Aasvoëls: Beëindig dié slagting (Lesers sê)
DIE getalle van aasvoëls in Suider-Afrika het die afgelope paar jaar drasties verminder – onder meer weens kragdrade (botsings of doodskok), vergiftiging (toevallig of deur stropers) en verdrinking in plaasdamme.
Aasvoëls het ’n wesenlike rol in die ekosisteem – veral op plase help hulle om die omgewing skoon te hou, vry van siektes en ’n broeiplek vir vlieë te voorkom. Terselfdertyd help hulle boere deurdat dit nie vir boere nodig is om karkasse van vee wat weens siektes of ander oorsake gevrek het, te laat verwyder nie.
Dit i s soms moeilik vir ’ n grondeienaar om te weet wat om te doen om ’ n bedreigde wildsoort te bewaar. Hier is ’ n paar aanbevelings wat dalk net die verskil kan maak tussen die uitwissing en die oorlewing van aasvoëls in Afrika.
KRAGDRADE EN -PALE
Aasvoëls word meestal doodgeskok deur die kleiner kragpale (11 kV tot 22 kV) met T-strukture, wensbeen-strukture en “staggered vertical” pale. Eskom is veronderstel om die strukture te vervang as dit blyk dat dit wildlewe doodmaak, maar omdat sulke kragpale dikwels op afgeleë plekke is, word sulke gevalle gewoonlik nie aangemeld nie of is mense nie daarvan bewus dat die voëls doodgeskok word nie.
Grondeienaars word aangemoedig om hul oë oop te hou naby kragdrade, selfs al is daar nie noodwendig aasvoëls in hul nabye omgewing nie. Personeellede kan ook aangemoedig word om gevalle aan te meld – iets wat hulle gewoonlik dalk nie sou doen nie.
Die i nli gt i ng kan gestuur word aan die aasvoëlbewaringsorganisasie Vulpro wat die saak deur die regte kanale by Eskom aanmeld.
Botsings met kragdrade i s meer algemeen by groter struktu- re en medium- tot hoëvolt-drade. In hoë-risikogebiede kan Eskom flappe of spirale aan die drade aanbring sodat die voëls die drade makliker kan raaksien, maar sulke plekke moet eers geïdentifiseer word. Aasvoëls oorleef dikwels botsings, maar kan dan nie weer vlieg nie weens ’ n gebreekte vlerk of ander beenbreuke. Hulle is natuurlik dan blootgestel aan ander roofdiere. As sulke aasvoëls betyds opgespoor word, kan hulle soms gerehabiliteer en weer vrygelaat word. Wees dus altyd op die uitkyk vir grondgebonde aasvoëls, veral as daar onlangs aasvoëls in die omgewing opgemerk is.
Een van die eerste dinge om te doen as ’n vee- of wildkarkas naby ’n kraglyn ontdek word, is om die karkas te verwyder en na ’n oop stuk veld te neem met ’n boom naby vir die aasvoëls om op te land.
VERGIFTIGING
Aasvoëls word onder meer toevallig vergiftig deur veeartsenymedikasie in vee, soos nie-steroiede an t i - i n f l a mmat or i e s e middels (NSAIDs). Aasvoëls is besonder vatbaar vir NSAIDs en selfs ’n klein dosis kan ’n aasvoël binne ’ n dag of twee laat vrek. Ander skadelike middels is wildvangmiddels, soos M99, narkotiese middels ( IV- medikasie of gas) en kalmeermiddels wat gebruik word om diere te vervoer.
Daar is tans net een NSAID wat veilig is vir aasvoëls. Dit is Meloxicam, ook bekend as Metacam, Petcam, Mobic, Coxflam, Adco- Meloxicam, Arthrocox, Flexocam, Loxiflam, M- cam, Melflam, Sandoz-Meloxicam en Zydus Meloxicam.
Die ander soort toevallige vergiftiging is wanneer vergiftigde karkasse uitgesit word om probleemdiere, soos j akkalse, rondloperhonde en hiënas, te laat vrek. Die gebruik van gif om probleemdiere uit te roei, is onwettig in Suid-Afrika. Talle boere is onlangs vervolg weens sulke optrede.
Opsetlike vergiftiging kom voor as stropers diere moedswillig vergiftig omdat hulle nie wil hê hul bedrywighede moet owerhede se aandag trek omdat aasvoëls na die karkas gelok word nie. Die handel in moetie veroorsaak dat sulke dooie aasvoëls verkoop word vir ekstra inkomste.
VERDRINKING
Omdat aasvoëls elke dag water moet drink, soek hulle water ná voedings. Hulle verdrink dik- wels in plaasdamme, veral as damme nie tot bo vol is nie. Dit kan maklik gekeer word deur ’n struktuur in die dam te plaas wat as ’n leer gebruik kan word om uit te klim as hulle in die water sou beland. Die reservoir kan met ’n net toegespan word as ’n ander waterpunt bereikbaar is of verskaf kan word.
VULPRO
VulPro is sedert 2007 werksaam. Dit is ’n organisasie wat toegewy is aan die bewaring van aasvoëls in Afrika en oor die wêreld. Vulpro is in Hartbeespoort gesetel, maar gee landwyd aandag aan probleme ten opsigte van aasvoëls. Die organisasie gaan haal, rehabiliteer en laat jaarliks meer as 50 aasvoëls vry. Vulpro behartig ook die enigste teelprogram van aasvoëls in gevangenskap vir latere vrylating. Daar word navorsing gedoen op wilde aasvoëlbevolkings en die uitwerking van veeartsenymiddels op sulke voëls.