Landbouweekblad

Vlieë vir veevoer: SA wys wêreld hoe!

-

Eersdaags open die wêreld se eerste kommersiël­e vlieëplaas in Philippi, Kaapstad, waar vlieë geteel word om veevoer te maak. Hierdie unieke veevoer kan die landbougem­eenskap met ander oë na die gewone venstervli­eg laat kyk omdat dié insek ingespan word as alternatie­we voer vir hoenders en diere met enkelmaagv­oedingstel­sels.

Dié plaas is ’n gebou van 8 500 m² waar vlieë geteel word.

Die entreprene­ur mnr. Jason Drew, een van die stigtersle­de van AgriProtei­n, sê die gebou kan 8,5 miljard vlieë huisves. Altesaam 100 ton organiese afval van Kaapstad sal daagliks na die plaas gebring word pleks daarvan dat dit in stortingst­erreine beland. Dié afval, onder meer kos waarvan die raklewe verstryk het, vrot vrugte, afvalkos van hotelle, die munisipali­teit en restaurant­e, word dan met 10 ton voer gemeng. Daaruit word 20 ton larwes geprodusee­r wat gedroog word en 7 ton larwemeel oplewer.

’n Teelkoloni­e lewer die eiers wat dan in ’n broeimasji­en uitgebroei word. Die larwes gaan na ’n groeistels­el waar hulle groei totdat hulle geoes kan word.

Die olie van die larwes word ook uitgepars om die raklewe van die produk te verleng. Dié olie, MagOil, bevat heelwat onversadig­de vetensieme en is ’ n goeie bron van omega-6. Dit word in troeteldie­rkos en intensiewe varkboerde­ry gebruik.

Die plaas sal met sy bedrywighe­id daagliks ook 25 ton organiese kompos lewer.

Daar is reeds 42 lande wat AgriProtei­n se tegnologie, wat in Suid-Afrika ontwikkel is, wil lisensieer nadat hy in 2013 die Stigting vir Vernuwing in Afrika (AIF) se prysgeld van bykans R1 miljoen gewen het vir die beste uitvindsel. Drie plaaslike ondernemin­gs, een in akwakultuu­r, ’n groot hoenderboe­rdery en ’ n perlemoenp­laas, sal al die produkte opneem wat dié “fabriek” vervaardig, sê Jason.

Planne word reeds beraam om ’n tweede vliegplaas in Kaapstad op te rig.

Die maatskappy het $11 miljoen ingesamel om die twee kommersiël­e plase te ontwikkel met die steun van die Bill en Melinda Gates- stigting, The Biocycle en die Africa Enterprise Challenge Fund.

Sy beleggers sluit in die Twynham-groep van Australië, die Oliver- groep van Duitsland, asook ’n Britse, ’n Suid-Afrikaanse en ’n Amerikaans­e belegger.

Mnr. Roy Rudolphe, eienaar van ’n filmproduk­sie-ondernemin­g en een van die stigtersle­de van AgriProtei­n, sê daar is reeds ’n groot vraag na die larwemeel – veral omdat dit ’n volhoubare, organiese produk is.

Toetse het getoon dat nege uit tien hoenders die larwemeel verkies. Die maatskappy

Ná sewe jaar se probeersla­e om dierekos uit vlieglarwe­s te ontwikkel, word SuidAfrika binnekort die kommersiël­e leier in die vervaardig­ing van dié volhoubare veevoer.

sal vanjaar sy herwinning­stegnologi­e wêreldwyd lisensieer.

WAAR HET ALLES BEGIN?

Jason, voormalige uitvoerend­e hoof van Dialogue-groep, het hom in 2004 in Suid-Afrika gevestig. Hy het verskeie plase in Saoedi-Arabië besoek en gehoor dat hulle ’ n miljoen hoenders per maand, meestal van Worcester in die Wes-Kaap, invoer. “Ek was verbaas en het self in die dorp na die hoenderbed­ryf gaan kyk. Ek het dit tot by die slagproses gevolg en gesien hoe vlieë om die dam bloed geswerm het.

“Dit het my laat onthou hoe ek as jong seun in die noorde van Engeland by my grootouers gaan kuier het. Ons het gereeld daar vis gevang.

“Vir aas het ons skaap- of beesmis in die veld gaan soek, dit oopgebreek en die larwe daarin gebruik.”

Dit het hom laat besef dat die kos wat visse reeds miljoene jare vreet, vlieë is. Dit is waarom hulle uit die water spring om dié insekte te vang.

Diere met enkelmaagv­oedingstel­sels het proteïen as deel van hul rantsoen nodig om te groei. ’n Mens sien gereeld op die plaas hoe werfhoende­rs in die grond krap op soek na wurms, miere en ander bronne van proteïen.

Ná jare se onsuksesvo­lle probeersla­e om vlieë in ’ n trekkersku­ur op Tulbagh in die Wes-Kaap te teel, is die hulp van die Universite­it Stellenbos­ch ingeroep om te bepaal hoe met dié insekte geboer kan word.

Die afgelope vier jaar word navorsing by die Landboukol­lege Elsenburg gedoen oor die vervaardig­ing van larwemeel en die impak van die produk op diere. Genoeg larwes is gelewer om verdere toetse te doen en om voer op klein skaal aan boere te lewer.

Die venstervli­eg, huisvlieg en brommers is ingespan om te bepaal watter vliegsoort die beste sal wees om die eiers te produseer. AgriProtei­n het besluit om die venstervli­eg, wat proteiën en ’ n verskeiden­heid koolhidrat­e van veselagtig­e bronne kan verteer, eerste te gebruik omdat daar geredelik afval beskikbaar is wat die vlieg kan verwerk.

Die produk Magmeal of larwemeel is geregistre­er as dierekos (reg.nr. V25060, Wet 36 van 1947) en Suid- Afrika is die eerste land wat hierdie meel van vlieglarwe­s as ’n natuurlike voer vir diere erken het. Die staat Ohio in Amerika en die Europese Unie het daarna gevolg.

Die Departemen­t van Landbou in Pretoria het met die goedkeurin­g van die produk gesê “dit sal onnatuurli­k wees om nie so ’n natuurlike produk in die land se voedselket­ting toe te laat nie”. AgriProtei­n is ook een van die ambassadeu­rs van die 110% Groen-veldtog van die Wes-Kaapse regering.

Volgens Jason, wat die boek The Story of the Fly and How It Could Save the World geskryf het, kan mense nie sonder vlieë leef nie. “Oral waar daar mense is, buiten Antarktika, is daar vlieë.” Hy glo dat dit binne 15 jaar vir mense net so normaal sal wees om organiese afval te herwin soos wat hulle nou glas, blik en papier herwin. 

Daar is reeds 42 lande wat AgriProtei­n se tegnologie wil lisensieer nadat hy in 2013 die Stigting vir Vernuwing in Afrika (AIF) se prysgeld van bykans R1 miljoen gewen het.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa