Maak ’n verskil met min
y hoef nie ’ n volskaalse kleuterskool te hê gelykstaande aan dié op ’n dorp om ’n verskil in kinders se lewe te maak nie.
Mev. Adel Malan van Middelpos, ’ n wingerd-en- sitrusplaas by Wellington, sê ’n klein begin met net die nodigste hulpbronne is net so ’n doeltreffende manier om jong breine te ontwikkel en te stimuleer.
Einde 2012 het sy ’n motorhuis in ’n klaskamer omskep en vandag onderrig ’n vrou heeltyds tien kinders op hul plaas.
Adel het op ’n geestelike kursus besef haar doel in die lewe is meer as slegs dié van vrou vir haar man, Eduard, en ma vir hul drie kinders, Mada (9), EC (7) en Lua (2).
“Ek het geweet ek moet blom waar ek geplant is.”
Sy het nie dadelik geweet “hoe ek moet blom nie”, maar sy het later besef dat die voorskoolse kinders op die plaas nie eintlik fyn motoriese stimulasie kry nie, en dan word van hulle verwag om in gr. R stil te kan sit op ’n stoel en ’n potlood vas te hou!
“Ons het toe ’n kinderklub gestig om hulle skoolgereed te kry.” Die kinders leer hoe om die korrekte potloodgreep te ontwikkel, hoe om met ’n skêr te knip, in te kleur, te tel en te konsentreer. Hulle leer ook van kleure en vorms en hoe om gemanierd te wees. “Jong kinders se breine is soos sponse – hulle leer speel-speel en sodoende word hulle stelselmatig skoolgereed gekry.”
Aanvanklik het die kinders vier uur per week onderrig ontvang. “Dit was niks spoggerigs nie. Die kinders het op kissies gesit met ’n deur, ook op kissies, wat as tafel gedien het. Iets is altyd beter as niks,” is haar filosofie. “Ons het begin met my eie kinders se speelgoed, kryte, afvalpapier en tuisgemaakte klei. Ek het ook vriendinne laat weet ons sal speelgoed in onbruik verwelkom.”
Weens Adel se verantwoordelikhede op die plaas het sy geweet sy sal dit nie alleen kan volhou nie. Me. Nora Pietersen, wat eens haar kinderoppasser was, is toe vir die taak aangestel. “Sy het ’ n gawe om met kinders te werk, en as sy onseker is oor iets, skroom sy nie om raad te vra nie.”
SELFVERTROUE NEEM TOE
Volgens Nora, wat ’n Educare-kursus wil volg, is die kinderklub ’ n lekker uitdaging. “Die kinders is aanvanklik bangerig, maar as jy eers hul vertroue gewen het, is dit wonderlik om hulle te leer en hul vordering waar te neem.”
“Ek onthou nog hoe ’ n kind wat tydens sy eerste blootstelling aan ’ n legkaart, uitgehardloop het om ’ n klip te g aan optel waarmee hy die stukkie wat nie inpas nie, wou i nkap. Daardie selfde kind het aan die einde van die j aar ’ n 30- stuk- l egkaart alleen gebou. Die kinders ontwikkel ook selfvertroue en die terugvoering wat ons van die nabygeleë staatskool ontvang, bevestig dit,” sê Adel.
ALMAL TREK VOORDEEL
Die klub het intussen uit die motorhuis geskuif na ’n toegeboude afdak wat in ’n netjiese, kleurryke klaskamer omskep is.
Die kinders woon daagliks drie uur lank die kinderklub by. Die klassie is toegerus met tafels, stoele, legkaarte en ander opvoedkundige speelgoed wat met tweejaarlikse verkopings van gebruikte klere gefinansier word.
“Ek sou dit egter nie kon doen sonder die bystand en ondersteuning van my man, Nora en skoonfamilie nie.”
Adel sê die kinderklub is ook nie net voordelig vir die kinders nie. “Die verhouding tussen die bestuur en die werknemers het versterk omdat hulle dit waardeer dat in hul kinders belê word. Vir watter ouer is dit nie lekker as sy kind vir hom of haar kan wys wat hy/sy vandag geleer het nie?”
Min hulpbronne kán ’n groot verskil maak. Só het ’n Wellingtonse boervrou agtergekom toe sy ’n kinderklub gestig het om plaaskinders skoolgereed te kry.