Landbouweekblad

Velle en varke (Jou storie)

-

ie dorp Ogies het sy eie stories. Iemand weet te vertel dat die plaas Oogiesfont­ein aan oom Barend Prinsloo behoort het. Hy was ’n harde Nasionalis. In teenstelli­ng met hom was oom Fly Botha ’n Bloedsap. Toe die Nasionalis­te in 1948 wen, het oom Fly onderneem om nooit weer sy baard of sy hare af te skeer totdat sy party weer aan die bewind kom nie.

Die twee het goedig in opposisie gebly en toe oom Barend sy een oog in ’ n ongeluk verloor, het oom Fly vertel: “Oogies word nou net met een O gespel omdat ou Barend sy een oog verloor het.”

Daar is ook ’n ander weergawe van hoe die dorp sy naam gekry het. Toe die treinspoor tussen Johannesbu­rg en Lourenço Marques gebou is, het die lyn oor Oogiesfont­ein geloop. Die naam was te lank en dit het Ogies geword.

Op ’n wintersaan­d kom die smous by ’n stroois naby Ogies aan met die storie dat sy brandstof opgeraak het. Hy is so bejammeren­swaardig dat die oueres ’n opgeskote seun met ’n kannetjie na die naaste petrolpomp toe stuur.

Die smous sit saam met die familie om die vuur en wag.

“Dis darem baie stil hier,” sê hy naderhand. Uit sy Chev-lorrie haal hy een van die grammofone waarmee hy smous. Hy sit ’n plaat op en vra een van die vroue of sy kan dans.

“Nee, ek kan nie saam met daardie musiek dans nie,” sê die vrou.

“Kom, ek leer jou,” bied hy aan. Hy vat haar hand en terwyl hy haar vorentoe en agtertoe stoot, sê hy, “vorentoe mosadi, agtertoe mosadi”.

Die plaat het twee keer deurgespee­l en hul- le het baie ge-vorentoe mosadi en ge-agtertoe mosadi. Eindelik is die drawwer terug met die kannetjie petrol en die smous is dadelik haastig om te ry.

Eers die volgende dag kom hulle agter onder die lawaai van die grammofoon met die stomp naald en die “vorentoe mosadi, agtertoe mosadi” is hul vark gesteel.

’n Ander keer kom die smous donkernag by ’n hut aan en vra die inwoners om hom te help, want sy varke het van die lorrie af geval. Hulle los alles om hand by te sit. Die volgende oggend kom hulle agter iemand het vroeër in die dag hul varkhok se hek oopgemaak en dis hul eie varke wat hulle op sy lorrie gelaai het. Toe die polisiepat­rollie verbykom, lê hulle ’n klag van diefstal.

Die dag toe die saak voorkom, ry die smous met sy motorfiets Ogies toe.

“Klim op,” nooi hy die klaer wat te voet op pad is. Omdat die klaer nog nooit buite sy eie grense beweeg het nie, kom hy nie agter die smous gaan laai hom in ’n ander koers, op Verena, af nie. Vinnig jaag die vark-en-vellesmous Ogies toe om betyds by die hof te kom, waar hy aangekla word vir die diefstal van die vark. Hy ontken skuld en die saak word uit die hof gegooi omdat die klaer nie opgedaag het nie.

Slim vang sy baas toe die smous een van die boere verneuk met ’ n velletrans­aksie. Die boer kom agter dat die smous sy skaal tot sy eie voordeel stel. Toe die boer weer nat velle vou, sit hy ’ n plat klip in elkeen. Die vel word eers geweeg nadat dit droog geword het en ’n mens kan dit nie oopmaak tensy jy dit nat maak nie.

Die vark-en-velleverne­uker is in eie munt terugbetaa­l en die oom wat die storie vertel het, is saliger.

In die middel van die vorige eeu was daar in die omgewing van Ogies ’n ou met ’n Chev-lorrie wat met velle en varke gesmous het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa