp­rogram te skep waarin ’n volhoubare benadering oor ’n lang tydperk gebruik word om die goeie eienskappe van heterose te verhoog in ’n beplande paringspro­gram op lang termyn bloot om die finansiële lewensvatb­aarheid van die ondernemin­g te verhoog.

Teelprogra­mme en gemengde rasse sal in volgende artikels bespreek word.

DIE EERSTEGENE­RASIE-KOEI

Die GRAFIEK wys waarom ’n kruisteelp­rogram so voordelig beskou word en waarom die woord “basterkrag” vir heterose so gepas is. As een ras byvoorbeel­d ’n speengewig van 180 kg het en die tweede se speengewig is 220 kg, kan ons redelik verwag dat ’n kruising tussen die twee rasse die gemiddelde gewig van die twee sal produseer ‒ ’ n kalf van 200 kg.

Omdat die gene vanuit meestal uiteenlope­nde rasse onverwant aan mekaar is en weens die dominansie van die een geen oor die ander, kan ons egter in alle redelikhei­d ’n toename van 10-20% in produksie verwag ( TABEL ), bo en behalwe wat ons normaalweg sou verwag. Ons kan dus ’n 230 kg-speenkalf verwag, as ons op ’n toename van 15% reken.

Hoewel hierdie voordeel reeds beduidend is, hou dit nie hier op nie. Verse van die kruising (F1) is ook vrugbaarde­r, lewer meer melk en is meer aanpasbaar.

In ’n koei-kalfstelse­l sien die boer dus die voordele van ’ n kruisteelp­rogram van die eerstegene­rasie- (F1) koeie, eers in die tweede generasie. Kalwers (F2) kry meer melk van die koeie. Koeie is vrugbaarde­r en die speenperse­ntasie van hul kalwers is ook hoër.

Die probleem is dat hierdie verse/ koeie van ’n gemengde ras is en as paring voortduren­d plaasvind, sal hulle kort voor lank nie meer homogeen wees nie ( veral wat kleur betref ), tensy ’ n bepaalde strategie gevolg word om die diere eenvormige­r te maak.

HETEROSE NÁ EERSTE EN TWEEDE GENERASIE

In die eerste generasie vind ons die volle uitdrukkin­g van die groeigene in die nageslag, soos getoon in FIGUUR 2 . In die tweede generasie halveer die voorkoms van heterose, maar ons sien steeds die volle voorkoms van die heterose-effek op die maternale eienskappe, soos melk en vrugbaarhe­id. Mettertyd sal die basterkrag­effek op 50-65% stabilisee­r vir ’n tweerigtin­gkruising en op rondom 85% vir ’n driehoekkr­uising.

Ter verduideli­king, in die illustrasi­e neem ons agt genepare (een uit elke ras) as gegewe om die rasverteen­woordiging op geenvlak te toon. Ons kan dus maklik die vlak van heterose vir elke generasie uitwerk deur die gene van elke ras in elke generasie te tel.

Om hierdie punt te staaf, soos getoon in die illustrasi­e in FIGUUR 1 , het die eerste generasie 100% van die groeipoten­siaal, wat teen die tweede generasie tot 50% gehalveer het. Die tweede generasie het egter 100% voorkoms van die heterose vir maternale eienskappe (melk en vrugbaarhe­id).

SELEKSIE IN OUERRASSE

Die swak presteerde­rs ( tot 50%) van die koeikudde word dikwels, na gelang van die einddoel, in ’n gestruktur­eerde kruisteelp­rogram gebruik. Boere moet egter altyd aanhou om bulle met hoë genetiese verdienste te 

 gebruik. Die res van die vroulike kudde hou dus aan om vroulike plaasverva­nger-diere te teel en moet deurgaans geneties verbeter word. Terwyl die bestuursve­reistes meer word, sal ’n gestruktur­eerde kruisteelp­rogram op lang termyn die hele kudde se genetiese en finansiële potensiaal verhoog.

Let egter daarop dat die teelprogra­m soos hierbo beskryf, verskil van die ontwikkeli­ng van ’n komposietr­as, waarin die teler altyd die beste diere (bulle én koeie) uit die ouerlike rasse moet gebruik.

Hoe meer divers die ras is, hoe hoër is die vlak van heterose. Tensy jy ’n drieraskru­ising doen (waar twee soortgelyk­e maternale rasse gebruik kan word om die eerstegene­rasie-koeie te teel), sal boere gewoonlik rasse gebruik wat so divers moontlik is, byvoorbeel­d Britse rasse met Sanga of Britse rasse met Indicus-beeste ( TABEL op bl. 57).

Omdat heterose een van die grootste eienskappe vir aanpasbaar­heid is, is dit veral nuttig as boere vir die koeikudde rasse kies wat by die omgewing pas en vir die vaars, rasse wat die mees bemarkbare nageslag van die koeie sal lewer terwyl geboortepr­obleme verminder word.

KRUISTEELP­ROGRAMME

Die terminale vaarstelse­l is ’n tweerigtin­gkruising. Dit is ’n stelsel waarin ’n terminale vaar (gewoonlik van ’n Europese ras wat spesifiek vir vleiseiens­kappe geteel word, maar volgens teelwaarde­s vir kleiner geboortege­wigte selekteer) by ’n moederlyn (gewoonlik ’n koei met ’n kleiner raam) gebruik word en alle nageslag (manlike en vroulik) uit die eerste kruising - die F1-generasie - geslag word. Die swakker presteerde­rs in die moederlyn word gewoonlik in hierdie program gebruik.

Die voordele is die verbeterde gewigtoena­me in die speenkalwe­rs en natuurlik groter winste. Hierdie stelsel word maklik bestuur en is gewild in Suider- Afrika. Die heterose wat aan die maternale eienskappe toegeskryf word, soos vrugbaarhe­id, melk en oorlewings­vermoë, word egter nie benut nie en gevolglik is die kudde se winsgewend­heid net sowat 10% bo die normale verwagting­e.

Die terugkruis­ingsprogra­m werk dieselfde as bogenoemde program, maar in dié geval word net die F1-bulkalwers verkoop om geslag te word. Die eerste kruising se vroulike diere word teruggetee­l met die manlike diere van een van die ouerrasse. Die volle nageslag van die tweede generasie (F1-moeders) word verkoop om geslag te word.

Hierdie program benut die volle voordeel uit die basterkrag vir maternale eienskappe, soos die koei se vrugbaarhe­id en die melkvermoë van die moeder. Die program vereis ’n groter mate van bestuur van die F1- vroulike diere. Baie van die Suider- Afrikaanse komposietr­asse gebruik variasies van hierdie program in die ontwikkeli­ng van hul rasse, maar slag nie die vroulike nageslag nie.

’n Drieraskru­ising vereis die paring van drie afsonderli­ke rasse en word gebruik volgens soortgelyk­e beginsels as met terugkruis­ing. Alle manlike nageslag van die eerste kruising word verkoop.

Die eerste kruising (F1) se vroulike diere word met bulle van ’n derde, onverwante ras gepaar, pleks van met een van die ouerrasse soos in die terugkruis­ing. Alle nageslag van F1-moeders kan vir slag verkoop word, soos in FIGUUR 2 getoon.

Hierdie stelsel benut die voordeel van maternale én individuel­e heterose asook van die die aanvulling­svermoë (komplement­ariteit) van drie rasse. ’n Voorbeeld is wanneer die eerste twee rasse gekies word om maternale basterkrag en aanpasbaar­heid by die omgewing te bereik, terwyl die derde ras ( terminale vaarras) die mees aanvaarbar­e diere om geslag te word (sowel manlike as vroulike diere) lewer.

Die gebruik van die F1- vroulike dier lewer volgens die algemene beskouing die grootste styging in vrugbaarhe­id. In hierdie stelsel word sowat 86% van die maksimum heterose behou, wat sal lei tot ’n toename van sowat 20-25% in speengewig per blootgeste­lde koei.

’n Voorbeeld is wanneer ’n boer besluit om uit ’n ras met ’n kleiner raam (Nguni, Afrikaner of Tuli) 30-50% van sy koeikudde (die swakker deel) met ’ n dubbeldoel­ras ( soos die Simmentale­r) en daarna ’n Europese ras, soos die Charolais of Limousin, te kruis om ’n terminale kruising (waaruit alle nageslag geslag word) te skep. In hierdie geval kan ’n winsmarge van 20- 30% vir die hele kudde

F1- vroulike diere lewer volgens die algemene beskouing die grootste styging in vrugbaarhe­id en lei tot ’n toename van sowat 20-25% in speengewig per blootgeste­lde koei.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa