Landbouweekblad

GEEN VREDE BINNE ’N HONGER MAAG

-

’N BELANGRIKE beraad, waarvan elke Suid-Afrikaanse landbou-ondernemin­g en boer moet kennis neem, is verlede week in die Duitse hoofstad Berlyn gehou.

Dit was die vierde beraad oor die landbou in Afrika wat deur die AGCO-korporasie van Amerika, saam met verskeie ander multinasio­nale maatskappy­e, soos Bayer, aangebied is. Vanjaar het dit gegaan oor vennootska­ppe om groei en volhoubare transforma­sie in Afrika te bewerkstel­lig.

Daar is verskeie redes waarom die beraad vir die Suid-Afrikaanse landbou belangrik is. Eerstens wys dit duidelik dat die wêreld se hoop op Afrika gevestig word om almal in die toekoms van kos te kan voorsien. “Daar is geen vrede binne ’n honger maag nie,” was die waarskuwin­g van oudpreside­nt Joaquim Chissano van Mosambiek. In die volgende 40 jaar moet meer kos geprodusee­r word as in die hele vorige tydperk in menseheuge­nis. Sonder Afrika gaan dit nie gebeur nie.

Tweedens het die beraad getoon dat die wêreld se siening oor Afrika heeltemal verander het. Waar die klem voorheen op die uitdeel van aalmoese en ontwikkeli­ngshulp gelê het, het dit nou verskuif na die landbou as ’n sakegeleen­theid tot voordeel van almal. Vir talle lande in Afrika wat nie meer ingevoerde kos kan bekostig nie, maar met onbenutte hulpbronne vir voedselpro­duksie sit, is voedselsek­erheid ’n voorrangsa­ak. Regerings alleen kan nie voedselsek­erheid verseker nie. Sterk vennootska­ppe oor die hele waardekett­ing tussen regerings, die private sektor en ontwikkeli­ngsagentsk­appe is nodig.

Derdens was die beraad ’n platform waar gewys is wat reeds met dié benadering in Afrika vermag word. Daar is reeds talle voorbeelde waar multinasio­nale maatskappy­e hul kennis en ervaring saamgegooi het om groot projekte binne Afrika te begin.

Die les vir Suid-Afrikaanse landbou-ondernemin­gs en boere is om geleenthed­e raak te sien. Gryp dit aan en raak deel van dié vennootska­ppe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa