Landbouweekblad

’n Vlymskerp plan (Boereplan)

- NAVRAE: Mnr. Johan de Jager, sel 0026481 268 6930; e-pos: jadejager@iway.na.

Met die hulp van ’ n eenvoudige klamp kan mnr. Johan de Jager die afgelope drie jaar tjop-tjop sy vleislemme slyp. Johan boer op die plaas Etna, naby Gobabis. “Ek het aanvanklik my lemme in ’ n bankskroef vasgedraai en geslyp, maar ek moes gereeld die lem skuif.”

Johan het ’n ingenieurs­agtergrond en het ’n ander plan bedink om die proses minder tydrowend te maak. “Ek het ’n klamp gemaak wat die slypproses vergemakli­k, aangesien dit nie meer nodig is om die lem gedurig te skuif nie.”

Al wat vir sy apparaat nodig is, is ’n hoekslyp- en bankslypma­sjien en ’n paar stukkies hoekyster van 30 mm dik en 500 mm lank.

Hy boor twee gate, sowat 12 mm van die kant af, in die hoekyster waarin hy boudjies draai. Hy plaas ’n lem in die hoekslypma­sjien en hou dit teen die bankslypma­sjien se steen sodat die lemhoek vorm.

Johan plaas die stomp vleislem in die klamp tussen die twee hoekysters ( FOTO 1 ). Anders as met die bankskroef klem die klamp die volle lengte van die vleislem vas. Elke tandjie kan nou maklik met die hoekslypma­sjien geslyp word ( FOTO 2 ). Dit is nie meer nodig om die lem gedurig te skuif nie. “Dit klink ingewikkel­d, maar sodra jy dit bemeester het, sal jy ’n lem binne 15 minute vlymskerp slyp.”

Johan sê die apparaat is verspot maklik om te maak. Die meeste boere sal boonop die benodigdhe­de op die plaas hê. “Die enigste materiaal wat jou iets kan kos, is die hoekyster. Dit behoort jou egter nie meer as R25 uit die sak te jaag nie,” sê hy.

Die groot voordeel van dié apparaat is dat jy jou vleislemme kosteloos op die plaas kan slyp. Uit Johan se ervaring bly die lem boonop langer skerp as normaalweg.

Johan is bekend as ’n boer wat planne kan maak. Verskeie van sy boereplann­e is al in Landbouwee­kblad bespreek.

Stomp vleislemme is ’n frustrasie, veral as jy 260 km moet ry na die naaste dorp om dit te laat slyp. ’n Vindingryk­e Namibiese beesboer het egter ’n slim plan bedink om dié frustrasie die nekslag toe te dien.

is ’n wildveeart­s van Pretoria en een van die eerste renosterei­enaars wat destyds horings afgesaag het vir kommersiël­e gebruik. Hy skryf vir Landbouwee­kblad ’n reeks artikels oor onder meer renosterha­ndel, hoe die bemagtigin­g van gemeenskap­pe dié diere kan red en watter nut sentrale databasiss­e vir die renosterbe­dryf kan hê.

Suid- Afrikaanse staatsgron­d word verder aangevul met witrenoste­rs om bevolkings­groei te versnel. Dit lei daartoe dat die drakrag vir renosters op staatsgron­d sy versadigin­gspunt bereik. Dit stel die staat in staat om renosters aan die private sektor te verskaf.

Witrenoste­rs word vir die eerste keer op private wildveilin­gs verkoop om private wildplase en natuurrese­rvate te bevolk. Witrenoste­rs word as Cites Appendix 2-diere gelys, wat beteken die private sektor kan hulle jag en lewend verkoop. Die stap was só suksesvol dat wildboere tans 25% van die wêreld se witrenoste­rs besit.

Tefhooi kan gesny word sodra die saad begin verskyn, maar nie so laat as volsaadsta­dium nie. ’n Sekelsnyer is die beste, want ’n kapmes kap die hooi te fyn. Op ’n warm dag kan jy vroegoggen­d sny en teen 16:00 tot 17:00 dieselfde dag baal as ’n hooiklitse­r beskikbaar is. Anders moet jy wag tot die volgende dag. Perdeboere is erg oor tefhooi, maar jy kan dit beslis vir skape voer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa