Landbouweekblad

KRY JOU BY WOOLWORTHS

- Ja, landbou op Stellenbos­ch. Jou gunsteling-landboutyd­skrif is nou op die rakke van sekere Woolworths-takke. Indien jy nie Landbouwee­kblad by jou naaste Woolworths raakloop nie, bring dit onder die bestuurder se aandag en vra dat die winkel die tydskrif i

MNR. RICHARD CLARK is die besturende direkteur van die maatskappy Wild Coast Abalone by Haga-Haga in die Oos-Kaap. Dié perlemoenp­laas het besluit om weens stygende elektrisit­eitskoste in die see te begin boer. Hulle hoop om vanjaar reeds kwotapermi­tte te kry om te begin oes. Lees die artikel op bl. 60. Ek sê nog altyd: Die beste belegging wat ek ooit gemaak het, is die verloofrin­g wat ek vir my vrou, Mariana, gekoop het. Ons is vanjaar 21 jaar getroud en geseën met drie dogters, Mari, Christi en Adri. Elkeen is talentvol, uniek en spesiaal. Ek het twee keer in my lewe geswot. Die eerste keer stadsen-streekbepl­anning aan die Potchefstr­oomse Universite­it vir Christelik­e Hoër Onderwys. Die tweede keer was toe ek alles wat ek oor perlemoen in die hande kon kry, bestudeer het. Ek en my kollegas spandeer elke dag twee uur op die pad na en van werk. Ons gebruik die tyd om boeke wat vir ons almal van belang is, te lees, soos E.M. Goldratt se The Goal. MNR. FLIP MARAIS van die plaas Sandputs, Williston, boer met Angorabokk­e en Wit Dorperskap­e. Hy het ’n voermengst­elsel vir sy Angora-ooie in lamhokkies ontwikkel én ’n afloopgeut ontwerp waarmee dragtige ooie in hekkielose lamhokkies geplaas word sonder om die ongebore lam te beseer. Lees op bl. 72 meer oor sy boereplann­e. Ek en my vrou, Ronel, het drie kinders – ’n seun, Francois, en twee getroude dogters, Monica en Philani. Ons het reeds vyf kleinkinde­rs.

Op Hartenbos. Om op die aandelebeu­rs rond te speel.

natuurlik. Rugby. Ek ondersteun die Stormers en die WP.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa