Landbouweekblad

INSTANDHOU­DING AGTERWEË GELAAT

-

Instandhou­ding van die netwerk se kragsentra­les het ook erg agterweë gebly, wat verdere druk op die stelsel uitoefen. Na ra- ming sal dit sowat tien jaar duur om alle instandhou­dingswerk weer in te haal. Prof. Christo Viljoen, ’n afgetrede profession­ele ingenieur en ’ n voormalige lid van die Elektrisit­eitsraad ( nou die Eskom-raad) en die Elektrisit­eitsbeheer­raad ( tans Nersa), het in ’ n skrywe aan Media24 gesê Suid-Afrikaners moet hulself daarop voorberei dat die risiko vir ’n landwye kragonderb­reking, wat weke kan duur, drie tot vyf jaar lank ’n werklikhei­d is.

Mnr. Tshediso Matona, uitvoerend­e groephoof van Eskom, het ook op 12 Januarie gewaarsku daar bestaan ’ n groot moontlikhe­id dat Suid-Afrika tot twee weke lank sonder elektrisit­eit sal moet klaarkom in die geval van ’n landwye kragonderb­reking.

Viljoen sê Eskom se beskikbare opwekvermo­ë is 42 gigawatt (GW). Met ’n reserwe van 15% vir voorkomend­e roetine- i nstandhoud­ing behoort Eskom deurlopend ’n maksimum van 35,7 GW te kan opwek.

Op 5 Desember verlede jaar was daar egter net 24 GW beskikbaar ná die ineenstort­ing van die steenkools­ilo by die Majuba-kragsentra­le, terwyl die vraag 28 GW was. Derhalwe moes 4 GW se las afgesny word en is beurtkrag toegepas. Gemiddeld is daar tans net 32 GW van die nominale 42 GW beskikbaar.

Om die korttermyn- tekort aan te vul, word gasturbine­s aangeskake­l en elektrisit­eit by pompopgaar­skemas opgewek. Gasturbine­s is egter onekonomie­s duur (teen sowat R5 per kilowatt-uur, oftewel vier maal meer as die Eskom-verkooppry­s) en water-pompopgaar­skemas het ’n beperkte tyd waarin dit elektrisit­eit kan lewer voordat die opgegaarde watervoorr­aad opraak.

WURGGREEP VAN ROMPSLOMP

Intussen kan Suid-Afrika se boere Eskom van hulp wees, maar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa