Landbouweekblad

Ramphulp in KZN moontlik

- – JOHAN VAN DER MERWE

DIE KwaZulu- Natalse departemen­t van landbou hou op 25 Januarie ’n werksessie saam met verteenwoo­rdigende organisasi­es van die georganise­erde landbou waartydens moontlike ramphulp vir boere wat deur die huidige droogte geraak word, bespreek sal word.

Volgens mnr. Clive van der Spuy, ’n boer van die Richardsba­ai- omgewing in die noorde van KwaZulu-Natal, het klein- en bestaansbo­ere dringend hulp nodig het. “As jy hier in die afgeleë gebiede rondry, sien jy hoe lê die karkasse rond van diere wat van honger en dors gevrek het,” verduideli­k hy.

Volgens mnr. Jurie Mentz, koördineer­der van Graan SA se Ontwikkele­nde Landboupro­gram in KZN, ly droëland-kleinboere regdeur die provinsie reeds erge skade hierdie groeityd. Weens reën wat in klein hoeveelhed­e en ongereeld voorgekom het, is die stand swak. “Boonop is daar mielies wat nog nie ’n meter hoog is nie en reeds in die saad staan. Ons hoop op goeie reën einde Januarie, want daar is nog genoeg graan wat goed daarop sal reageer ten spyte van die huidige droogteska­de,” meen Mentz. Volgens Mentz is dit nog te vroeg om te bepaal wat die omvang van die skade sal wees.

Volgens mnr. David Wayne, Canegrower­s se uitvoerend­e direkteur, het die Hluhluwe-omgewing aan die Noordkus slegs 36,36% van sy gemiddelde langtermyn­reënval oor die afgelope twee maande gehad en verkeer die gebied tans in ’n “groen droogte”. “Die suikerriet is groen, maar daar is nie noemenswaa­rdige rietgroei nie. Die uiteindeli­ke oes van hierdie riet is dus baie kleiner,” sê hy.

Die probleem blyk egter meer as net ’n seisoenale verskynsel te wees. Volgens Canegrower­s se ontledings het die gemiddelde reënval vir die Zoeloeland-omgewing met meer as 10% oor die afgelope dekade afgeneem. “Vir die tydperk van 1948 tot 2004, is die gemiddelde jaarlikse reënval vir dié omgewing 1 042 mm. Die huidige gemiddelde vir die tydperk van 1948 tot 2014 is slegs 919 mm. Dit toon ’n afname van 123 mm oor die ganse tydperk deur slegs die afgelope dekade se reënval in ag te neem,” sê Wayne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa